Veterane vlugtig in hof oor gyseldrama

Die groep is vroeër op borgtog vrygelaat. (Skermgreep: eNCA/DSTv 403)

Die groep van 53 sogenaamde oorlogsveterane wat aangekeer is nadat hulle in Oktober verlede jaar die minister in die presidensie, Mondli Gungubele, sy eweknie by verdediging, Thandi Modise, en haar adjunk, Thabang Makwetla, by die St. George Hotel in Irene in Pretoria as gyselaars aangehou is, het Dinsdag vlugtig in die hof verskyn.

Die saak is uitgestel om die verdediging die kans te gun om voorleggings aan die nasionale direkteur van openbare vervolging te doen, sê Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Die inhoud van die dossier sal ook aan die beskuldigdes se regspan oorhandig word.

Die groep is vroeër reeds op borgtog van R500 vrygelaat. Hulle staan tans tereg op aanklagte van sameswering om te ontvoer, asook ontvoering.

Die beskuldigdes moet weer op 17 Mei, nadat ʼn besluit oor die voorleggings geneem is, in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die betrokke veterane het op die aand van die voorval daarop aangedring om met pres. Cyril Ramaphosa en adj.pres. David Mabuza te praat. Hulle het onder meer vergoeding en ander voordele van die regering vir hulle rol in die Suid-Afrikaanse vryheidstryd geëis.

Die polisie se taakmag moes egter ingryp nadat Gungubele, Modise en Makwetla as gyselaars geneem is en pogings om met die veterane te onderhandel, misluk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jaco ·

ANC veterane neem ANC-ministers gyselaar en word dan verhoor in ‘n hof wat deur die ANC-regering beheer word. So dis die ANC teen die ANC. Selfde met die hofsake teen Zuma. Selfde met ANC-beheerde munisipaliteite wat geld aan die ANC beheerde eskom skuld. Hoe dan nou? Sulke goed het NOOIT in die eenparty kommunistiese lande waar die ANC “in exile” was, het gebeur nie. Daardie lande was, terloops, ook sonder beurtkrag en klomp ander nonsens wat algemeen onder die ANC-regering is. Het die ANC dan NIKS daar geleer nie?

casper ·

Die oorlogs veterane ken nie eers die verskil tussen ‘n sneller en ‘n loop nie.
Saamryers op hulle beste !!

Misky ·

Oorlogsveterane in die vryheidstryd sê hulle. Meeste van daai ouens wat ons in beeldmateriaal gesien het, was nie eens gebore daai tyd nie

domheks ·

wonder oor die ouderdom van sekere “veterane” lyk vir my of party nog nie eers 20 jaar oud is nie. Seker in baarmoeder oorlog gemaak.

SomeOne ·

oorlogsveterane ?, in watter oorlog het hulle gedien ?
r500 borg vir sameswering tot ontvoering, ontvoering en gyselaars aanhouding, dis ‘n cheap land die !!!

Marius ·

Die doel van borgtog is net om die kriminele toe te laat om voort te gaan met hul kriminele bedrywighede. En hoekom is die borgtog so min ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.