Vermeende rower sterf in Centurion-transitorooftog

Foto ter illustrasie. (Foto: Netcare 911/Twitter)

ʼn Man is Donderdagoggend dood toe hy tydens ʼn transitorooftog in Centurion geskiet is.

Volgens Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, was die oorledene glo een van die verdagtes wat ʼn transitovoertuig in Centurion, Gauteng, wou beroof.

Nooddienswerker is omstreeks 08:46 na die toneel ontbied en het drie gewonde mense op die grond aangetref.

“ʼn Verdagte het ernstige beserings opgedoen toe veiligheidswagte glo op hulle losgebrand het. Die ander man is op die toneel dood verklaar.”

ʼn Veiligheidswag het ʼn matige besering aan sy been opgedoen en paramedici het hom op die toneel behandel. Hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie was ook op die toneel en ondersoek die saak.

Maroela Media het ook navraag aan die polisie gerig en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Beslis, anders het hulle dit lankal gaan ingee by die polisie.

Heinrich ·

Goeie skoot, een ‘vermeende’ krimineel minder! Wens die veiligheidswag ‘n spoedige herstel toe.

Anoniem ·

En natuurlik is daardie wapens van die Skurke gelisensieerd.

Toy ·

Rowers kyk hopeloos te veel flieks. Kan ons almal net nie in vrede leef nie, mens is al so moeg en naar vir die misdaad in ons land.

Johan ·

Goeie foto van n trots SA, BXP, kort nog een v my versameling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.