Verligting vir kragverbruikers die naweek

(Foto: pixabay)

Beurtkrag word Vrydagaand om 21:00 vir die naweek opgeskort.

Volgens Eskom kon altesaam sewe opwekkingseenhede aan die netwerk gekoppel word en dus kan beurtkrag opgeskort word. Dié eenhede is by die Kendal-, Camden-, Grootvlei-, Majuba- en Matimba-kragstasie herstel.

Onbeplande instandhouding beteken dat 14 960 MW tans nie in die netwerk beskikbaar is nie, terwyl beplande instandhouding 3 345 MW van die netwerk verg.

Eskom vra egter dat Suid-Afrikaners steeds krag spaarsamig gebruik omdat die kragstelsel onvoorspelbaar is.

“Ons bedank almal vir hul geduld en begrip.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

casper ·

Begrip????
Ons verstaan nie hoe julle die kragsentrales so laat agteruit gaan het nie.
Ek het nou nog ‘n 1980 Chevy in beter toestand as wat hy uit die fabriek uit gekom het – en ja ek ry hom gereeld !!!

VaalDonkie ·

Is oukei, ek maak kos met gas, ek maak my badwater warm met gas, en my internet hardloop van sonkrag af. Eskom kan maar loop duik.

Blikke ·

Geduld en Begrip? Hahahaaa…..ons het nie regtig veel van n keuse nie, het ons?

Dup ·

Die “krag terroriste” sal nie ophou alvorens ESKOM toegemaak is nie.Die “spoor terroriste” het dit met PRASA reggekry en die res is reeds op hulle agenda……

Strandloper ·

Mmmm…tot more…waneer nog n gifappeltjie iets vreesliks tegnologies soos n ystersaag of swaarte krag ontdek…

quartus ·

Ja, ons moet die bietjie krag wat ons het spaarsamig gebruik. Ons moet kos net halfpad gaarmaak en krag wat ons nie gebruik nie erens stoor vir later.

casper ·

Ja se Eksdom – Moet asseblief nie ons produk gebruik nie !!

Willem Wikkelspies ·

Is dit VERLIGTING of eintlik ‘n slag NORMAAL? Is ons nie veronderstel om NIE krag onderbreking te hê nie? Moenie dit ‘n guns noem as julle ‘n slag NIE krag onderbrekings instel nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.