Twee beseer toe hulle ná skietery bots

Foto: Rescue Care

ʼn Man in sy 40’s is Saterdag ernstig beseer in Pinetown, KwaZulul-Natal, toe hy deur onbekende aanvallers geskiet is en hy daarna beheer verloor het oor sy motor en gebots het.

Hy en sy passasier het op die M13 in die rigting van Pietermaritzburg gery toe hulle omstreeks 21:30 voor Richmondweg aangeval is, het paramedici gesê. Sy passasier is ook beseer.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê paramedici het die motor in Armcoweg gevind. “Hy het ʼn skietwond in sy been opgedoen en was in ʼn ernstige toestand. Hy en sy beseerde passasier is op die toneel gestabiliseer voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Polisiebeamptes ondersoek die gebeure wat tot die skietery gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nita ·

Dis verskriklik dat daar so op Suid-Afrikaners jag gemaak word. Dag of nag waar jy jou ookal bevind kan jy soos n bok op n jagplaas platgetrek word. Nee wragtig daar is groot fout in ons regstelsel.

Elna ·

Die regering vind die misdaad syfer in orde op die ou end van die dag. Sterkte aan almal wat deur misdaad geraak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.