Video: Groot knal, huise bewe van meteoor

Dit is bevestig dat ʼn meteoor die atmosfeer bo die Wes-Kaap binnegedring het en glo in die Helderberg-omgewing geval het.

Riana Steenekamp, woordvoerder van die Overstrand-munisipaliteit, het gesê die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap (Sansa) het bevestig dat ʼn meteoor die atmosfeer oor die Suidwes-Kaap binnegekom het. Volgens Steenekamp is die meteoor van “Kleinmond tot Gansbaai” gesien.

Sansa vermoed glo dit het in die Helderberg-omgewing geval. Dit is nog nie duidelik of die meteoor moontlik in stukke gebreek het voor dit neergestort het nie. Die sirenes van brandweerwaens kon in die Hermanus-omgewing gehoor word aangesien inwoners die brandweer ontbied het nadat hulle ʼn slag gehoor het en gedink het dit is dalk iets wat ʼn brand kon veroorsaak.

Hanlie Botha, ʼn inwoner van Vermont, het aan Maroela Media gesê hulle het ʼn wit lig gesien. “Die hele huis het gebewe en ons het gedog dis ʼn bom wat ontplof. Ons het opgespring en nie geweet wat gaan aan nie. Daar het ná die tyd ʼn swaelreuk in die lug gehang.”

Talle sosialemediagebruikers het intussen gesê die meteor kon oor groot gedeeltes van die Wes-Kaap gesien word.

Die Twitter-gebruiker @dave_apter het die video wat wys hoe die meteoor in ‘n swembad weerkaats op Twitter gedeel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Nico ·

Ek het self so 12 jaar terug in Pretoria so iets gesien. Jy skrik nogal jou asvaal as jy so iets sien!

Stormrider ·

Ek ook Nico! Ek was by Rigel afrit toe word dit skielik dag. Mens kon die wit wolke sien asof dit dag is! Ek het gedink Pta word ge-nuke!

Felix ·

Kom ons vertou die ANC neem dit ter harte en besef hul sal daarop moet verbeter om hul hul volgelinge te behou.

Stuiwer ·

Felix, as dit in die Wes-Kaap gebeur het, was die boodskap dalk moontlik op die DA gerig?

KP ·

Ek het dit gesien vanaf Century City in Kaapstad in n oostelike rigting. Dit het gelyk soos n groot seinfakkel wat vinnig na die grond geval het soos n ster wat verskied met 2 kort strepe rook agtermekaar agterna. Dit het omtrent so 20 minute oor 8 gebeur.

Wragtig ·

Ek het dit ook gesien by my vriende in Belville en gedink iemand het ‘n “flare” geskiet. Toe dink ek nogal hoe kan iemand so simpel wil wees na alles wat gebeur het.

Martin Etsebeth ·

20:17, groot ontploffing gewees, gehoor en skokgolf gevoel, aardig gewees

Melanie ·

Tjol man! Zim se president moes ‘n noodlanding kom maak. Sy volgelinge het op hulle lughawe ge toi-toi en hy het nerens gehad om te land nie.

Gordon Richardson ·

Die swaelreuk het seker in the lug gehang, nie in die lig nie!

Pinokio ·

Kan dit wees dat mens swael ruik na jy groot geskrik het?

Stormrider ·

@Pinokio, dis ‘n medies erkende feit dat mens vreemde reuke kan waarneem as jy groot geskrik het…..

Robert Zeelie ·

As dit die grond getref het dan word dit ñ meteoriet genoem.

Giada ·

Ons was besig om buite te braai (in Villiersdorp) en het dit gesien. Daar was ‘n baie lang stert wat vir lank in die lug sigbaar was.

Herman P ·

Wat se die kenners? As dit groot genoeg was en in die see geval het…….groot tsunami tot gevolg??

Yolandi ·

Hi almal, ek woon in Betties. Die sirenes wat gehoor was is agv n parade wat gehou wat s om die brandweer manne ens te groet en n ere parade. Dit was nie agv nood nie. ?

