Vasbeslote tiener ontsnap uit ontvoerders se kloue

Die tienerseun (links) en sy ouboet. Om sy identiteit te beskerm, kan ’n gesigfoto van hom nie geplaas word nie. Foto: Facebook

Die ma van ʼn tiener wat bes moontlik ontvoer sou gewees het as hy nie verbete terugbaklei het nie, sê haar seun se vertroue in mense is heeltemal geskend.

Die 14-jarige leerder aan Maritzburg College in Pietermaritzburg is Dinsdagmiddag ʼn hanetree van sy ouerhuis op Hilton gegryp, in ʼn kar geprop en ʼn kombers oor hom gegooi terwyl een van sy ontvoerders op hom gaan sit het om te keer dat hy uitspring.

Nadat hy met mag en mening teruggeveg en ʼn bohaai opgeskop het, het die twee mans hom uit die kar gegooi, blykbaar bang dat hy die aandag op hulle sou vestig.

Sy ma, wat verkies om anoniem te bly om haar seun se identiteit te beskerm, het Saterdag aan Maroela Media gesê dis vir haar seun, wat van kleins af opgevoed is om beleef teenoor volwassenes op te tree, amper onmoontlik om ongeskik met grootmense te wees.

Die volgende oomblik het die een hom gegryp.

Toe die twee mans, wat hy in hul 20’s skat, dus Dinsdag omstreeks 17:00 by hom stilhou en aanwysings na die plaaslike private skool Hilton College vra, het hy hulle probeer help. Die volgende oomblik het die een hom gegryp en by die een agterdeur van die motor ingeprop waar sy makker met ʼn kombers gewag het.

Die man op die agtersitplek het die kombers oor die tiener gegooi en op hom gaan sit, vertel sy ma. Die seun beskryf albei mans as goedgebou en met ʼn baie goeie Engelse aksent. Sy ma vermoed hulle is dalk Nigeriërs, maar die tiener meen hulle is Suid-Afrikaners omdat hulle hom met die tipiese “howzit, bru” gegroet het.

Die tiener (regs) se ma (links) sê ter wille van kinders se veiligheid kan hulle nie ’n voet buite die huis sit sonder dat iemand hulle vergesel nie. Foto: Facebook

Die tiener het met die mans probeer onderhandel en hulle sy fiets aangebied en selfs voorgestel dat hulle na sy huis gaan om geld by sy ouers te kry. Toe hulle nie daarin geïnteresseer was nie, vertel sy ma, het dit hom getref dis in hom dat hulle belangstel, nie in geld of goed nie.

Ek is so jonk. Dit kan nie met my gebeur nie.

“Ek is 14. Ek is nog so jonk,” het dit deur sy gedagtes geflits toe hy besef hy kan die slagoffer van mensehandel word. “Dit kan nie met my gebeur nie. Ek moet hier uitkom!” het hy in ʼn onderhoud met die dagblad The Witness van die vreesaanjaende oomblikke vertel.

Nadat hy met sy stoeiery die kombers van sy kop af kon kry, het hy gesien die kar se een deur is nie gesluit nie. Hy het dit oopgemaak maar die man agter by hom het hom teruggetrek. “Ek het hom so hard as ek kon met die vuis in die gesig geslaan,” vertel hy.

Ná die worsteling het die bestuurder stadiger gery en hom by die Hilton Kwikspar uit die motor gegooi. ʼn Verbyganger het hom teruggeneem na sy fiets en toe na die polisiestasie vergesel.

Ons moet met ons kinders praat en hulle waarsku.

“Ons moet met ons kinders praat en hulle waarsku: Wat daar buite in die wêreld gebeur, gebeur op ons voorstoep,” sê sy ma. “Ons moet met hulle praat oor die werklikheid sodat hulle veilig kan wees en hulle bewus maak van die gevare van mensehandel.”

