Twee kinders is Maandag dood nadat hul gesin se huis in ʼn informele nedersetting in Kaapstad aan die brand geraak het.
Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand-en-reddingsdienste in Kaapstad, het gesê die brand het in die Bardale- informele nedersetting naby Blue Downs uitgebreek.
Die brandweer is net ná 13:00 na die toneel ontbied. Spanne van die Mfuleni- en Belhar-brandweerstasies is onmiddellik na die toneel gestuur en met hul aankoms was die struktuur reeds in ligte laaie.
“Terwyl hulle die brand probeer blus het, is hulle meegedeel dat daar twee mense in die huis is.”
Die liggame van twee seuns, onderskeidelik vier jaar en 23 maande oud, is in die puin gevind ná die brand teen 13:40 geblus is.
Die polisie ondersoek die voorval.
Hartseer!
Geen woorde vir die hartseer nie, maar tog duik daar vrae op.