Twee sterf ná Woodstock-ontploffing  

Die twee mense wat beseer is in verlede week se ontploffing in ʼn gebou in Woodstock, Kaapstad, is oor die naweek aan hul beserings dood.

ʼn Woordvoerder van die Groote Schuur-hospitaal het aan eNCA bevestig die twee mans is in die hospitaal dood.

Maroela Media het vroeër berig voorlopige ondersoeke na Donderdagaand se brand en ontploffings dui daarop dat ʼn gaslek die oorsaak van die verwoesting was.

ʼn Winkel is heeltemal in puin gelê tydens die voorval, wat op die hoek van Plein- en Victoriastraat plaasgevind het.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit in die Kaapstad-metroraad, het vroeër gesê daar is op twee 48 kg-gashouers aan die agterkant van die winkel afgekom waarna die afleiding gemaak is dat dié bottels moontlik die oorsaak van die brand was.

Die bottels was ongeskonde maar inspekteurs vermoed dat dit gelek het en dat die gas eindelik vlam gevat het deur een van die induksiemotors van die verkoelingstoerusting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.