Video: Leerders geskors ná vuiste klap

‘n Skermskoot uit die video.

Twee leerders, ʼn seun en ʼn meisie, van ʼn hoërskool in Centurion is geskors nadat ʼn video aan die lig gekom het van ʼn voorval toe die twee handgemeen geraak het.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê dié voorval het glo Vrydag tydens pouse by die Lyttelton Manor School gebeur.

Op die video wat versprei word, is die twee leerders reeds aan mekaar en slaan die seun die meisie met die vuis in die gesig terwyl sy verwoed probeer terugbaklei. Wanneer die twee tydens die skermutseling op die grond val, trek ander leerders die seun van die meisie af.

Mabona sê ʼn voorlopige ondersoek het aangedui die meisie het die bakleiery begin deur die seun aan te val, wat gevolglik terugbaklei het. Dit is toe dat die video geneem is.

“Albei leerders se ouers is na die skool ontbied om dissiplinêre stappe teen die leerders te bespreek. Die twee leerders is voorlopig geskors hangende die dissiplinêre verhoor wat op 24 Februarie sal plaasvind,” sê Mabona.

Die departement se psigososiale span is na die skool ontplooi om berading aan leerders wat hierdeur geraak is te verskaf.

“Swak dissipline kan nooit in ons skole geduld word nie. Ons doen ʼn beroep op al ons leerders om hulle van wangedrag by die skool te weerhou. Ons versoek ook ouers om die departement te help om dissipline toe te pas, binne en buite die klaskamer,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in die provinsie, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

Maniere ·

Van wanneer af is dit okay om aan ‘n meisie te slaan? Vandag se kinders het geen maniere nie…

Uhmmm ·

Maniere, ek glo ook dis verkeerd, maar kyk laat n dogtertjie my seuntjie klap sal hy terug voeter hys niemand se slaan sak nie, my kinders word reg geleer maar AS N MEISIE ? VROU haar hande vir n man lig moet sy maar haar man moet staan..

CN ·

Nee kyk Maniere, my kinders is geleer as jy uitdeel kan jy ontvang ook! Meisies is vinnig om in te klim met klappe en dan te verwag die outjies moet net stilstaan. Seker vir daai rede dat so baie mans deur hul vrouens mishandel word… Ek sou nou nie se slaan met die vuis nie maar sy verdien ‘n behoorlike klap as sy eerste handgemeen geraak het…

No ways ·

Wel blykbaar het sy eerste begin slaan …. en n “Vrou” wat n fight begin met haar vuiste is nie n Vrou nie

Mk ·

My ouma het my Geleer as jy Kan pak uitdeel soos n man moet jy dit Kan vat soos n man

Ai .. ·

As jy wil klappe uitdeel moet jy klappe terug verwag of jy nou man of vrou is. Moet se die dametjie is of baie braaf of baie dom in elk geval is dit n baie fyn lyn en dan is daar groot moeilikheid.

Meisiemens ·

Van wanneer af is dit okay vir ‘n meisie om aan ‘n seun te slaan?
Van wanneer af is dit enigsins reg om handgemeen te raak?

C.B ·

Nee ek weet nie waar julle groot geword het nie maar hier in die Vrystaat slaan jy nie aan n vrou nie.
Ek voel die seun kon haar weg stamp, stamp haar dat sy val of druk haar vas dat sy kalmeer. Hy sou met baie meer eer en respek weg gestap het as hy hom kon weerhou sonder om terug te slaan.

se iets ·

Hoekom moet daar n berader na die skool toe gestuur word? Dit is tog net geld mors

@CB ·

In Brakpan,Danville, Daspoort,Wolmer…Net waar jy ok al wil CB feite bly staan n meisie wat n seun aanrand soek vir moelikheid en sy gaan dit heel waarskynlik vinnig vind..

