Verpligte inenting moet ‘laaste uitweg’ wees – MRK

(Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die Menseregtekommissie (MRK) is van mening dat hoewel wetgewing wat Covid-19-inenting verpligtend maak waarskynlik grondwetlik sal wees, sodanige wetgewing as ʼn laaste uitweg ingespan moet word.

Die kommissie sê hy is boonop nie in dié stadium oortuig dat die regering reeds alles in sy vermoë gedoen het om mense oor die doeltreffendheid van entstowwe in te lig en hulle sodoende te oorreed om vrywillig teen die virus ingeënt te word nie.

“Aangesien die pandemie ʼn eksistensiële krisis is wat alle mense raak en betrekking op regte en verantwoordelikhede het, is dit hoogs waarskynlik dat ʼn algemene wet wat inenting verpligtend maak, nie ongrondwetlik sal wees nie,” het die MRK Maandag gesê.

Die kwessie oor of inenting vrywillig of verpligtend moet wees, het die afgelope paar maande groot debat veroorsaak.

Die regering het ook onlangs aangekondig dat inentingsertifikate – ʼn veilige en verifieerbare bewys van inenting – binnekort in Suid-Afrika beskikbaar sal wees.

Hierdie sertifikate sal onder meer gebruik word om te reis en toegang tot instansies en byeenkomste te verkry. Die stap is uit sommige oorde bestempel as ʼn subtiele manier om inentings af te dwing.

Die vraag op talle mense se lippe bly steeds of verpligte inentings grondwetlike menseregte sal skend.

Die MRK sê die Grondwet beskerm verskeie regte van die individu, waaronder die reg op gesondheid, die reg op lewe, die reg op vryheid en geloof, die reg op ʼn gesonde omgewing en die reg op vryheid en veiligheid. Dit sluit die reg op die veiligheid en beheer oor die individu se liggaam in, asook die reg om nie onderwerp te word aan mediese of wetenskaplike eksperimente sonder die betrokke individu se ingeligte toestemming nie.

Volgens die MRK kan die regte van die individu egter ingevolge artikel 36 van die Grondwet beperk word, soos in die geval waar die regering byvoorbeeld ʼn algemene toepassingswet aanvaar wat ʼn algemene verpligte inentingstelsel vir Covid-19 uiteensit. Dit sluit regte waarvan nie afgewyk kan word nie, onder meer die reg op lewe en menswaardigheid, uit

Dit kan ook gebeur in die geval waar die beperking op die regte van die individu redelik en geregverdig is in ʼn oop en demokratiese samelewing.

“Dit sal dus grondwetlik toelaatbaar wees om mense wat vir die inenting in aanmerking kom te verplig om die entstof te ontvang, mits dit in ooreenstemming met prosesse in die Grondwet gedoen word.”

Die MRK sê hoewel hy inenting teen Covid-19 ten volle ondersteun “aangesien die voordele duidelik swaarder as die nadele weeg”, hy steeds vrywillige inenting en onderrig oor die doeltreffendheid daarvan voorstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Margaret ·

Wat se nonsens. Dit is jou reg om behandeling of entstowwe te weier, of die regering nou n wet wysig of nie. Jou ligaam gehoort aan jou en niemand anders nie

Kenny ·

Net so het instansies dan die reg om jou toegang te weier. Dis absoluut jou keuse, maar moet dan nie verwag dat ander nie hul keuse gaan uitoefen om jou toegang te weier nie. Elke aksie het ‘n reaksie, en jy sal dan daarmee moet tevrede wees. Probleem is, meeste mense skree vir hul vryheid maar wil dan ander instansies verhoed om hul vryheid te beoefen nie.

Frank ·

Help my asb uit, ek mis iets erens, kon nog nooit agter die kap van die byl kom nie.
Wanneer jy inge-ent is kan jy steeds Covid kry en ander mense aansteek, reg? Die verskil, word beweer, is dat daar ‘n kleiner kans is dat JYSELF gaan sterf.
Met Covid onder lede egter, is jy steeds net so gevaar vir die man op straat as die onge-entes (wat terloops ‘n 99% herstel koers het agv van Genade en eie immuniteit).
Nou hoekom is die onge-entes ‘n gevaar vir die res van die mensdom sodat daar verpligte inenting afgedwing wil word? Altwee is mos ewe aansteeklik? Dis beslis nie net agv die onge-entes dat daar golf op golf kom nie. En nuwe mutasies ontwikkel in die ge-entes, GEEN REDE om in onge-entes te ontwikkel nie, hulle het mos nie “weerstand” nie?
Hoekom dinge oor-gekompliseerd maak wat eintlik eenvoudig is, of is ek oor-simplisties?
My lewe my keuse, nie waar nie?

Hendrik ·

Daar is niks fout met die logika nie en hoe op dees aarde kan die FDA ‘n entmiddel goedkeur met al die neweffekte en dan is die herstelsyfer van 99% in Amerika.

