Twee vas wat glo pasiënte se kos steel

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Nico Smit/Unsplash)

Twee voedselassistente wat by die Letaba-hospitaal in Tzaneen, Limpopo, werk is in hegtenis geneem nadat hulle glo kruideniersware wat vir die hospitaal se pasiënte bedoel was, gesteel het.

Die inhegtenisneming volg nadat hulle met sakke kruideniersware betrap is wat uit die hospitaal se stoorkamer verwyder is.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, sê die twee personeellede is Maandagoggend vasgetrek terwyl hulle die hospitaal verlaat het ná ʼn nagskof.

“Terwyl die twee op pad uit was, het veiligheidspersoneel by die hek die verdagtes se motor deursoek en op ses pakke kruideniersware in die kattebak afgekom,” sê sy.

“Die polisie is dadelik ontbied, waarna die verdagtes in hegtenis geneem is.”

Albei staan nou tereg op aanklag van diefstal.

Ramathuba het die betrokke veiligheidswagte geloof dat hulle die beweerde misdaad uitgesnuffel het.

“Ons departement se begroting word gerek soos dit is, so ons kan nie bekostig dat hulpbronne verlore raak deur die onetiese optrede van personeel nie,” sê sy.

Ramathuba het bygevoeg dat onetiese gedrag soos diefstal, bedrog en korrupsie “met woede begroet moet word wanneer sulke gevalle die lig sien”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Ag my liewe tog. Dit gaan ORALS so! Laat ons tog nou nie geskok wees nie…

miche ·

Die betrokke foto is ( soos MM sê), bloot ter illustrasie.
Dit sal interessant wees om te weet wat daai kruideniersware behels.
Is dit voedsel vir hul hospitaal-etes of kruideniersware wat saam hul huistoe gestuur word?

PieterJ ·

Maar ons weet mos die bevrydes sal nooit gestraf word nie, kyk die voorbeelde wat vir hul gestel word.

Erica ·

Pasiente se kos met etes word ook weggedra. Pakke en pakke brood en vrugte word weggedra op n daaglikse basis.

Di ·

Dis nie nuus nie, DUIDELIK weet ons almal reeds dat dit orals gebeur! Kyk maar net na die toestand van als in die land en DIT wat hier gebeur is die GROOT oorsaak dat als ten gronde gaan, vrot besteel!

domheks ·

Ai, die arme mense was honger….. So gaan dit by elke plek waar ‘our people’ werk! Sal graag wil hoor wat ons regstel se vonnis is. 5 Jaar opgeskort vir…..

Korrelkop ·

Gaan kyk asb by Germiston se staatshospitaal, Bertha Gxowa, ook. Ek het familie gehad wat daar opgeneem was en uiters geskok om te sien hoe min en swak die kos is. Pasiente sterf amper van die honger! Ek is sterk van mening dat presies dieselfde ding daar ook gebeur

philippus ·

Hulle voel niks vir niemand…. nie eers vir hulle eie gestremde Swart broers en susters nie. Letaba hospital is vir gestremde mense. Wat ek dink kan nie hier gepubliseer word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.