Molly ·

Wat op dees aarde! Ek is nou so geskok met die vuis en hy wurg haar. O Liewe Here geen my genade ek sal moord pleeg…… Nee wat ek haal nou my kind uit die skool uit en homeschool want met sulke gemors gaan ons nie meng nie

Se maar net 1 ·

Beste plan ooit. Die skole loop ‘n afdraende pad. Ouers moet verantwoordelikheid neem vir hul kindes se opvoeding. Niemand anders gaan nie en niemand anders gee om nie.
Homeschool, waar daar nig min politieke inmenging ook is.

Juffrou laaaang-asem... ·

“Leerders, weerhou julle van hierdie aggressiewe gedrag”, sê Lesufi.
Ons onderwysers sê dit ook. Elke dag. Duisend keer. Tot satwordens toe oor-en-oor-en-oor. Want ons mag net mooitjies praatjies met die kindertjies.
En hulle luister. NIE!

Bly ek is nie 'n juffrou nie ·

Ek haal my hoed af vir julle onnies in vandag se lewe!! Ons sien raak wat julle doen en deur wat julle gesit word!

Dis van beraders wil stuur om hulle sielietjies te sus ipv om helse pakslae te kry dat dit so gaan.
Plus as sy die baklei begin het dan moes sy mos geweet het sy gaan op haar hel kry. Ek praat dit geensins reg nie, maar die wat nou so geskok is kort ook ‘n paar klappe (en julle kinders ook, want dan sal hulle dalk respek leer!!)

Elize ·

Dis verskriklik!!! Ek kan my oe nie glo nie!!!! Dis regtig absurd!!!!! Ek wonder of die kinders weet wat is liefde.

Helien ·

Skaam my dood vir vandag se kinders. Wat gaan aan in die skole

Nooitgesien ·

Helien, is dit net vandag se kinders wat baklei en mekaar slaan? Ek het stories van oupa en pa gehoor wat maar baie soortgelyk was… Ek praat nie die gedrag goed nie, maar dis niks nuuts nie.

Dissipline begin by die huis ·

Helien – ek wil eerder weet wat gaan aan by die huise??

wraggies ·

Wanneer kan ons jou verskyning daar verwag Lesufi, of is hierdie nie die regte tipe voorval nie?

riaan ·

Jy bedoel daar is nie kinders met verskillende velkleure betrokke nie?

Piet Pompies ·

In ons ouerhuis is ons geleer dat ‘n man nie ‘n vrou slaan….. deesdae is daar katte met ratte!

Vryheid ·

Katte met ratte wat hulle gedra soos latte moet maar die houe vatte

NORM ·

Al wat my sou skok, is as enige opgevoede regsdenkende mens nog hieroor verbaas sou wees. Mens kan regtig niks anders verwag nie.

Nonsens ·

Mense het mekaar nog altyd geslaan. Ek sê nie dis reg nie, maar nie nuut nie. Selfoonopnames dien nou slegs as bewyse.

D B ·

Weereens, hoe is die video geneem? Met ‘n sefoon? Hier is ‘n groot gedeelte van die probleem. Ons het ook maar baklei, maar daar was nie videos daarvan nie, dus het ons die volgende dag weer saamgespeel en was “beraders” nie nodig nie. Is hierdie regtig so erg, of is dit nou omdat dit “op video” is? Was daar nie ‘n video nie, was daar heel moontlik niks bohaai nie. VERBAN SELFONE UIT SKOLE!

