Die twee mans wat destyds van die moord op die Gautengse sakeman Eric Lyell (68) aangekla is, is Maandag in die Palm Ridge-hof in Johannesburg skuldig bevind.
Die hof het Bongani Tau en Andile Mpangeva op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie, en regsverydeling skuldig bevind.
Maroela Media het vroeër berig dat Lyell, ʼn afgetrede prokureur van Vereeniging, se liggaam in Januarie 2019 in die Vaalrivier langs die R59 gevind is. Hy was aangerand en het ʼn steekwond aan sy buik gehad.
Lyell se selfoon is later nagespeur in Sharpeville en die stokou Volkswagen Jetta, waaroor hy baie erg was al het hy weeldemotors besit, by Builders in Vereeniging op pad Vanderbijlpark toe.
Volgens Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, is die saak tot 17 Junie vir voorvonnisverslae uitgestel.
Dr. Clarissa Gerber, Eric Lyell (68) se dogter, het destyds aan Maroela Media gesê dat Tau se ouma jare lank by die gesin gewoon het en dat die Lyells hom help grootmaak het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Vra maar vir Dr Albert Schweizer.
Weereens, die een wat te goed was is vermoor. Wanneer gaan daar geleer word dat die makste hond die seerste byt. Mag die landsburgers wat kindertjies aanneem/groot maak, mooi besin voor hul tot die stap oorgaan.
Gemors
Afrika en Asiê het deur en deur bewys dat hullle mense bloedorstig is.
Werk 99 jaar vir jou en vermoor jou die 100ste jaar.