Jo-anne ·

My man en seun was in die tuin en het dit ook gesien (regs van Tesselaarsdal rigting na Hhermanus). Hulle het dadelik geweet wat dit was en sê dit was AWESOME om dit te sien. Ons het almal die slag gehoor, geklink soos donderweer voor die tyd.

Weet nie. ·

Ek en my seun het gister aand buite op die gras gesit. Hy het my geroep om die groot ster te sien wat val. Sy woorde. Dit was nog nie donker nie. En ons bly in porterville.

Erica ·

Ons het in Somerset-Wes by vriende gebraai toe ons om 20:15 die pragtige ?ster met stert aan oor ons sien beweeg. Dit was verskriklik mooi. 5 minute daarna om 20:20 het ons die slag gehoor. Dit was voorwaar ‘n belewenis om te sien!!!

Ons leefwêreld ·

Aan diegene wat whatapp rondstuur of versoek dat dit aangestuur word: wees asseblief uiters versigtig. Whatsapp’s is duisend keer meer gevaarlik as ‘n meteoor en kan ‘n groter ontploffing veroorsaak.

Volgende week is daar glo ‘n bloedmaan ook …

Phil ·

Ek was buite gewees daardie tyd, maar het niks gesien of gehoor nie.

Stormjaars ·

Ek het n vragment oor Pretoria gesien wat noord beweeg.

Gert ·

En daai knal! Ek moes dalk die klank afgesit het voor ek die W/A gestuur het, nou gaan ek eers in die moeilikheid wees, netnou stuur hulle dit vir Cyril aan, dan is die vet behoorlik in die vuur. en gaan hulle ons teiken wat skrik vir niks.

Anoniem ·

Hoe stuur ‘n mens die meteoor in die regte rigting…………….?

Veronica ·

Ruk trug n droom gehad waar iets soos groot stukke rotse uit lug val op Aarde …. mense wat weghardloop en skuiling soek en absolute gaos en skok beleef. . .

D e Wet ·

Die groot een kom nog. Lees Openbaring 8, veral vers 10 en 11.. (33/53 vertaling stel dit baie mooi)

Francois le Cochon ·

Openbaring is deur ‘n onbekende geskryf sowat 90 jaar na Christus. Die skrywer verwys na ‘n berg wat brand, wat uit die hemel kom en in die see val. In die jaar 90 het mense geen benul gehad van hemel liggame nie. Vandag weet ons dat ‘n hemel liggaam wat die aarde se atmosfeer binnedring, aan die brand sal slaan. ‘n Hemel liggaam die grootte van ‘n berg, sal die aarde so te se^ verwoes. Kan ons dan so arrogant wees om nie kennis te neem van die voorspellings in Openbaring nie?

Tokkie Hendrikse ·

Hmm ek het niks gese op f/b gisteraand,, maar ek en my vrou en n ander vrou het gesit en gesels toe ek die helder lig in n bol vorm deur die lug sien gaan,, ongelukkig agter n boom in maar dtoe gee dit n helder lig af,,(agter die boom),, wat my buurman se huis oorkant die straat helder blou verlig het,,
ek skrou nog,, kyk die snaakse lig toe is als verby,,
Bonnie Brae,, Kraaifontein,,

Pierre de Villiers ·

Ek het in 1971 so iets oor die ooskaap gesien. Dit was in die middag terwyl ons gholf gespeel het. Dit het gelyk soos ‘n waterdruppel. Baie mense het dit gedien.

Onnie ·

My vriend en sy vrou het dit vanaf vredendal gesien, hulle het nog gestry oor wat dit was

Dalene ·

Het dit so 20H15 gesien in Ceres…..het eers gedink dit is `n lug fakkel, maar dit was te vinning :-)

JPR ·

Is die woord nie ‘meteoriet’ nie? ‘n Meteoor is iets wat uitbrand voordat dit die aarde tref. As dit op die aarde land is dit ‘n meteoriet

Anja van der Merwe ·

Dagsê JPR,
Soos ons in die berig geskryf het, het die meteoor nie die aarde getref nie, maar in die lug ontplof. ’n Meteoor word eers ’n meteoriet wanneer dit op die grond val. In hierdie geval het die meteoor nie die grond getref nie.
Groetnis,
Anja
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.