Elize C ·

D B , ek stem 100% saam. Die wie die video’s neem, is net so skuldig, en dit is maklik om te bepaal wie het oorspronklik die video geneem. In my tyd het die seuns mekaar dik getik pouses of na skool as daar ‘n meningsverskil was, en die volgende dag was hulle weer dik pelle, of het mekaar net eenvoudig geignoreer daarna as die verskil te groot was. Min het in die hoof se kantoor beland. Die ouers het maar net die blou oë of bloedneus/lip gesien, en dit afgemaak as deel van grootword. Meisies het mekaar aan die hare rondgeruk, en weereens: die volgende dag is als verby en vergete. Dis hoe ons geslag mekaar uitgesort het, en ons het nie voor die voet ontaard as aggressiewe volwassenes wat moor en doodslaan nie. Maar ja: ‘n seun sou nooit ‘n meisie met die vuis slaan nie, want daar was dissipline en respek geleer by die huis, teenoor mekaar, sowel as teenoor onderwysers of enigiemand in ‘n gesags-posisie. Selfs al het daardie persoon nie respek verdien nie, sou jy as kind nooit as te nimmer onbeskof teenoor hom optree nie, vergeet van daaraan dink om hom te lyf te gaan, soos nou alhoemeer gebeur, daarvoor was jy te goed opgevoed.

Jerry ·

Onaanvaarbaar dat die seun n meisie met die vuis slaan. Hy sal baie vinnig geleer moet word of anders moet n ander seun hom op sy plek sit. Ai die kinders van vandag regtig.

Dorpenaar ·

… wat het gebeur…? hoekom neem mense/kinders geweld af maar tree nie in nie.. help of kry help! is dit nie meer instink nie?

ELIZE ·

in die 70 & 80’s het ons ook mekaar “getik” maar ons het dit net daar uitgesorteer en die volgende dag het almal weer lekker saam gespeel, geen video’s nie, vat net alle sel fone weg van die kids af, kry n toesluit kas en sluit dit toe of verbied total en al die kjinders se sel fone op skool gronde

Ekke ·

Dankbaar dis nie ‘n rasse geval nie….Deesdae se kinders het geen maniere en respek

JohanL ·

Dit is ‘n rasgeval – hulle is van dieselfde ras :) LOL

Meer ernstig – dalk is dit ‘n rassevoorval. Wie weet? Zulu vs Xhosa. Pedi vs Venda? Ensovoorts. Ons sien rasvoorval as dit mense van verskillende velkleure is. Ras strek verder as net velkleur. So ons weet eintlik nie of dit was of nie was nie?

HD ·

In ons skooldae, het hierdie goed ook agter die tydelike klasse gebeur, maar nie meisie en seun teen mekaar nie, en more het almal vergeet daarvan en glad nie oor die blou oog uitgevra nie. Maar dis nogsteeds baie verkeerd om verskille so te probeer oplos.

ChrisE ·

Hoe dan nou mense. Wat is fout daarmee. Almal is mos gelyk. Daar is mos nie meer verskil tussen mans en vrouens nie. Almal moet gelyk wees. So as ‘n vroumens kom karring aan ‘n man of omgekeerd wat staan jou te doen? Ek het jare terug ‘n “vriendin” gehad wat my een keer fisies aangeval het. Ek het haar mooi laat verstaan dit was die eerste keer en die laaste keer. Indien sy weer so iets wil waag sal sy die gevolge moet dra. Ek het ook nie lank daarna van haar ontslae geraak nie.

JO-lali ·

Respek begin by huis, kinders sien wat ouers doen dan doen hulle dieselfde, ek weet van ouers veral mans wat gesê het ń vrou is net daar om na mans te luister, anders klap hulle reg. Dit is absoluut verkeerd dat kinders so aggressief optree.
Dis ouers se plig om maniere en respek te leer.

Gert J ·

Duidelik wys dit watse opvoeding die kinders by hulle huise kry. Heel moontlik is dit 2 rebbeltjies???? Vandag se mense dink mos hulle kan alles met geweld regmaak. Reg gee die ouers berading en laat hulle die beraders betaal nie ons taxes nie.

Sue ·

Let wel – dissipline by die huis kan 100% wees. Die probleem le nie altyd daar nie – ek het n seun van 9….. wie se oupa en stief ouma hom vertel het – as ek hom pakslae gee is dit kindermishandeling…… hoe kan ek dan tugting toepas…… nou vat ons maar die foon saam as dit pakslae tyd is en ek sit sommer klaar 10111 op die bel lys ….. as hy wil bel is hy welkom….. sal dalk ook sommer die poliesieman tugtig as hy my seun se kant vat….
Weereens invloed van ander (kinders en grootmense) is somtyds die rede vir sulke gedrag.