Sy meen die beste raad is dat kinders nooit, ooit alleen uitgaan nie. “Sorg altyd dat ʼn maat of ʼn volwassene by jou kind is. My seun sê self nou hy besef dis gevaarlik om alleen buite te wees.”

Sy sê sy sou nooit kon dink dat so iets op hul dorpie met sy vooraanstaande skole sou kon gebeur nie. “ʼn Mens sou dink dit gebeur in die groot stad Durban, maar nie by ons nie.”

Haar seun vind dit op die oomblik moeilik om enigiemand te vertrou. Sy ma hoop net hy sal mettertyd oor die skok en ontnugtering van die amperse ontvoering kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Deon ·

Dit was nie ‘n amperse ontvoering nie!! Dit was ‘n amperse moord!

Tsotsie ·

Tg
Ek kry ook snaakse gevoel oor die berig
Maar ek kan verkeerd wees
Mens weet nooit met ons wereld nie

C ·

Ek dink nie Maroela sal iets plaas as hul dit nie goed nagegaan het nie.

Ann ·

Hoekom is daar altyd mense soos julle wat sulke nonsens kwytraak? Maar wag …. so iets het duidelik nog nie met julle gebeur nie.

DESERISÉ COCKLIN-VILJOEN ·

Ek verstaan nie hoe julle kan dink dat dit fopnuus is nie? Verduidelik asseblief.

Cathy ·

Dit is alles behalwe fop-nuus. As dit Nigeriërs was, wou hulle hom moontlik aan ISIS of Bokaharam verkoop het. En as dit Suid Afrikaners was, wou hulle hom ook verkoop aan mensehandelaars. Dit is iets waarmee al baie lank in Suid Afrika besig is. Hulle werf jong kinders wat aan ekstreme Islamietese groepe verkoop word wat die kinders oplei as IS lede vir terroristiese doeleindes. Dit gebeur nie net oorsee nie. En ek ken Hilton. Dit is n baie klein gemeenskap. Dit is die tipe plekke waar sulke goed plaasvind. So dit is beslis nie fop nuus nie.

Lara ·

Dis glad nie fopnuus nie. Maak jul oe oop. My seun van 14 was ook amper in Durban by ‘n mall gegryp tot ek die man gevra het wat dink hy doen hy en toe wil hy mooi praatjies praat. Hy bet weer vir my seun gegaan waar ek vir hom gese het as hy weer aan my kind raak skree ek soos mal mens. Hy het my gevloek en agtervolg tot ek by die parkeer area se sekuriteit gegaan het.

#Krullebos ·

Ek sou ook glo dis fob-nuus as dit nog nie met my gebeur het nie, maar onlangs het Nigerieers videos van my geneem waar ek werk en aan hulle kleinte gestuur. Ek was amper ontvoer. My videos is deur, maar polisie het die mans vasgetrek… 2 Nigerieers met n plan. Kameras en al. Hulle kar was onwettig en kan slegs deur die boot beweeg na die voorkant toe. Hulle is in hegtenis geneem en ek wag op die hofsaak. Ja. Ek is in S.A ?

Wolf ·

Nee, dit is nie. Dit is ook nie waar die voorval plaasgevind het nie

Roos ·

Hoekom op aarde sou iemand dit nou wil opmaak, tg en Tsotsie?
Baie bly die seun kon weg kom.

Paja ·

Mensehandel is n werklikheid…seun het mannemoed gehad om terug te veg…jys eintlik n held…dankbaar vir jou veiligheid

Koos de Meyer. ·

Kinders en vrouens is nêrens meer veilig nie. Mense moet wakker word. Ons leef in ‘n siek land. Ons kan nie vir een oomblik ons waaksaamheid verslap nie. Jou kind kan nie eers meer alleen kafee toe gaan nie.
.

Helena. ·

Jys so reg..dis nie net n dorpie nie..ek woon daar. Baie dinge is moontlik en ek glo elke woord. Dank die Vader die seun is veilig.

