Vakbonde maan Eskom-werkers om terug te keer

(Argieffoto: GCIS)

Eskom en vakbondleierskap het in beginsel saamgestem oor die pad vorentoe wat betref loononderhandelings Vrydag by die sentrale onderhandelingsforum.

Die kragvoorsiener het in ʼn verklaring gesê ná dié ooreenkoms het die National Union of Mineworkers (NUM) en die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) sy lede gemaan om dadelik terug te keer werk toe.

Eskom maan alle werknemers om dadelik na hul werkstasies terug te keer “om die druk op die stelsel te verlig, om die diens te lewer wat die mense van Suid-Afrika van Eskom verwag en om te help om kragopwekking te herstel wat deur die staking geraak is”.

“Eskom bedank alle werknemers wat alles in hul vermoë gedoen het en bly werk het om die ligte tydens dié uitdagende tyd te laat brand. Ons bedank ook die lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat ʼn sleutelrol gespeel het om seker te maak dat ontwrigting tot ʼn minimum beperk word by kragstasies.”

Eskom waarsku dat, alhoewel die arbeidsmag teen môre na verwagting terugkeer werk toe, sal die stelsel ʼn tyd neem om te herstel. “Weens die staking is instandhoudingswerk uitgestel en dit kan ʼn ruk duur om die agterstand op te klaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Friedrich ·

Is dit n wettige staking? Indien nie, dank die stakers af!! Moenie dat die mense aanhou werk nie.

Nie Verbaas ·

Staking is onwettige. Hulle moet aangekla word van sabotasie van infrastrktuur maar dit sal nie gebeur nie want die meerderheid stemme vir ANC lê in die en laer groepe.

Harley Davidson ·

Privatiseer eskom en Meganiseer sodat daar met so min moontlik mense wat wil werk en trots is die krag verskaffer kan opbou.

SjN ·

Fire die stakers, daar is baie wat die werk kan en wil doen, moet hul nie lek nie.

Gisela ·

Hulle kan nie eers hulle werk ordentlik doen nie maar eis ‘n loon verhoging. Kry eers Eskom reg

Harley Davidson ·

Ek lees gister op n webblad Andre de Ruyter sê die polisie het nie een van die brandstigters of intemideerders gearresteer wat verantwoordelik was vir hierdie insident nie.

Madz ·

daar’s MEER hier agter as wat die blote (publieke) oog kan sien….

krodedil ·

Privatisering is die antwoord? Dan kan die nuwe eienaar die krag pryse van Suid Afrika opstoot gelykstaande aan wereld pryse. Huidiglik betaal Suid Afrika ongeveer 50% van wereld pryse vir krag. Lekker slim ne?

Sonneblomkind ·

Verdomp. FIRE DIE STAKERS. Daar is soveel mense sonder werk. STEL DIE AAN WAT WIL WERK.

Bart-Man ·

N handjie vol mense terroriseer die hele Suid Afrika. Wie is volgende? O! en binnekort is dit Looting – Julie.

Elize ·

Dank hulle af. Hulle hou aan om dien hele land gyselaar te hou. Verban die unies.

Jaco ·

Eskom word beheer deur die ANC-regering
Die vakbonde is deel van COSATU en COSATU is in alliansie met die ANC
Die CCMA en die departemente van arbeid en energie is onder beheer van die ANC-regering
So die hele ding is ANC deur en deur. Waarom staak die ANC dan teen die ANC?
Het die ANC dan NIKS tydens hulle jare in van “exile” in kommunistiese lande geleer nie? Sulke goed het nooit daar gebeur nie. Orals was “kaders” in beheer en hulle het almal saamgewerk en uit 1 mond gepraat.
En net so terloops, meeste klassieke kommunistiese lande in Europa, veral Oos-Duitsland, Hongarye, Tsjeggo-Slowakye en Rusland, was sonder nonsens soos:
-Beurtkrag
-Swak vuil staatshospitale
-Lae standaard onderwys waar leerders onderwysers amper “mag” aanrand
-Min of geen munisipale dienslewering
Christene is nou wel vervolg of aan bande gelê daar, maar daar was skuiwergate rondom dit. En eerlikwaar, beperkings op my geloof maak veel minder seer as beurtkrag elke dag, geen munisipale dienslewering…

krodedil ·

Die stakers wat twee dae nie gewerk het nie het loadshedding 6 veroorsaak agv Eskom se arrogansie om uit loon onderhandelings te stap. Wie gaan hulle werk doen as hulle gefire word? Seker al die klaers wat klaagliedere sing en nie verder kan dink nie as wat hulle neus lank is nie. Dis seker een van loadshedding se newe effekte. Hierdie is sleutel werkers en ek hoop hulle salarisse verdubbel want dis duidelik hulle is kritiek belangrik in die Eskom krag systeem.