Josua ·

Amen!!! Jou liggaam is die tempel van God en dit is jou plig om hom op te pas met alles tot jou beskikking asook logiese denke en goed deurdinkte besluite, nou word mense gedwing om teen die reels in te gaan en dan kry jy wraggies mense wat dit goed praat wat n skande en n teken van onkunde en vrees!!!!

Snowball ·

Nog nooit tandarts toe nie? Of hospitaal toe vir ‘n bevalling, blindederm? Polio -inenting vir jou en jou kinders gehad? Tetanus inenting gehad? Bloedoortapping gehad? Dalk narkose gehad vir operasies? Wat van medikasie vir chroniese toestande? So pas jy mos ook jou liggaam op deur die mediese vooruitgang tot jou voordeel te gebruik. Is jy net teen Covid inenting (wat om een of ander rede jou tempel gaan skaad) of alle mediese hulp?

Jacob ·

Volgens ‘n artikel deur Dr Joseph Mercola in die NEXUS Tydskrif, word beweer dat die Covid 19 inspuitings 500 keer meer dodelik is as die seisoenale griepinspuiting. Enige persoon met meer inligting hieroor?

Syfers uit Brittanje se Yellow Card Scheme, VAERS in VSA en EudraVigilance in Europa toon aan dat die eksperimentele Covid 19 inentings meer mense doodgemaak het oor ‘n paar maande as wat 70 ander entstowwe tesame oor die vorige 30 jaar gedoen het. Ek sal graag meer inligting hieroor wil kry.

Dit is ook net billik dat indien daar verwag word om jou persoonlike mediese rekords aangaande Covid 19 te openbaar, dieselfde vereis moet word vir VIGS, TB, Herpes, ens.

john ·

dit is korrek ek het statistieke uit the UK gelees waar daar n surplus sterftes is nie van covid maar dit is almal vacinated mense maar dood wors nou toe geskryf aan hart en cardiovascular probleme

Karel Kobus Kruger ·

Sê julle vir my. En julle reken die regering beskikoor die vermoë om dit af te dwing. Soos wat hulle TV lisensies en e-tol afdwing. Mooi man.

Deon ·

Ek wonder hoe hulle dit gaan afdwing maar hulle het nie die finansies om dit aan te koop nie.

Thom ·

Wanneer die individu se keuses die groep benadeel moet individuele ” regte ” oorskrei word en om ‘n klomp kwaksalwers se twak te versprei is gemeenskaps-sabotasie ; ‘n 10 – jarige kind dink altyd dat hy beter weet as sy ouers maar dit is baie selde waar . Die ” anti-brigade ” dwing reherings om die beter besluite namens hulle te neem .

Charl Albertus ·

Ons het geveg vir ‘n Republiek, ‘n vry land en die vrye reg van elke persoon. Ons het geveg teen die onderdrukking van mense deur ‘n staat of koning. Ons is vry burgers wat net die knie voor God buig. Dit is wie ons voorouers was. Dit is wie ons is.
Ek sal jou reg tot eie opinie beskerm, al verskil daardie opinie van myne. Ek is nie ‘n tiran of diktator nie, ek is ‘n vry burger en ek sal vas staan vir my, en jou, regte.

piet ·

Jy is steeds onderworpe aan staatsgesag. met jou menslike regte en al.

casper ·

Los die mense wat nie wil inent nie — dit is hulle reg om dood te gaan !!!

Robert ·

Die hestelkoers is om en by 99%, lyk nie vir my baie gaan dood hiervan nie…

Robert ·

Hierdie is bewyse dat ons regte eintlik beperk word, daar behoort geen beperkende klosule te wees nie.

Piet parys ·

Mrk verander julle naam . Julle weet nie waarvoor julle eintlik moet staan nie . Julle interpiteer die mense regte kwessie net om die regering te pas. Soos ander sake wat bewys het Anc trek julle toutjies

Hardekwas ·

Menseregte is n euwel wat met wortel en tak uitgeroei moet word. Dit is hoekom die mensdom in die posisie is waarin ons onsself bevind.

Deon ·

Dink bietjie mooi wat jy hier kwyt raak… As jy nie mense regte het nie dan kan jy as n objek gesien word en daar kan met jou gemaal word soos wie ookal wil…. Sommige regte trek wel die dam onder die eend uit

Pieter ·

Het die MRK ooit gehoor van die Neuremberg Kode? Hul standpunt is ‘n kriminele oortreding en misdaad teen die mensdom.

Saartjievandiebosveld ·

Die inenting gaan nie vir die volgende wave help nie…ek het die eerste ”JAB’ gehad…covid gehad…gesond geword…so ek gaan nie die 2de een neem nie.

