Video: Beeldmateriaal wys omvang van skade aan parlement

(Foto: Kaapstad-metro se brand- en nooddienste)

Beeldmateriaal wat met hommeltuie geneem is, wys die omvang van die skade wat aan geboue in die parlementêre kompleks aangerig is nadat ʼn brand Sondag daar uitgebreek het.

Die dak van die parlementsgebou het Maandag laatmiddag weer vlamgevat nadat brandbestryders skynbaar vroeër die dag die brand in bedwang gebring het.

Kaapstad se brand-en-reddingsdienste het teen 17:15 bevestig dat die brand in die parlementêre gebou weer opgevlam het.

Die voorsittende beamptes van die parlement het intussen bevestig dat die deel wat die Nasionale Vergadering huisves heeltemal in die brand verwoes is. Die Nasionale Raad van Provinsies se gebou, die biblioteek en die museum is nie beskadig nie.

Verskeie ondersoeke is reeds begin en sal in volle swang wees sodra die hele gebou veilig verklaar is en aan die ondersoekspan oorhandig word.

’n Multidissiplinêre span professionele ingenieurs is ook aangestel om die oorsaak van brand, die omvang van die skade, die veiligheid van die gebou en die koste, sowel as tydlyne vir herstelwerk te bepaal.

Die 49-jarige verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die brand sal intussen vandag in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklagte van huisbraak en diefstal, brandstigting, asook oortredings wat verband hou met die Wet op Nasionale Sleutelpunte. Die verdagte is glo met vermoedelik gesteelde eiendom betrap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Samuel ·

Dit maak my uiters hartseer om te dink dat so ‘n belangrike nasionale sleutelpunt vernietig is. Weereens bewys van die traak-my-nie-agtige houding van die regering se kant. Hoe kon iemand deur die sekuriteitsstelsel kom as dit behoorlik gemonitor is? Wie het die verdagte by die hek laat inkom? Pla dit die Speaker van die parlement enigsins dat sy die bal laat val het?

Perdeby ·

Dit pla hulle glad nie, en al die waardevolle items het vir hulle geen waarde nie, so nee dit gaan die speaker nog minder pla. Die paleis in Londen het ook al gebrand, en groot skade aangerig. Sy sal die bal optel wanneer sy dit gekry het.

Alexander ·

Hartseer en ‘n belangrike NASIONALE sleutelpunt? Asof die gebou van vreemdes se oorheersing deel moet wees van ons toekoms. Dis eerder hartseer dat Afrikaners aan die parlementsgebou nog kan dink as ons gebou en hulle vir hierdie kommentaar gaan vervies.

annie ·

Is die pateet geplant om die ware skobbejakke se identiteit te beskerm? Vrae word reeds gevra oor die gelyktydige ontstaan van verskeie vure. Die groot vraag is: Wil die huidige regering die waarheid weet? En dít terwyl die Zondo-verslag ook op vlambare papier gedruk staan… swart op wit? En neffens die murasie is ‘n groot opstoker neef Tutu net ‘n paar dae gelede onder nederige fanfare, toegemessel.

Frikkels ·

Jy slaan die spyker op sy kop. Maar die regering wil nie die waarheid ken nie, hulle weet reeds wat die waarheid is. Hoe sal hulle nie weet as dit deur hulle betaalde terroriste gedoen is nie!

Kokerboom ·

Dis erg traumaties dat ons geskiedenis so min geag en verwoes word. Stel voor ALLE waardevolle items van geskiedkundige waarde word verwyder en in museum veilig gestoor. Versier mure dan met Afrika artifakte soos houtbeelde en beesvelle

Misky ·

Nou kan julle onder ‘n boom gaan sit of lê, dis mos wat julle wil hê. En sê dankie vir die aanhitsers en Zuma se dogter

Suzette ·

Wat ‘n duidelike uitbeelding van die toestand waarin hierdie land is…

Marius ·

Dit is verstommend hoe maklik die oortreder toegang tot een van ons mees belangrike sleutelpunte verkry het. Daar is geen erns rondom verantwoordelike regering nie. Almal doen net wat hul wil.

Bertie ·

Hulle kan nou ‘n sirkustent huur. Dit sal meer gepas wees vir al die narre.

casper ·

Die spul moet nou maar op pak en in Pretoria verder gaan niks doen !!

Johan ·

Jys verkeerd vriend, hul doen nie niks nie hul parasiteer op ons.

Treurwilger ·

‘n Mens se hart wil breek oor soveel tragiese verwoesting.
Die Parlement in die hartjie van Kaapstad! Ag nee, man.
Die historiese, karaktervolle Bloemfonteinse Stadsaal is wel herbou, maar nou slegs ‘n moderne namaaksel. Dit is nooit weer dieselfde nie. Hartverskeurend.

Tanniepetoors ·

Voorwaar die laagste punt tot dusver vanaf 1994. Die gebrek aan respek vir plekke en dinge van historiese belang is hartverskeurend. Daar is blykbaar net geen begrip by die huidige regering dat onderhoud en beveiliging van geboue belangriker is as BBP-beskerming van mense met oordrewe ego’s.

Hoekom ·

Ons regering dra geen waarde aan sulke dinge nie. Net die geld in hulle sakke…

Pietertjie ·

As ek reg onthou was die vorige hoof van Sekuriteit by die parlement afgedank so vier jaar gelede, onder verdagte omstandighede. ‘n Blanke vrou…

Jacobus ·

Daar is nie geld vir sekuriteit nie want die geld word spandeer om ministers by die huis op te pas wat slaap.

My siening ·

Ek wag vir ANC verskoning dat dit nie hulle skuld is nie, speaker het al klaar begin onskuldig pleit. Na 110 jaar het hulle nou alles vernietig!

Windhond ·

Dis n nasionale sleutel punt, en as sulks moes dit 24 uur bewaking gehad het, -Guy Fawkes was betrap toe hy hulle parlement probeer saboteur het en hy is die doodstraf opgele, hierdie perd sal seker n opgeskorte vonnis kry as hy ooit skuldig bevind word – dat n vakbond moes verkondig dat daar geen wagte was nie is betreurenswaardig, -koppe moet rol, want hierdie is nie net n geval van iets wat sommer net gebeur het nie, daar is te veel persone met agendas hier betrokke

Deon ·

Baie brande op onverwagte plekke, wonder waar die volgende brand gaan wees….. Die feit dat daar n sekuriteits “issue” is, is ‘n weerspieeling van die res van ons staats sekuriteits dienste

Johan ·

Eks jammer oor die verlies van die gebou. Slaan dit plat en dank die parlement af, dan kan ons SA weer begin herstel. In elkgeval net parasiete in die parlement.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.