Valke soek ‘baasbrein’ ná reuse-dwelmvonds

(Foto: Valke)

Die Valke is op soek na die vermeende baasbrein van ’n dwelmsindikaat nadat op meer as R500 miljoen se dwelms by die Durbanse hawe beslag gelê is.

Die dwelmvonds is op 30 Julie gemaak toe lede van die Valke ’n vraghouer deursoek het nadat inligting ontvang is, het kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, gesê.

Daar is verskeie swart sakke in die voorkant van die vraghouer gevind waarna op 999 “bakstene” kokaïen afgekom is wat in die sakke versteek was. Die straatwaarde van die dwelms is volgens Mogale sowat R500 miljoen.

Die swart sakke is tussen vragmotoronderdele wat vir Scania Suid-Afrika bestem was, versteek. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die dwelmvonds nie en die ondersoek duur voort. Die Valke het intussen ’n foto uitgereik van ’n buitelander wat glo die meesterbrein van ’n dwelmsindikaat is en glo betrokke was by die jongste vonds. Enige iemand met inligting word versoek om ao. Devin Naicker by 082 778 2818 te kontak.

Die Valke is op soek na dié man.

Volgens Mogale het die Valke sedert Maart op vier ton kokaïen in Suid-Afrika beslag gelê. Die meeste hiervan was glo vir ander lande bestem met slegs 20% van die kokaïen wat na bewering deur dwelmhandelaars in Suid-Afrika verkoop sou word.

Die jongste dwelmvonds by die hawe kan glo verbind word aan ’n soortgelyke voorval op 9 Julie toe op 715 kg se kokaïen in Johannesburg beslag gelê is. Vier verdagtes, van wie drie polisiebeamptes, is in verband met dié vonds in hegtenis geneem. Daar is tydens die Valke se ondersoek bevind die dwelms is van Brasilië afkomstig.

Daar is ook op kokaïen in Isipingo in Durban beslag gelê en in Gauteng waartydens nog vier verdagtes in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Strandloper ·

Wonder hoeveel feetjies is nou al weer miljoeners met die fonds?

Kokerboom ·

Dis net oortjies van seekoei! Elke keer as ek die duisende skeepsvraghouers by hawens sien dan wonder ek watter persentasie word deursoek vir onwettige produkte. Dwelmhandel floreer in suider Afrika

Harley Davidson ·

Die polisie in Suid-Afrika kan nou vergelyk word met die polisie in colombia,net so korrup soos die wat aan Pablo eskabar rapporteer het ek sê nie al die polisie nie maar die oorgrote meerderheid.

marius ·

Hoeveel mense vermoor hierdie gewetenlose skurke nie elke dag oor en oor nie ! Wat se straf anders as die dood is hiervoor geregverdig? Die Ooste weet hoe ongenaakbaar wreed hierdie skuim andere vernietig, maar hier kom hulle niks oor nie !

JohanCzu ·

Niemand forseer iemand anders om dwelms te gebruik nie. Dis elkeen se eie keuse.

Flower Girl ·

Kan hulle nie net die oneerlike polisies uitlig nie. Want nie almal van hulle is so korrup nie.

Harley Davidson ·

Gee ons ‘n onafhanklike tuisstaat en dan kan die goeie polisie daar gebruik word om die grens te beveilig en wet en orde toe te pas

Magda G ·

Patetiese selfsugtige polisiemanne wat verbind word met die dwelmsvonds.
Geld maak jou mond toe

Boon ·

misdaad intelligensie moet baie wakker em vreesloos wees as hulle die baasbrein wil vastrek. Hulle kan nie eens in Kaap die dwelmbase,aankeer nie terwyl al die skollies weet wie hulle is. Berig sê mos drie polisiemanne is met kokaïne bonds in Jburg vasgetrek

Anoniem ·

As Cele hom liewer toespits op ‘n dwelm vrye land in pleks van wapen vrye land sal hy beslis misdaad en moord bekamp.

Danie ·

En indien daar nie “inligting” ontvang is nie sou dit deurgegaan het soos meeste van die vragte voor dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.