MakersMark ·

Trompie en die anti vaxxers kan maar aangaan soos hul will uiteindelik gaan regerings moeg raak vir alewige wegholinfeksies en konstante skade aan ekonomieë. En werkgewers sal aan die arbeidswet moet voldoen om vir alle werknemers ‘n veilige werkplek te skep. So meer en meer gaan dit ‘n vereiste word.

Stefaan ·

Wat is die verskil tussen een wat die jab gekry het en een wat dit nie gekry het nie?
Albei kan Covid kry en albei kan aansteek. Almal moet doodgaan een of ander tyd of dit covid is en of ‘n kas op jou kop val. Jy sal dit nie vryspring nie. Ek het ook covid gehad en was presies een dag in die bed.

Gerhard ·

Stefaan ek is bly dat jy net een dag in die bed was. Ongelukkig is nie almal so gelukkig nie.

As jy nie koes vir die kas wat op jou val nie en maar net aanvaar dat “ok hier kom dit nou my tyd is hier” dan is jou argument reg.

MakersMark ·

Vir die individu wat asimptomaties is of net een dag in die bed was of reeds CV19 gehad het geen probleem. Dit gaan verder as die individu, weghol infeksies is ‘n sosiale gesondheidsprobleem. Vir redes wat ons nou al met 3 golwe gesien het. So die inentings paspoort is op pad. Nie om jou siel aan die dier te verkoop nie maar om die wereld weer te laat terugkeer na normaal en ekonomiese groei te bewerkstellig.

lodewyk ·

As hulle op my prokereurs brief sal aanvaar dat hulle enige nagevolge sal dek en volle vetantwoordelikhied vat vir enige nuwe effekte,dan sal ek dit nog steeds nie oorweeg nie…

Snowball ·

Begrip waarvoor? Ek begryp mense is verward en vol vrees; almal is een of ander tyd so tydens pandemies, daarom is dit belangrik om feite te gebruik om besluite te neem en nie wolhaarstories wat kwakke opdis nie. Wat die merk aanbetref – lees wyer as Openbaring 13. Lees hoofstukke 7 en 14 ook. Gaan luister na e-kerk se verduideliking oor veral Openbaring – dis vertroostend. Gaan soek die waarheid.

john ·

Die grondwet word al weer gebuig en gerek om hulle te pas dit lyk of dit nie die papier werd is waar dit opgeskryf staan

john ·

Dit is nie die merk nie maar wel n voorloop om weerstand te toets

Hendrik ·

Iets anders gaan binnekort in wereld gebeur. Dit lyk my nie of die vulkaanuitbarsting die aandag van CV-19afgetrek het nie, ook nie die verkiesing nie, maar miskien gaan die oorlog in die Suid Sjinese see die ding doen.

Anel ·

Ek het geen begeerte om selfmoord te pleeg nie. Ons mediesefonds het vir al sy lede ‘n onbekende multivitamiene gestuur. Baie het dit laat toets nadat sekeres bewys het dat magnetedie pille aantrek. ‘n Apteker het vir my dieselfde pille onder ander naam op die rsk gewys en bevestig dat dit veilig is. Wel, ek is allergies vir die goed. Na ‘n maand se gedrink begin ek ‘n hoesie kry, wat net erger word. Soos stof permanent in die keel. Niks help nie, geen anti allergiese middels want ek het gedink sinus drup. Toe hou ek op die goed drink en na 2 dae is hoes al midder. Nou ‘n week latet geen hoes. Nou verwag die regeringek moet my laat inspuit deur iets wat ongetoets is en wasrvan ek nie weet wat daar in is nie. Jammer, sal my kans vat sonder enige van die goed. Het ‘n sterk imuunstelsel. Bewys my verkeerd!!!!

Francois Le Cochon ·

Anel, my dogter het vir my ‘n sekere mans reukweerder gegee. Na ‘n maand se gebruik het ek begin hoes, my neus het geloop, en ek het lyfseer gehad met bietjie koors. Ek het opgehou om die reukweerder te gebruik, en het toe na 4 dae herstel. Wat se logiese afleiding stel jy voor moet ek maak?

MakersMark ·

O hemel nog van die “magneet sameswerings”……oppas vir ‘n selfoon wat dalk aan die oor of vingers vasplak agv magnetiese pille of inentings.

Jacobus ·

Statistiek wat aangehaal word is eintlik niks seggend. Volgens die internasionale propoganda netwerk is die effektiwiteit van entstof tussen 60 en 80% . As dit nié immuniteit meebring nie kwalifiseer dit nié as entstof nie. Die vervaardigers het hierdie “cash cow” raakgesien en sal hom melk dat dit hop.

Thom ·

In die hospitale sien ons ‘n duideliker prentjie ; pasiënte wat volledig ingeënt was kom nooit op ventilators nie en dié wat hospitalisasie verg wat nié ingeënt was nie sterf ; die impak op die ekonomie wat die anti-brigade het is astronomies , alles onnodig en vermybaar .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.