Vermiste Vrystater dood in waterpan gevind

Bianca van Tonder (Foto: Facebook)

’n Vrou van Welkom in die Vrystaat se liggaam is die afgelope naweek in ’n waterpan gevind, kort nadat haar geliefdes haar as vermis aangemeld het.

Bianca van Tonder (31) se liggaam is Vrydag in die water van die Lakeview-pan in die omgewing van Welkom gevind. Sy was met ’n duvet bedek.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê Van Tonder is Donderdag vir die laaste keer lewend gesien toe haar ouers haar in haar wit Hyundai Atos sien ry het.

Hulle het egter onraad begin vermoed toe sy teen die aand nog nie teruggekeer het na haar ouerhuis in Naudesville nie en sy is Vrydagoggend as vermis aangemeld.

’n Soektog is van stapel gestuur en Van Tonder se motor is later wawyd oop  – met haar handsak en klere nog in die motor – nie vêr van die pan gevind nie.

Veewagters in die omgewing het die polisie meegedeel dat hulle die motor die vorige middag omstreeks 16:00 al daar sien staan het.

Van Tonder se liggaam is ná ’n soektog in die pan gevind.

Die oorsaak van dood is nie in die stadium bekend nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

trudie ·

Mooiste glimlag …… ai tog, sterkte aan die famielie ….

Misky ·

Sy was pragtig en lyk so spontaan. So hartseer en sterkte aan die familie. Laat mens dink aan Yolande se moord en nou hoor mens niks verder nie.

Casper ·

Hierdie was nie ‘n gewone moord nie.Hier is iemand betrokke wat welbekend is aan haar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.