Twee sterf in grubotsing in Krugersdorp

Die ongeluk het Vrydagoggend by die Pinehaven-kruising op die N14 tussen Silverstar Casino en die Cradlestone-winkelsentrum plaasgevind. (Foto: Verskaf)

Twee mense is Vrydagoggend dood en nog drie beseer in ’n grubotsing tussen twee ligte voertuie en twee vragmotors in Krugersdorp. Die ongeluk het kort ná 06:00 by die Pinehaven-kruising op die N14 tussen Silverstar Casino en die Cradlestone-winkelsentrum plaasgevind.

Luidens ʼn inskrywing op BCI Security se Facebook-blad het Pinehaven-inwoners omstreeks 06:20 iets gehoor wat “soos ʼn ontploffing” geklink het.

“ʼn Vragmotor wat met die heuwel van die R28 Mount Usambara na onder gery het, het teen nog ʼn vragmotor gebots en ʼn ongeluk tussen verskeie voertuie veroorsaak wat by die Pinehaven-kruising geëindig het,” het BCI, wat ook op die toneel was, kort voor 08:00 op Facebook gesê.

Een van die vragmotors het glo ook aan die brand geslaan en is deur nooddienswerkers op die toneel geblus.

Posted by BCI Security on Thursday, October 6, 2022

Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, sê met paramedici se aankoms op die toneel kort voor 07:00 het die voertuie in die middel van die pad gestaan met wrakstukke wat oral op die toneel rondgelê het.

Die ongeluk het Vrydagoggend by die Pinehaven-kruising op die N14 tussen Silverstar Casino en die Cradlestone-winkelsentrum plaasgevind. (Foto: Verskaf)

Owerhede het die pad toegemaak en die verkeer na alternatiewe roetes herlei. Na verneem word was sommige motoriste weens die swaar verkeer teen 10:15 Vrydagoggend steeds nie by hul werksplekke of ander bestemmings nie.

“By nadere inspeksie het paramedici ’n vrou vasgekeer in ’n ligte voertuig aangetref, terwyl nog ’n man in een van die vragmotors vasgekeer was. Drie ander pasiënte het om die voertuie gelê,” het Meiring gesê.

“Die pasiënte is ondersoek en daar is bevind dat een van die mans op die toneel reeds aan sy beserings beswyk het, terwyl die man en vrou wat in hul voertuie vasgekeer was, kritiek was.”

Die ongeluk het Vrydagoggend by die Pinehaven-kruising op die N14 tussen Silverstar Casino en die Cradlestone-winkelsentrum plaasgevind. (Foto: Verskaf)

Reddingswerkers moes gespesialiseerde toerusting gebruik om dié insittendes uit die onderskeie voertuie te bevry.

“Nadat die pasiënte uit die voertuie verwyder is, het paramedici hulle van gevorderde lewensondersteuning voorsien en gestabiliseer voordat hulle na hospitale vervoer is. Die ernstig beseerde vrou is met ’n privaat mediese helikopter vervoer, terwyl die ander pasiënte in ambulanse na nabygeleë hospitale geneem is.

“Die vrou het egter op pad na die hospitaal gesterf.”

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gerig en wag tans op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Vinny ·

Dis verskriklik, hierdie trokke is die dood op wiele, hulle ry nes hulle wil ek sien dit elke dag.

LIEZL ·

dis darem nie die trokke wat die dood op wiele is nie, dis die ou agter die stuur

Frank ·

BAIE jare terug al was daar baklei en baklei dat cross-over brug gebou word en daar was begin met beplanning en alles daarvoor maar tipies ANC gemors nog steeds niks van gekom nie so die overhede is indirek aandadig aan moord en strafbare manslag deur hulle versium om grondwetlike pligte na te kom. HOOG tyd dat die publiek en almal begin om die regering aanspreeklik te hou vir grondwetlike pligsversuim en dit deur howe begin afdwing

Sean ·

Die fly-over is mos lankal belowe Daai geld is seker lankal gespend op luxuries

Papsak ·

Ja hierdie groot trokke veroorsaak net ongelukke want as our people agter daai stuurwiel in klim ry hulle soos varke gee om vir niemand nie

Dup ·

Kyk wie nou die meerderheid bestuurders op ons paaie is; dan sal jy verstaan waarom hierdie en ander ongelukke sal eskaleer.

Vonkprop ·

Daardie is ‘n baie gevaarlike pad. Dit is ‘n wonder dat daar nie meer sulke gevalle is nie. Dit is groot en deurmekaar kruising met ‘n hengse afdraande van Krugersdorp se kant af.

Casper ·

Voet in die hoek pappie en bewaar die een se siel wat in my pad is.Ek ry ‘n lorrie en kan nie briek as ek eers spoed gevang het nie,verstaan julle.

Koos 100 ·

Nou sal die minister weer die toneel besoek en 1000 beloftes maak.
Die Moloto pad moes al oor gebou gewers het. Die treine moes al tussen Moloto en Pretoria gery het.
Wanneer gaan die gewone kieser besef dat al wat ‘n minister is lieg. Hulle lieg oor alles en almal! Hulle maak beloftes wat nooit nagekom word nie. Zuma en CR het belowe dat beurtkrag sal stop teen 2019! Daar is gratis onderwys, mediese sorg, water en krag belowe voor 1994. Nou betaal ek deur my nek daarvoor!
Jammer oor my gal braak. My innige simpatie aan die naasbestaandes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.