Jeremia ·

Mense kan gerus baie bedag wees. Mensehandelaars ontvoer kinders en volwassenes.
So byvoorbeeld word Nigeriese vrouens gebruik as front om ‘n blonde vrou te ontvoer.
Mensehandel is sekerlik een van die grootste bedrywe wat daar is.
Kinders én volwassenes (mans én vrouens) moet baie paraat wees.

Verwonderd ·

My kind is 15 en ek het sopas dat hy die berig lees want hy ry met sy fiets skool toe. Dankie Maroela vir die plasing en dankie vir die ma wat dit gedeel het. Dit help om ons ander ouers meer bedag te maak.

Verwonderd ·

Baie dankie Maroela vir die plasing van die berig. My seun is 15 en ry ook fiets skool toe. Ek het hom die berig laat lees om hom bewus te maak dat slegte goed kan gebeur. Dankie vir die mavwat dit gedeel het
Ek verwonder my dat daar nou weer allerlei negatiwiteit gekoppel word.

Marlene Bothma ·

Hoop ouers begin self hul kinders skool toe vat. Dit behoort nie moeite te wees nie. Nerens is niemand veilig nie. My seun was klein toe word hy uit sy ouma se hand gegryp in Pietermartzburg…28 jaar gelede.

Verwonderd ·

Ek dink nie jy weet baie mooi wat aangaan in die land nie. Moet ek nou my kind elke dag op my rug skool toe dra???? 4km. Hy is al 15 jaar oud. Dis ons enigste vervoermiddel.

Hennie ·

Brslus nagadders! Klink na ‘n muti voorval, veral as die seun ligte hare en blou oë het!

Essa ·

Mooi kop gehou seunskind. Duidelik is jy bewus van wat orals aangaan en kan gebeur en het besluit om terug te veg. So dankbaar vir jou en jou ma-hulle dat dit vir jou goed afgeloop het. Sterkte!

Waarheid1 ·

Die wat dit nie glo nie het oogklappe aan.Word wakker!.

Esther ·

Dankie die Vader by kon weg kom.
Die skokkende realkteit is mense dink dit gebeur nie met tieners nie, net met kleintjies. Wanneer dit gebeur word dit steeds betwyfel!
Almal maak dit ook nie bekend nie. Dankie vir die ma wat hierdie inligting aan die media bekend maak, want so kan ons oe oop gaan.

Sputnik ·

Wat ‘n skrikwekkende ervaring moes dit nie gewees het nie (en steeds)!

'n Ouer ·

Wat die seun deurgemaak het is verskriklik! Ek is bly hy het kopgehou en terug baklei…Dankie Heer dat U hom die moed en krag gegee het om te ontsnap.

Linkses ·

Linkses is so bekommerd oor die regte van ontvoerders dat ond kinders nie enige simpatie kry nie. Laat links val.

Dries du Toit ·

Sulke dinge het nooit in SA gebeur nie. Dit is 90% buitelanders uit Afrika wat hier kom dwelms smokkel en wrede kriminele aktiwiteite uitvoer. Dit is om dieselfde redes dat Pres. Trump n muur wil bou om sy burgers te beskerm teen ongure karakters wat sy mense teister

Skerpioen ·

Met alle respek aan elke meisie wat deur Gert van Rooyen ontvoer is se familie. Jammer maar dit gebeur al lankal en nee dis nie net ander Afrika lande se mense wat die sondebokke is nie. Ons eie blanke Afrikaans sprekende mense het siekmense soos Gert v Rooyen. Wat ek hier probeer sê is, leer jou kind om versigtig te wees vir enige groot mens of dit nou n vriendelike Afrikaans sprekende blanke oom en tannie is of n swart man wat vriendelik howzit groet of n maer skaam jong oom met n baba hondjie. Die dinge gebeur en dit gaan nie ophou nie voordat God vir Satan finaal oorwin het nie.

