VBS mag Zuma se vee, meubels vat

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het Dinsdag ʼn bevel aan die likwidateur van VBS Mutual Bank, Anoosh Rooplal, toegestaan wat bepaal dat dié bank beslag mag lê op oudpres. Jacob Zuma se roerende bates om sy skuld van R6,5 miljoen vir ʼn lening by dié bank te delg. Dit sluit sy vee en meubels in.

Luidens die hofbevel wat Maroela Media onder oë gehad het, is rente van 10,25% per jaar vanaf 31 Augustus 2019 tot die dag wat die laaste betaling gemaak word, ook op dié bedrag betaalbaar. Dit beteken dat Zuma eindelik meer as R7 miljoen sal moet terugbetaal. Zuma moet ook VBS se regskoste betaal.

Louise Brugman, Rooplal se woordvoerder, het bevestig dat hulle dié hofbevel Dinsdag ontvang het.

Daily Maverick, wat die nuus gebreek het, berig dat die likwidateur wel nie die grond waarop Nkandla gebou is, mag vat nie aangesien dit deur die Ingonyama Trust besit word. Nkandla is op die plaas Nxamalala gebou.

Die Jacob Zuma Foundation het op Twitter gesê hulle neem kennis van die bevel, dat hulle dit saam met Zuma sal bestudeer en met hul regspan sal beraadslaag.

Luidens Daily Maverick se berig het Zuma sowat vyf maande nadat hy in Februarie 2018 as president van Suid-Afrika uitgetree het, agtergeraak met terugbetalings aan ʼn lening by VBS vir verbouings aan Nkandla. Dit was sowat vyf maande nadat die bank onder likwidasie geplaas is.

Maroela Media het vroeër berig die oorspronklike lening tussen Zuma en VBS is in 2016 aangegaan om die regering terug te betaal vir die geld wat Zuma onregmatig gebruik het om die verbouings aan te bring. Dít nadat Thuli Madonsela, die voormalige Openbare Beskermer, bevind het dat Zuma staatsgeld gebruik het vir opknappingswerk van meer as R246 miljoen aan sy huis. Zuma het aanvanklik aangevoer dat dié opknappings deur sy familie betaal is. Hy het ook gesê dis vir veiligheidsdoeleindes.

Die Konstitusionele Hof het op 31 Maart 2016 bevind Zuma het versuim om die Grondwet te handhaaf of sy presidensiële plig na te kom, toe hy Madonsela se bevindinge en regstellende stappe in haar Nkandla-verslag geïgnoreer en van die hand gewys het.

Zuma is aangesê om ʼn “redelike persentasie” van die geld terug te betaal wat aan nie-sekerheidsbouwerk soos die beeskraal, amfiteater en swembad by sy woning bestee is.

Toe hy in 2018 uit sy pos as president verwyder is, het Zuma gesê hy is te arm om sy regskoste te betaal, nadat die Pretoriase hooggeregshof beslis het dat hy nie staatsgeld kan gebruik om sy regskoste te dek nie. Hy het aan sy ondersteuners gesê dat hy “selfs van sy klere moes verkoop”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

domheks ·

Die ou man soek net simpatie! Sy kinders kan mos maar betaal! As jy na hulle uitrustings kyk is daar defnitief genoeg geld – al is dit in Dubai!

Prikkie ·

Foeitog, hy moes selfs van sy klere verkoop!

Geen rede tot kommer nie, hy kan gratis ‘n oranjepakkie kry, hy moet net teruggaan na waar hy hoort.

Wondermaarnet ·

Ek is seker daar is duisende wat vir hom sy oranje pakkie sal betaal. Ek is bereid om dit te betaal, mits dit deur ‘n nie-BEEE maatskappy gemaak word nie, anders gaan die pakkie seker net so onder ‘n half miljoen kos lol.

Lourens ·

Dis R7 miljoen. Nou vir die uitstaande R239 miljoen + rente.

H.A. ·

Bly maar skelm soos die houtjie van die galg. Zuma moet tronk toe.

Marius ·

Hoe het hy in elk geval ‘n lening bekom vir verbeterings op grond wat nie aan hom behoort nie maar slegs deur hom gehuur word?

Johann ·

Vra ek ook! Of hulle het staat gemaak op sy eerbaarheid en karater en…pelle met baie geld.

Henri ·

Vat so Zuma!

Gepraat van VBS, wat van die EFF-lede se betrokkenheid by die plundering van die bank? Is van hulle al vervolg?

Di ·

Op nuus gesien dat Valke nog besig is hiermee – glo die valke sal hulle een van die dae gaan “oplaai”. Daar is skynbaar nog ‘n PAAR wat aangekla en vervolg gaan word waarvan MALemma een is.

gatgogga ·

Nee, Rama keer seker nog. Hoop dat Malema dalk sy maatjie sal word.

Pierre ·

Als gaan aan sy kinders en vroue behoort niks sal geneem word nie

domheks ·

Dan moet hy maar van sy horde vroue begin verkoop. Hy kan dalk lobola vir hulle kry!

Herman L ·

Wat gaan hulle doen as Zuma sê dit is nie sy beeeste wat daar rondloop nie?

Piet parys ·

Hoop hyt brandmerke op daai beeste soos die wet vereis

Wondermaarnet ·

Hy sal mos nou weer elke truuk uithaal om nie te betaal nie.

Strandloper ·

Behoude ons nou gaan maletjie en sy rooi gevolge weer alles brand en plunder wat voorkom

Rooikopheks ·

H.E. President Zuma???? Wat ń grap, hy is net Jacob Zuma nou, ń gewone mens soos ons ander.

Althes ·

Ag u zumpie dis net jou lojale ondersteuners wat jou twak glo. Mooi man, wat reg is is reg

Piet parys ·

Hoogtyd maar met al die sake teen hom sal hy seker al oorlede wees voor hy tronk toe gaan. Sy pensioen moet verbeurd verklaar word vir sy staatskaping aandeel . Cyril kan hom maar vergesel agv die aftree geldtjie onder die matras.

Manie ·

Neem sy maandelikse pensioen wat hy vanaf die staat ontvang om sy staatskuld te vereffen. Dis wat met enige ander persoon in die staatsdiens sou gebeur het. Vir die bedrieglike bankskuld kan julle maar sy katel op bakstene ook neem sover dit my aanbetref.

Henry ·

Ek weet nie hoe suksesvol hulle gaan wees om die goed te kry nie.

Perdeby ·

Ai ek is so bly ” pay back time” nou wag ons nog net vir ons EFF vriend se “pay back time”

Andre ·

Kleingeld wat deesdae sommer tussen die meubels uitgekrap word.

Wondermaarnet ·

Lekker man lekker! Wie wil anyway sy ou klere koop eeeewwwww

PieterJ ·

Als is net grootpraat, daar sal nie een sent by zuma verhaal word nie.

Di ·

Die ou man moet ook maar net GAAN! Dink ons almal is al NAAR vir hom

Veronika ·

Ag nonsens, lê beslag op daai Switzerland se bankrekening/e, almal weet dis waar sy geld weggesteek lê! Al st Gupta geld is daar!!!

Karina ·

Ja iemand moet ou Zuma bietjie aanvat. Vat sy goed, soos wat hy die land se geld gevat het. Die wiel draai stadig, maar hy draai verseker. Kry Zuma, kry terug wat jy gedoen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.