VanAfrika ·

@Sue ek het eendag met n staats aanklaer gepraat oor kinders en lyfstraf. Die staat aanklaer het vir my gesê daar is lyfstraf en daar in mishandeling. As n kind by die owerhede kla oor lyfstraf by die huis sal eers ondersoek ingestel word of die kind wel mishandel word en of dit net tugtiging was. Daar sal verstaan word of n kind regtig n raps op die agterent nodig gehad het. Kinders gaan nie altyd wegkom met mishandeling nie. sê maar vir oupa en stiefouma hulle moet hul neuse uit jou moederlike pligte uithou.
My seun het ook eendag vir my gesê toe sy agterent slae kry, dat hy my hof toe gaan vat oor ek hom slaan. Ek haal toe n tas uit die kas en begin al sy klere pak. Hy vra my wat doen ek. Ek sê toe vir hom ek gaan hom na die aanklaer toe vat met tas en al en vir die aanklaer sê as hy of sy n beter job as ek kan doen moet hy of sy my seun dan maar grootmaak. Dit was die laaste van die dreigement.

Penellope Jones ·

Daar blyk min of geen verdraagsaamheid en respek te wees deesdae.
Om videos te neem van wat ookal blyk ook ‘n “stokperdjie” te wees . . . .

Dink weer ·

Om gewelddadig te wees is nie reg nie, maar niks nuuts nie. Die mense wat so aangaan oor dis tekens van die eindtye en ‘vandag se kinders’ het seker nooit ‘n skoolgeveg in hulle ‘dae’ gesien nie. Al verskil is dat die voorval opgeneem was. Daar is vandag meer as 50 mense in Suid-Afrika vermoor – hierdie video is niks in vergelyking!

Marinda ·

I find myself wondering: what he did to her in order for her to start the fight. Always two sides to a story.

Eddy ·

Ek sê lankal n skool is nie meer n plek van opvoeding nie,maar wel n plek van opfoetering.Die regering het mos gebed uit die skole gehaal.Dis waarom daar sulke goed gebeur op skool.

tessa ·

Rêrig Eddy. Ek het my kind by die huis leer bid. Die skool is daar op hulle akademies op te voed. Skole het sekere verantwoordelikhede, wat nie altyd nagekom word nie, en daarvoor moet hulle verantwoording doen. Maar gebed is nie een daarvan nie. Dis MY plig om my kind te leer bid.

George ·

Julle wat die meisie so beskerm……as jy ‘n meisie is dan gedra jy jou ook soos een!

Johan ·

My 2 seuns sal hulle hande Vir n vrou lig,dit sal hul laaste lig wees.Maak Nie saak Nie,vat jou klap en stap weg, daar sal met haar gal gewerk word.

Willie ·

Stem, Hou jou hande van n meisie af….Punt. Indien die meisie haar soos n seuntjie wil gedra, moet sy dan soos n seuntjie hanteer word… Punt.

Cecilia ·

Al hierdie gedrag wat ons deesdae sien is ‘n direkte gevolg van ouers, skole, gemeenskappe en regerings wat besluit het dat goeie disipline slegs met woorde kan gebeur. Bring lyfstraf terug – probleem opgelos.

Tanya ·

Kom ek verstel julle iets.Jy kry nie slegte kinders nie maar slegte ouers.My seun sal nooit hulle hande op tel vir n vrou (meiskind) nie.Kinders het geen respek vir ander nie.

Natascha ·

Tanya ek stem,. opvoeding en haat begin by die huis. Ons as ouers moet ons kinders die regte waardes en respek aan leer.
Mens word n ie gebore met die soort aggresie, maar jy leer dit aan.

