Tuinier, huishulp vas na liggaam in vlak graf gevind is

Die verdagtes is eers byna twee weke na die slagoffer se dood in hegtenis geneem. (Foto: SAPS/Facebook)

Vier mense, onder wie ʼn tuinier en ʼn huishulp, is Woensdag in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn bejaarde man in ʼn vlak graf in Cresta in Randburg aangetref is.

Die 78-jarige man was reeds byna twee weke vermis voordat sy liggaam gevind is.

Lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê ʼn huurder van die bejaarde het sy verhuurder op 16 April as vermis aangemeld nadat hy hom vir ʼn paar dae nie gesien het nie. Die bejaarde se motor, ʼn wit Volkswagen Polo, was ook nie in die erf nie.

“Nadat ondersoek ingestel is, het dit aan die lig gekom dat die motor wel in die Johannesburg-omgewing opgemerk is en dat die bejaarde se bankkaarte gebruik word,” sê hy.

“ʼn Uitgebreide ondersoek het tot die inhegtenisneming van ʼn man en ʼn vrou, albei in diens van die slagoffer, en twee ander manlike verdagtes gelei.”

Nadat die verdagtes in hegtenis geneem is, het hulle ʼn vlak graf aan die polisie uitgewys waarin hulle glo die slagoffer begrawe het.

Dié graf was in die slagoffer se eie erf. Hy is na bewering ook hier vermoor.

Die verdagtes, wat almal Malawiese burgers is, staan nou tereg op aanklagte van ontvoering, moord en regsverydeling.

Hulle sal na verwagting Donderdag in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Sarel ·

Dit is maklik in SA om Moord te pledg as in enige ander land. Selfs Huurmoord

Madz ·

Hang af van watter kant van die spoorlyn jy is – sekere is virseker makliker as ander glo ek…

Johan ·

Kan net nie vertrou word nie. Dit is een rede waarom ek my huishulp afbetaal het. Nog ‘n werklose by statestieke

twaalfboor ·

En so gaan die SA belasting betalers vir die regskostes betaal en hulle kos en slaap plek verskaf in die tronk. ALS met die komplimente van wetsgehoorsame, belasting betalende landsburgers. Viva!!!!

casper ·

Piet Retief se dood het ons bewys dat jy die spul nie kan vertrou nie maar leer is min !@!!

Nie Verbaas ·

Mooi so ANC. Maak nog meer grense oop sodat nog meer gemors die land kan binnekom.

Lillian ·

En dan wil Statistieke SA beweer dat misdaad nie deur buitelanders gepleeg word nie … rubbish

pompies ·

jy kry leuns en dan groter leuns en heelbo is statistiek.

Wondermaarnet ·

Weer eens die hand wat voed wat aan die kortste ent trek.

Misky ·

Intussen stroom die buitelanders ons grense in. En Malema raai hulle aan om “alternatiewe” maniere te kry om te kan inkom.

Johanna ·

Dit is presies waarom ons nie n huishulp of tuinhulp wil hê nie. As die Duitsers en Europe’s self hulle huise kan skoonmaak, dan kan ons ook.

VaalDonkie ·

Dame, die euro’s bly in sulke klein hokkies so groot soos ‘n eenman-woonstel. Dis baie anders as hier waar mens kan asemhaal in jou eie huis.

Swerwer ·

Vuilgoed!!!!!!!!!!!!!! Dan word hul identiteit nog beskerm ook ! Wys hul gesigte dat die mensdom gewaarsku is teen sulke ongenaakbare wesens!

melaney ·

‘n 78 jarige kan homself nie teen vier jonges verdedig nie. En hulle weet dit. Vir hulle was dit net nog ‘n blanke wie se besittings hulle wou gehad het.

Maritza ·

Niemand vrees meer om n lewe te neem nie want dan kry jy gratis “bording & lodging”

JM ·

Kan dit elders erger gaan as in Suid-Afrika? Dit raak by die dag erger en die regering sit op sy hande … té besig by die koekieblik!

Niklaas ·

Malawiese burgers en vele ander buitelanders het al verneem watter lekker hotelle die SA tronke is. Spook dan vreeslik om in hierdie land aan te land en gearresteer word om daardie heerlike verblyf in ons tronke te kom geniet. Dis die gevoel wat ek kry.

Marshall ·

Secession the only workable solution. How many more unspeakable crimes against our people must occur before the Afrikaner realises that one cannot win a conflict with a defensive strategy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.