Cor ·

Dries waar kom jy vandaan in die sogenaamde ou SA is baie kinders ontvoer in Pietermaritzburg self het Fiona Harvey verdwyn wat van al Gert van Rooyen se slag offers net om maar n paar te noem. Mens moet maar altyd oop oe deur die lewe gaan en nie goedsmoefsvertrou nie

JohanL ·

Dries, ek is in 1971 as 8-jarige en so 5 jaar later vir ‘n tweede keer in Durban probeer ontvoer. Dit het toe al gebeur. Gelukkig nooit in die kar geklim nie – en in beide gevalle het blankes my probeer ontvoer.

Jessica Fourie ·

Ek is baie bly die seun kon weg kom. Maar daai gevaarlike manne is nog daar buite en hulle gaan hul taktiek verbeter en weer probeer. Almal wees asb versigtig. My kinders is altyd by my maak nie saak waar in die wereld ek is nie, daar is nare, gemene mense in die wereld.

Martiens ·

Dit wys jou net, dit is beter om terug te baklei en ‘n kans op oorlewing te hê, as om passief te wees en ‘n slagoffer te word.

Hanna Hoekom ·

Facebook is so vol fopnuus dat ek maar langtand aan enige ontvoering stories kou. Nou dat Maroela Media egter daaroor berig, staan my hare orent! So, dit gebeur regtig. Liewe hemel, wat is fout met ons samelewing? En weereens n buitelander… Ons kort n muur. Nou!

Wonder ·

Kan nie dink jy wil nou wakker skrik nie die nonsens gebeur al jare in ons land ek praat van ondervinding. was self as kind in daai situasie en her ook met die krag van bo weg gekom, my vriend was ongelukkig nie so gelukkig nie en is koelbloedig vermoor vir niks en dit was 24 jaar terug. In vandag se tyd is nuus net dadelik en landswyd beskikbaar maar hou maar jou oe oop en wees altyd paraat so iets kan met enige persoon gebeur

ChrisE ·

Kan ek die slim oningeligtes bietjie reghelp. Is dit “private schooling” wat julle ondegaan het. Hilton is ‘n “uitbreiding” van Pietermaritzburg. As jy van Mooi Rivier se kant op die N3 in die rigting van Durban (Oostelike rigting) ry, kry jy die dorp Howick (waar die waterval is) dan kry jy Hilton. Hilton was voorheen ‘n “onafhanklike” dorp maar is nou in die groter Pietermaritzburg munisipaliteit opgeneem. Een van die bekendste Ingelse privaatskole is in die area geleë. Hilton is ook bekend vir die Cedara Landboukollege. Die dorp het ‘n baie gematigde klimaat en het ‘n plattelandse atmosfeer. Dis Hilton Hotel (op die regterkant van die snelweg in ‘n oostelike rigting) is ‘n bekende landmerk) Dit is voorwaar ‘n aangename area om in te woon.

Frans C ·

Suid Afrika se amper oop grensbeleid stel misdadigers instaat om vrylik misdaad in Suid Afrika te pleeg en terug te keer.’n Mens ys as jy dink wat met die kind kon gebeur het en is dankbaar dat hy uit die kloue van die boosdoeners kon ontsnap.

Wilma ·

Die ANC regering moet verantwoordelikheid aanvaar want hul gooi grense oop vi gemors uit res van Afrika. Jammer hier ni n 2de Trump in beheer vani land

Karlien ·

Was die ontvoerders onbekend aan die seun? “Dit het deur sy kop geflits dat hulle in hom spesifiek belangstel”

Charne ·

Ek dink hy het besef hul stel in hom as kind belang (mensehandel) toe hulle nie belangstel in die besitting en geld wat hy hulle geoffer het nie.

madels ·

Ek word yskoud en my hart klop wild in my binneste soos ek hierdie artikel lees. Net om die artikel te lees is vir my traumaties! Daai arme seun moes ongelooflike vrees binne hom gehad het maar hy het nie toegeee aan sy vrees nie. Sy ma MOET hom vir berading neem, niemand kom “sommer net oor dit nie”… Ek dank ons liewe Vader dat die seun kop gehou het en met alles binne hom geveg het.

