Die VF Plus het Maandag gesê Franco de Lange, die party se raadslid vir Johannesburg, is kort voor die metro se eerste raadsvergadering gedreig dat sy vrou en kind sal “verdwyn” indien hy saam met die opposisie teen die ANC stem.
Anton Alberts, die VF Plus se leier in Gauteng, het in ʼn verklaring gesê De Lange het omstreeks 10:00 ‘n anonieme SMS-boodskap ontvang waarin hy gedreig is. Alberts het gesê De Lange is geskok en neem die dreigement ernstig op, maar sal hom nie laat intimideer nie. “Die VF Plus het ʼn leidende rol om te speel in die verandering en verbetering van die Johannesburgse metroraad en ons sal ons nie laat stuit deur enigiemand of enige party nie,” het hy gesê.
Volgens De Lange het die party ander opposisiepartye dadelik van die dreigement in kennis gestel en het hulle ʼn klag by die polisie ingedien.
Teen Maandag 18:00 was die Johannesburgse stadsraad se eerste sitting steeds aan die gang en was die nuwe burgemeester vir die metro nog nie verkies nie. Die DA se Vasco da Gama is vroeër as die nuwe speaker aangewys.
En geen leidraad of hy die een wat die dreigement geuiter het kan uitwys nie.
Ja-nee. Ek weet nie. Almal word tot satwordens toe geteister om te FICA en te RICA, maar mens hoor nooit van iemand onguurs wat daarmee aangekeer word nie. Met RICA is ‘n anonieme SMS mos nie moontlik nie? Of was dit ‘n buitelandse sel? Moet hulle nie ook RICA voor hulle hier netwerke kan gebruik nie?
Sies hulle is in staat om mense te laat verdwyn as jy nie vir hulle stem nie
Politieke onverdraagsaamheid maar almal skree demokrasie ,ek is seker dat sou die anc die nasionale verkiesing verloor sal hulle nooit die mag oorhandig nie
Koos, ek is bevrees jy is doodreg. Dit gaan lelik raak as die ANC die beheer moet prysgee.
Dan gaan die ANC weer “vryheidsvegters” word.
Jy is waarskynlik reg, Koos.
Dan moet ons daai hekkie ook maar oor.
Franco de Lange is nie ‘n ou wie hom laat intimideer nie, hy het dit al bewys, en VF+ baklei altyd terug, en de hel met wie wat dink of doen. Wat reg is, is reg!
Dit is net spekulasie maar dit kan ontaard in iets sood Zim. Die ANC is so maghonger en korrup dat hulle enige iets sal aanvang.
Dit moet dalk eerder wees “VF Plus-raadslid” of “VF+-raadslid” as “VF-Plus raadslid”. Die koppelteken is op die verkeerde plek. Dit was nog nooit VF-Plus nie.
Nou begin dit klink na ±VF.
Hoe lyk en werk n anonieme sms?
Goeie vraag. Dalk is dit van binne ‘n selfoon maatskappy se stelsels gestuur?
Dis nou tipiese optreede van n slapgat party soos die ANC. Dit bewys weer dat hulle net oor hulleself bekommerd is.
Maklik. In die townships word klaar sim kaarte uit gedeel wat klaar geRICA is. My kollega het nou die dag vir hom so een gekry. Splinter nuut. Op enige netwerk. Ek dink dis ‘n manier om getalle op te kry vir die netwerke. Hoe hulle dit daarmee weg kom weet ek nie.
‘n Lewe beteken vandag niks en alle tekens is daar dat hier nog in hierdie land bloed sal vloei.
Sit die 3d brille op,hier kom n vieslike ding.