Twee weer in hof oor renosterhorings

(Foto: Valke)

Twee mans sal Woensdag weer in die Ermelo-landdroshof verskyn nadat hulle verlede week met renosterhorings betrap is.

Junior Chauke (49) en Prince Ntsako Letswele (33) is Donderdag in hegtenis geneem en het reeds Vrydag in die hof verskyn voor die saak tot vandag uitgestel is vir verdere ondersoek.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het gesê die verdagtes is in hegtenis geneem nadat inligting ontvang is oor vuurwapens en die voertuig waarin hulle was naby Ermelo voorgekeer is.

“Die verdagtes het probeer vlug toe hulle die polisie sien, maar albei is in hegtenis geneem.” Die Valke in Secunda is na die toneel ontbied.

Die Toyota Fortuner waarin die verdagtes gery het, is deursoek en daar is op twee groot renosterhorings en twee kleiner horings beslag gelê. Daar is ook op die voertuig beslag gelê vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.