Tweeling al dae lank sonder krag

Argieffoto

Inwoners van Tweeling in die Vrystaat sit sedert Saterdagaand sonder krag weens ʼn foutiewe transformator by die kragstasie op dié dorp.

Volgens Eskom sal die probleem hopelik teen Dinsdagmiddag opgeklaar wees.

Die energieverskaffer sê ʼn nuwe transformator sal teen Maandagaand in Tweeling wees, waarna herstelwerk sal begin. Eskom het nie ʼn spesifieke tyd aangedui wanneer krag herstel sal wees nie.

“Eskom vra om verskoning vir die ongegrief wat deur die kragonderbreking veroorsaak is en bedank verbruikers vir hul geduld.

“Ons herinner verbruikers om alle elektriese drade en toestelle as lewendig te beskou aangesien die krag enige oomblik aangeskakel kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Phillip ·

Ek lees 2ling sonder krag met die gedagte dis kinders . Ai Ai Phillip dis die plek se naam

SjN ·

Na dese kan daar n paar tweelinge wees met die krag probleem Phillip.

Leana ·

Toemaar Phillip jy is nie alleen nie, ek het daai selfde gedagtes gehad.

Karina ·

Moenie alleen voel nie, sien die woord Tweeling, kinders, toe tref dit my, dit is ‘n dorpie, haha. Lekker gelag dankie

marius ·

Eskom vra omverskoning vir die ongerief ….bwahaahahahaaa

Hennie J ·

Dit is nou pateties en treurig verby. Dis mos iets wat die magtige eskom nie meer as 12 ure moet vat nie, maar wie gee om vir die verbruiker. Sou graag wil weet of hulle sal toelaat dat alexandra so lank sonder elektisiteit is.

Johan ·

Bly daar nog mense in Tweeling? Hoofpad is ook onbegaanbaar.

Dup ·

Eskom vra om verskoning vir die “ongegrief”…ek hoop maar net die tweeling is “verongegrief” en nie die res van die familie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.