Eloise ·

Karlien, die feit dat hy sê hulle wil hom hê, beteken beslis nie dat hy hulle geken het nie, hy het net daar besef dat as hulle nie geld wil hê nie, is dit vir hom wat hulle wil hê, kinders word daagliks ontvoer, wanneer gaan die mense se oogklappe afval en besef dat die ontvoerings en plaasmoorde n realiteit is.

Jacques die Goodwoodianer ·

Hierdie gemorse moet eenvoudig gevang word (dmv lok-aas), opgesluit en gemartel word (en woord vir woord gedwing word om te erken wat hulle wou doen) en afgeneem word. Stuur dit aan sosiale media as n waarskuwing vir enige booswigte.

Dit is hartseer dat ek as Christen sal dink aan sulke dinge maar die Here weet hoe dit mens ontstel.

Snowflake ·

Soos baie reeds ook se in kommetaar… ongeag alles is hierdie realiteite… dit gebeur daagliks… duidende kriminele suip ek deur greens daagliks nou vanaf Zim ook nog … buiten die kriminele onder ons eie mense wat betrokke is met mense handel…. ek sidder om daaraan te dink….. mag GOD ons genadig wees en beskerm en so ook ons kosbaarste besitting ons kinders…. wees versigtig ouers!!!!

Alta ·

En dan is daar nog steeds mense wat ouers veroordeel as “helikopter”-ouers wat “hover” oor hul kinders en hulle nie onder hul oë wil uitlaat nie. Verantwoordelike ouers besef die gevare van hierdie siek en bose wêreld waarin ons leef en sal/wil hul kinders ten alle koste beskerm – mens kan eenvoudig nie kanse vat nie.

Hannetjie ·

Ek dink dit is tyd dat kinders selfverdediging by die skole geleer word. Hulle moet ook van voorskool al geleer word om nee te sê. Hulle moet oefen om dit hard en duidelik te sê. Hulle moet ook geleer word om te skree as hulle bang is vir iemand. Hoe groter hulle word hoe meer intensief moet die selfverdedigings opleiding wees. En dit moet gratis by alle skole aangebied word. Vrouens moet hierdie tipe opleiding by die SAPS kry en dit moet ook gratis wees. Die rede daarvoor is dit kan jou lewe en meskien ook baie ander mense se lewens red. Mense moet leer om gevaar raak te sien en help. Raak betrokke in veiligheid.

As jy dink dit is ‘n bog storie, goed dan maar hou dit vir jouself. Moet nie twyfel by ander opwek nie. Hulle gaan dan nie op hulle hoede wees en kan as gevolg van jou stupid uitlatings, ‘n slagoffer word.

DIE SEUN IS ‘N HELD. HY MOET BERADING KRY OOR WAT MET HOM GEBEUR HET SODAT HY SY SELFVERTROUE KAN OPBOU EN SODAT HY BESEF HY HET GOED GEDOEN. MENSE SAL VIR JOU RESPEK Hê. HOU SO AAN IN DIE TOEKOMS. JY IS ‘N LEIER EN JY GAAN NOG MENSE SE LEWENS SPAR. “GOD SPEED”

Baie erg ·

Hierdie is baie erg. Ouers moet uiters versigtig wees. Ook wanneer julle met oorsese vakansies is in die lande wat miskien “veilig” is – mensehandel is ‘n wêreldwye verskynsel. In sommige lande net meer as in ander lande (versal arm lande). Maar ‘n mens moet altyd bedag wees daarop en dit kan wel gebeur selfs in eerste wêreldse lande moet mens steeds bedag wees.

Mariesia van der Walt ·

My vriendin se 10 jarige dogter was verlede Donderdag uit haar kar geruk. Dis ‘n wonderwerk dat sy kon “ontsnap”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.