‘Veiligheid by polisiestasies moet ʼn prioriteit wees’

Genl. Khehla Sithole, nasionale polisiekommissaris (Foto: Phando Jikelo/African News Agency/ANA)

Genl. Khehla Sithole, nasionale polisiekommissaris, het Woensdag aan LP’s gesê daar is strategieë om veiligheid by polisiestasies te prioritiseer, maar daar is steeds uitdagings.

Hy het gesê van die polisiestasies moet heeltemal herontwerp word, aangesien die polisiebeamptes kwesbaar is. Van die persele word egter gehuur en dit is ʼn hindernis om veiligheidsmaatreëls te verhoog by die betrokke polisiestasies.

Sithole het die parlementêre komitee oor polisie toegespreek oor die sterftes vroeër vanjaar by Engcobo-polisiestasie waar vyf polisiebeamptes en ʼn afgetrede soldaat doodgeskiet is.

Hy het ook inligting verskaf oor die tegnologiestrategie wat kringtelevisiekameras vir polisiestasies betref en ook die situasie by Mamelodi Wes-polisiestasie waar polisiebeamptes vroeër vandeesmaand na bewering die saak van ʼn vermiste kind, Katlego Joja (10), verkeerd hanteer het. Joja se liggaam is ʼn paar dae later gevind nadat haar ouers weggewys is by die polisiestasie toe hulle haar as vermis wou aanmeld.

“Een van die uitdagings, wat interessant is, is dat ek nog nie ʼn kantoor het sedert ek ʼn polisiekommissaris geword het nie. Ek wag nog om by Telkom Towers in te trek, maar sedert my aanstelling het ek al vyf datums gekry,” het Sithole gesê. “Ek het aanvanklik gehoor die kantoor sal in Januarie gereed wees, toe Februarie, April en toe Mei. Ek het twee weke gelede by die kantoor ingetrek, maar het intussen ʼn skrywe ontvang dat hulle nie die risiko wil aanvaar omdat ek voortydig ingetrek het nie. Ek werk nou onder die bome en moet misdaad bekamp van onder ʼn boom. Ek dink dit is uitdagings.”

Hy het ook aan LP’s gesê strategieë word hersien wat veiligheidsverbeterings by polisiestasies landswyd betref.

Hy het gesê die polisie was in gesprek met die gemeenskap van Engcobo en die minister van polisie was ook by die gesprekke betrokke.

LP’s het ook gehoor die Mancoba Seven Angels-kerk, waar die Engcobo-verdagtes weggekruip het, is intussen toegemaak en die ondersoek duur voort. ʼn Taakspan van die polisie het sewe verdagtes doodgeskiet tydens ʼn oor-en-weer-skietery. Minstens 10 ander verdagtes is ook in hegtenis geneem.

Volgens die polisie is veiligheidsopgraderings reeds by die stasie ingestel en dit is uit die polisie se begroting gedoen, omdat die departement van openbare werke te lank sou sloer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johanna Botha

Veiligheid by stasie self maar op straat en eldes ….wat van daar ? ? …polisie is net USELESS !

marous

Bwahahha ! Huur privaat sekuriteit om julle op te pas genie raal…

LV

Nee nee Genl,jy het mos nie n kantoor nodig om jou werk te doen nie,gaan sit by n polisiestasie as dit nodig is. Tyd om uit die boks te dink. Kom klaar sonder lugversorging en leermeubels en fokus op misdaad.

kobus

Plase moet ge prioriseer word.die polisie moet net wakker word en ophou sit en slaap by die AK

Bossie

AMPER VERSTIK EK!!!! Afriforum laat weet asb die wêreld die Suid-Afrikaanse Polisie wil opgepas wees. Hulle is bang en vrees vir hul veiligheid! Jul hoef NIKS verder te doen nie. Enige iemand met ‘n brein behoort die afleiding te maak dat NIEMAND in die land meer veilig is nie. Selfs nie eens die Polisie nie. Burgemeesters se besittings bly in die slag en van hulle vlug vir hul lewe. Die gravy treintjie se wiele begin nou erg gly! Mede Suid-Afrikaners, alle rasse wat vasgebyt het, so trots op julle. Die einde is in sig. Saam sal ons hierdie landjie weer… Lees meer »