James ·

Welkom by nuwe SA waar lyfstraf verbsn is en die resultaat in video sien. Viva ANC

James ·

Onthou asb die trauma behandeling asb. Dink ek het dit ook nodig na die video. Lyfstraf mos weg en dis die resultaat

Vandag ·

Vandag het ‘n grondslagfase leerder my vriendin met ‘n stoel gegooi. Die leerder se huiswerk was nie gedoen nie, en die gevolg is hy moet pouse in die klas bly en die huiswerk doen. Sy is gevloek en aangerand deur ‘n kind van 10. Res van die klas, 37 leerders, se huiswerk is gedoen, maar die kind dink hy het nie nodig om huiswerk te doen nie. Sy woorde: “Jou en die skool se p……….!” Ek is dankbaar dat ek nie ‘n onderwyser is nie.

Mariana ·

Hooligans. Kinders is buite beheer. Geen respek, geen dissipline en dit gaan oral so. Seker nog erger by hul huise. Regering het ouers sê regte om kinders vas te vat weggeneem en kinders regte gegee, regte om hulle swak te gedra. Regte om aan te rand. Hoe moet ouers hul kinders reg leer wonder om af en toe ‘n goeie pakslae uit te deel. Nie aanrand nie, pakslae. Goeie pakslae op sy tyd het nog nooit skade gedoen nie.

jaco ·

onderwysers mag nie lyfstraf toepas nie, maar leerders pas dit op mekaar toe.
hiers my oplossing: onderwysers kan leerders werf wat dan namens die onderwysers al die probleemleerders lyfstraf kan gee.

Alida ·

Snaaks Lesufi het nie weer sy vos perd opgesaal nie. Daar is mos nie n blanke betrokke nie. Nar

Juffrou ·

Min van vandag se laerskoolkinders het nog nie n sielkundige, psigiater, berader of minstebs n spelterapeut besoek nie. Ek het tydens my laerskooljare nie eers geweet wat die betekenis van sodanige woorde was nie.
Ek sien deesdae 9 uit 10 nuwe ingeskrewe leerders se ouers is geskei. Dan moet ma of pa n nuwe woonplek kry en Boet of Sus moet maar eenvoudig hul bekende omgewing los en by nuwe skool begin … waar hulle weer berading moet ontvang om te help met aanpassing … en dan kla die kind hy/sy word “geboelie” omdat hy/sy nuut is (al is dit doodgewoon net deel van aanpassingsproses en verliese agv egskeiding. Al is hierdie net n voorbeeld, kan ek julle verseker ons werk daagliks hiermee. Ek kry die kinders werklikwaar sooooo jammer.

Marius ·

Dit is hoekom ek my kind met ‘n tyre en kannetjie petrol skool toe stuur. Nie om die skool mee af te brand nie, is vir selfbeskerming. Die ander kinders kom nie naby my kind nie.

Edd ·

Ek sien net een houe gooi. Die meissie reageer net op die houe. Hou op die met skool kinders in die algemeen vergelyk. Ekt nie een keer in my vyf jaar op hoërskool of tydens die tyd wat ek nog steeds daar betroke is gesien hoe ‘n seun ‘n meissie te lywe gan nie. Ek sou meer sê maar vryheid van spraak is nou nie so vry nie.

Jan ·

Die voorval is nie buitengewoon nie, dit gebeur gereeld. Moet nie net na die skool vingerwys nie. In elkgeval, dit is100 maal erger in sekere Europese lande, VSA en Oosterse lande.
Die probleem is die liberalisme en liberale regerings waar die ouers verbied word om die “arme bloedjies” op die regte pad te hou. PUNT

Sinies ·

Lesufi se dissipline-lose kinders.
.
Ek kry die onderwysers jammer.

Landi ·

Lesufi leer nie kinders van disipline nie. Onderwysers ook nie.

Die hondsleg ouers ook nie. Arme kinders.

Dina ·

Dis dan die voorbeeld wat die samelewing vir hulle stel. Kinders leef voorbeeld na.

