Verdagte in Ficksburg-boer se skietdood dán in hof

(Evan Sorour. Foto: Facebook)

Rudi Gericke (38), die man wat van die moord op Ficksburg-boer Evan Sorour (28) aangekla word, sal weer Donderdag in die landdroshof op dié dorp verskyn waar hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, het bevestig dat Gericke Dinsdag in dié hof in die Vrystaat verskyn het waar die saak na vandeesweek uitgestel is.

Maroela Media het vroeër berig dat Sorour op 8 Januarie vyf keer geskiet is en op pad hospitaal toe aan sy beserings beswyk het. Sorour se pa, Reuter, is erg aangerand.

Gericke is tydens die voorval in die heup gewond en was vir geruime tyd in die hospitaal voor hy in die hof kon verskyn.

Hy staan ook op ʼn afsonderlike klag van aanranding tereg. Dit is verlede jaar teen hom aanhangig gemaak nadat hy en ʼn vriend glo besoekers by die plaaslike gholfklub aangerand het.

Dié saak is ook Dinsdag aangehoor en is ook tot Donderdag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

Daars klaar soveel plaasmoorde met ‘n rasgebaseerde anti-wit motief, en hier loop doen een van ons eie mense dit nou ook nog. Skande!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.