Asgat ·

En daar word hulle nou n’ 7% ‘increase” gegee. Ons kon nie eens verhogings kry nie want die maatskappy sukkel. Alles gaan op en ons as nie stakende werkers sukkel om kop bo water te hou. Hoe werk dit? So die onwettige staking is BELOON met n’ 7% verhoging, dit is hoekom hulle en ander gaan aanhou staak. Hulle kry mos elke keer wat hulle soek. Dit maak my so so kwaad, Nou gaan ons elektriese kostes seker nog meer moet opgaan om “hulle” te betaal.

krodedil ·

7% is heeltemal te min vir kritieke werkers waarsonder die land nie twee dae kan klaarkom nie. Ek wonder of die land twee dae of twee jaar sonder jou kan klaar kom? Ek twyfel. SA se krag is ongeveer 50% van wereld krag kostes. Hou op kla met ‘n wit brood onder die arm want dis duidelik al die klaers wil verniet krag he.

Asgat ·

Ja Krokedil en jy ry seker n’ duur luukse kar, het n’ luukse huis en het alles insluitende n’ wit brood onder JOU arm. Ek is n’ enkel ma wat sukkel … n’ Wit brood is te duur om te koop vir ons.

Yvonne ·

Daar is duisende wat wag en smag na werk …….. hierdie ondankbare spul beskou dit as hulle goeie reg ……Here wees ons genadig in hierdie siek land….Amen

Kobus ·

Dis nie net vir “soek werk” nie. Die mense moet opgelei word – dis ‘n lang proses, waarvoor daar nie tyd is nie, ongelukkig.

Aikie ·

Dit is nou die tyd dat onse ANC die nodige mag vertoon en ‘n Margaret Thatcher op die vakbonde trek en hulle onwettig verklaar. Maar, nou ja, daar is nie een van hulle in beheer wat genoeg spunk het om dit te kan doen nie. Solank as wat die vakbonde in beheer is sal hulle ons tot losprys hou met allerhande groter eise.

Piet ·

Jy vergeet. Die anc en roelfie het saam onderhandel om vakbonde te wettig. Hoe gaan die anc vakbonde nou weer verban?

Kobus ·

Dis nie “hulle” wag “spunk” moet hê nie; dis ONS, wat bereid moet wees om weke lank sonder elektrisiteit klaar te kom, terwyl die stakers ‘n les geleer word… Is ons bereid…?

Johan ·

So dieselfde werkers wat deur ons belastingbetalers betaal word kan nie eers presteer nie. Hulle doen nie hulle werk nie. Hulle saboteer hulle werkgewer se toerusting en hul eie land se ekonomie, veiligheid en die gesondheid van elke Suid Afrikaner. Hulle word meer betaal as wat enige privaat sektor kan bekostig en dan neem hulle deel aan onwettige stakings vir meer as dubbel die inflasiesyfer. En ons vreet dit op?? Niemand word gearresteer nie…. Mense se lewens word bedreig en hulle huise amper afgebrand. Wie is die varke? Waarom word hulle nie toegesluit nie?

Kobus ·

Werkers kan hulle tot die arbeidswette wend indien onregmatig opgetree word deur werkgewers. Daar is bepaalde prosedure wat gevolg moet word voor ‘n staking as wettig mag plaasvind. Hierdie was ‘n onwettige staking. Meeste stem saam dat hulle afgedank moet word want Eskom werkers mag nie staak nie. Hierdie rampokkers neem reg in eie hand.Word hulle afgedank, verwoes ander lede van vakbonde die land totdat die rampokkers weer aangestel word. Die howe is ook meestal teen die werkgewers. Gordhan is die doring in die vlees. Hulle eis 12%. Vir wat. As daar net R10 in die till is kan jy mos nie R12 eis nie. Intussen smeek Eskom bestuur en Gordhan dat die rampokkers asseblief moet gehoorsaam wees en terugkeer werk toe. Vakbonde is skielik onskuldig. By Marikana was die hele SAPD mag betrokke, hier is geen beskerming nie. Dalk moet Eskom bestuur bedank, leisels oorgee aan ‘n kader sodat die hele stelsel kan inplof en dan kan ons weer begin opbou.

annie ·

Dit is dringend nodig om die wet te wysig en Eskom as ‘n beskermde staatsinstelling aanwys en terrorisme vasvat. Loononderhandelingsgekibbel mag nie die landsekonomie ten gronde rig nie. Waarom laat die staat so met sy bates mors. 47 000 base wat almal rondorder en die land in die donker op sy knieë hou. Indien dit nie stop nie kan ons koebaai sê vir beleggings. Indien Eskom hoop op atoomkrag sal dit eers toorkuns moet bemeester want ‘n eenheid neem ‘n dekade+ om te bou en die huur van kragskepe kos ‘n paar goudstawe. Gehoor van steenkool? Vergeet van wonderolie-putte.

donsie ·

dis baie maklik, sit alle woonbuurte waar hulle in bly op fase 8, dat hulle bietjie voel hoe dit voel om sonder krag en dstv te wees, dan moet jy sien hoe gou kom hulle terug werk toe as eskom dan net vir die woonbuurte laat weet dat dit is omdat die werkers nie by die werk is om die krag aan te hou nie

Owlie ·

Die workers wat bly werk het verdien verhogings, die stakers verdien nie hul werk nie, hou op om stakers te soebat maak n voorbeeld en ontslaan hulle onmiddellik – daar sal nie weer gestaak word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.