Theresa ·

As jy soek vir moeilikheid sal jy dit kry. Die seun kan ook nie net stilstaan sodat die meisie kom kan slaan nie. Swak opvoeding, Geen dissipline. Dis hoogtyd dat dissipline toegepas word by die skole. Die feit dat hulle nie meer gefoeter mag word nie is die spyker in die doodskis. By die huise is GEEN opvoeding nie en GEEN respek nie. Hoe verwag julle moet daar dissipline en respek by die skole en teenoor mekaar wees??!!

Natascha ·

Snaak hoe dinge deesdae versprei. Vat weg die verdomde sel fone uit die skool en werksplekke. Maar dit is reg dat hul geskors is. Die soort gedrag hoort nie in ons skole nie.

Bekommerd ·

Sjoe…dit is darem n groot skande dat n seun n meisie so moet behandel en slaan. Waar is die respek vir ons dogters???? waar gaan dit heen as dit so aa gaan. Al is die argumente hoe sterk teen jou, draai jy om en loop weg. Geen verskoning vir jou…jys nie werd om n seun/man genoem te word nie. Sies!!!!

ZENO ·

As `n meisiekind eerste slaan, dan moet sy die pak vat. Ek het my kinders so geleer.

Neilia ·

Ek verstom my oor die Antwoord, as my seuntjie geklap word moet sy maar weet hy sal terug klap. Liewe Mamma hoekom het daai dogter tot uiterste gegaan? Want daai seun het Tien teen een haar uitgelok. En as dit my seuntjie was het sy agterent vir weke gebrand. Maak Nie saak Wie het Eerste geklap Nie , nog nooit was dit reg vir n seun of n man om sy hande vir n vrou te lig Nie. Skaam my waar julle waardeer.

Ai tog ·

Wat by die huis gesien en gehoor word is wat oorkook by die kinders. Hierdie mense wil mos alles met geweld reg maak.

fanie ·

Die punt is net n man slaan nie aan n vrou nie uit en gedaan daar is ander maniere wat gevolg kan word in so n geval daar is nie slaanplek aan n vrou nie

Ruan ·

Ek het nou nie al die kommentare gelees nie. Kyk ek en een van my vriende het eendag by die skool baklei. Ons was beste vriende gewees. Ons het sewe soorte hel uit mekaar gewetter en daai naweek weer by mekaar oorgeslaap. Geen berader moes skool toe kom nie. Shame kindertjies van vandag het maar sagte hartjies. Ek en my vriend het uitmekaar gedruif toe ons getrek het. Geen sosiale media om vriendskap te behou nie. Ek roep al die gebeure BS en dat als die ouers se skuld is wat nie dissipline kan handhaaf by die huise nie. Dis tog waar alles begin. Leer jou kinders van kleins af.

HESTER NEL ·

Die beste sal wees bring lyfstraf terug na die skole en ja as jy kan uitdeel moet jy dit kan hanteer om terug te kry. Dalk is dit wat gebeur in die dogter se huis Ma deel die pakslae uit wanneer Pa dit nodig het. Met die seun Ma word seker met tye verwurg deur Pa. Die hartseer saak is dat dit soos ‘n bose kringloop kan word waar dit eendag so gaan wees in hul eie huise.

Nou word hulle geskors en dan word hul op die einde net ‘n waarskuwing gegee, gee hul eerder ‘n baie goeie loesing op die boude en laat hul gaan sit elk in ‘n hoekie vir twee ure en dink oor hoekom hul ‘n loesing gekry het en hoekom hul nou in die hoekie moet sit.

Groen Ertjie ·

Ag asseblief – kinders baklei al vandat ek skool begin het – 1968 – niks ongewoon nie

Lizzy ·

Ordentlike opvoeding begin by die huis! Kriminele mag roof en moor maar ons mag nie meer ons kinders tugtig vir swak gedrag nie. Dit is danksy ons fantastiese regering wat veroorsaak en toelaat dat ons kinders van vandag so hand uitruk.

