Twee mans is Dinsdag in Kaapstad aangekeer nadat die polisie die sein van ʼn opsporingstoestel van ʼn gekaapte motor gevolg het.
Lt.kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het gesê die verdagtes, onderskeidelik 35 en 50 jaar oud, is in Ottery vasgetrek met die gekaapte VW Citi Golf, onwettige vuurwapens en vermeende gesteelde goedere in hul besit.
“Die polisie het tydens die klopjag beslag gelê op drie onwettige 9 mm-pistole, die loop van ʼn haelgeweer, ammunisie, ʼn motorfiets, ʼn motorenjin, drie koeëlvaste baadjies en die vermeende gesteelde goedere,” het Traut gesê.
Die verdagtes moet binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Mooi SAPD!
Dankie SAPD.
Bulletproof vests?! Scary!!
SAP.
Baie dankie vir al julle harde werk en opofferinge om ons land ‘n veiliger tuiste te maak!
Dit lyk vir my alles werk net beter in die Weskaap provinsie.
Jy stem dus saam met Zille vir regstellende aksie en grondhervorming.
‘n Motorfiets én ‘n motorenjin in die Golf? Sjoe!
Mooi so!
Wet en orde seevier in die Wes kaap