Twee wou beampte glo met whisky, geld omkoop

Die verdagtes tydens hul inhegtenisneming (Foto: Valke)

Twee mans bly in aanhouding nadat hulle Sondag in Klerksdorp in hegtenis geneem is op aanklagte dat hulle ’n ondersoekbeampte glo met derduisende rand en ʼn bottel whisky wou omkoop.

Zuzumuzi Manqunyana (28) en Peter Selena (50) het Maandag op aanklagte van korrupsie in die Klerksdorp-landdroshof verskyn. Die saak is tot 31 Oktober uitgestel vir ’n formele borgtogaansoek.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, Valke-woordvoerder in Noordwes, het gesê die twee mans het die ondersoekbeampte glo R50 000 aangebied om ’n saak waarby ’n vriend van hulle glo betrek word, te laat verdwyn. Die vriend is glo ’n voormalige senior amptenaar van die plaaslike munisipaliteit.

Die verdagtes is Sondag in hegtenis geneem oomblikke nadat hulle glo R25 000 en ’n bottel Glenfiddich-whisky aan die ondersoekbeampte oorhandig het.

Volgens Rikhotso is die verdagtes se motor deursoek en daar is op R41 500 afgekom. Daar is op die geld en voertuig beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Di ·

SKELMS! Geen wonder die land is in sy glorie in nie! Boetie sorg mos vir boetie, korrup tot op die been

Elizabeth ·

Uitsonderlike beampte. Mag ons geseēn word met baie meer van sy kaliber. Salueer, Mnr Beampte.

Grens ·

Tenderpreneurs aan die werk. Die keer het dit nie vir hulle gewerk nie.

Nie Verbaas ·

Orals korrupsie. Maak soos China. Korruptes kry doodstraf.

Marelize ·

Ja nee en toe loop julle julle rieme styf. Jammerte dit wil nie oral so gaan nie.

Danie ·

Ek het n vriend gehad wat altyd gese het jy kan hulle met enige iets omkoop.Selfs met airtime.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.