Willie ·

Joh…mens slaan nie n vrou nie…maak nie saak wat die omstandighede nie…dit is baie swak… Ek stem ook dat hulle gedrag onvan pas is… vandag se kinders is uit beheer, en daar is geen discipline nie… Ek is bly my kinders is groot, en ek hoef nie met sulke twak te deel nie

Katryn ·

My seun was in graad een deur n dogter wat twee jaar in graad een was geslaan dan loop hy weg wnt seuns slaan nie meisies nie dan se sy hy is n sussie bang vir haar toe se ek eendag klap haar terug dit was laaste van boelie se slanery. Het nie gehelp om by skool te kla nie. Want mamma was op skool raad

Joel ·

Ek het klagtes gaan le teen my kind se boelies, laat pappa en mamma vir jar lank betaal, daai boelies moet maar lekker droom van universiteit, want hul ouers gaan nie dit meerkan bekostig nie. Skielik is die bullies “jammer oom, asb moenie oom” nee lekker rekord met aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer, emotionele trauma en hospitaal kostes. Daai 3 latte gaan nog n harde lewe he.

Blue Butterfly ·

Tong in die kies: “Kasty die wat jy lief het en die wat jy haat sal ook bars”.

Generasie X Y Z ·

Ek is verstom om te lees hoe ouers sê as hulle seuntjies geklap word mag hy maar n vrou terug klap. Niemand moet niemand klap nie maar die Bybel sê: Matthew 5:38-39 You have heard that it was said, An eye for an eye and a tooth for a tooth. But I tell you not to resist an evildoer. On the contrary, whoever slaps you on the right cheek, turn the other to him as well.
Stap weg, wees die beter mens. Julle leer julle kinders verkeerd.

Charlene ·

Net so, Generasie XYZ. As jy eendag ‘n man wil wees, ‘n ware man, wat respek afdwing, dan sorteer jy nie konflik or argumente met jou vuiste uit nie. En veral nie teenoor ‘n vrou nie. Ware mans doen dit net nie. ‘n Vrou moet beslis ook nie haar hande vir enigiemand lig nie, niemand behoort te probeer argumente met geweld uitsorteer nie. Wat het van redeneer en van respek en sulke dinge geword?

Lorinda Gerber ·

Ons bly naby diè betrokke skool. Op die hoek is daar `n klein winkelsentrumpie. In die middae na skool kan mens nie soontoe gaan nie, want die hele parkeer-area wemel van die kinders. Dit rook, vloek en skree ten hemele. Mees ongeskikste klomp wat ek al ooit gesien het

akker ·

Dit my liewe landgenote, is gedekoloniseerde onderwys op sy beste.

Geskok ·

Die probleem is verseker die ouerhuise, hier erken meeste julle leer julle kinders slaan. Erger nog, julle praat dit goed om meisies te slaan. My seun mag nie eers terugslaan as ‘n seun hom aanvat nie, laat staan ‘n meisie. En meisies het hom al geslaan en hy stap weg en soek beter geselskap. En hy is in ‘n seunsskool waar hulle mekaar daagliks wil foeter, maar hulle doen nie, want aggressie is nie die regte manier om dinge te hanteer nie. Wel, hy het nog nie sover nie, kom ons bid dat dit so bly. Daai seun rand die meisie verskriklik aan en sy het hom, na bewering, net geklap. Hoe op aarde is dit reg? Beide kinders moet gedissiplineer word en as dit my dogter was, het ek gesorg dat sy ‘n klag van aanranding lê teen die seun.

@Geskok ·

Jy praat dit goed dat die meisie hom slegs geklap het. Sies man. Dis aanranding in die wetlike reg. As sy haar handtjies vir haar self gehou het sou hierdie voorval nie gebeur het nie. Gelukkig maak ek my kinders groot om op te staan teen boelies. In hierdie week het ‘n 13 jarige meisie haar eie lewe geneem oor geboeliery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.