Video: Nuwe beeldmateriaal oor Myeni-skietdood uitgereik

Lindani en Lindsay Myeni op hulle troudag. (Foto: Facebook)

Nuwe beeldmateriaal kan nou lig werp op die omstrede skietdood van die Suid-Afrikaner Lindani Myeni wat vroeër vanjaar deur Hawaiiese polisie doodgeskiet is.

Dié beeldmateriaal, wat onder meer deur Honolulu Star Advertiser en Hawaii News Now gepubliseer is, strook oënskynlik met die familie se vermoede dat Myeni moontlik na ’n tempel op soek was toe hy per ongeluk by die verkeerde huis ingestap het.

Daar kan in die nuwe beeldmateriaal duidelik gehoor word hoe ’n kalm Myeni herhaaldelik “jammer” sê voordat hy uitstap, sy skoene aantrek en na sy kar loop.

Polisie het kort daarna opgedaag terwyl die vrou wat hulle na die huis ontbied het histeries gil en na Myeni se kar wys.

Daar kan gesien word hoe Myeni na polisiebeamptes aangestap kom en hoe hulle hom beveel om op die grond te gaan lê terwyl hul vuurwapens op hom gerig is.

Myeni, wat in die video duidelik aan polisiebeamptes vra wie hulle is, is sekondes later in wat soos ’n struweling lyk deur polisiebeamptes met ʼn skokgeweer bedwing en toe geskiet.

Daar kan ook gehoor word hoe die polisie hulself eers identifiseer nadat die skote afgevuur is.

Maroela Media het berig die voormalige KwaZulu-Natalse rugbyspeler is op Woensdag 14 April deur polisie in Honolulu doodgeskiet nadat ’n konfrontasie tussen dié partye ontstaan het. Die polisie het op ’n 911-oproep gereageer waarin ’n vrou beweer het dat Myeni by dié huis probeer inbreek het.

’n Klag van onregmatige dood is sedertdien deur Myeni se vrou, Lindsay, teen die Honolulu-polisie aanhangig gemaak en die polisie is versoek om die volledige beeldmateriaal van die voorval beskikbaar te stel. Die familie se regspan het ook versoek dat Myeni se foon deur die polisie terugbesorg word, wat glo nog nie gedoen is nie.

Aanvanklike beeldmateriaal wys slegs die konfrontasie tussen Myeni en polisiebeamptes, maar skets nie ’n volledige prentjie van wat voor dit gebeur het nie. Boonop voer die familie aan polisiebeamptes het nagelaat om hulself te identifiseer vóórdat hulle op hom losgebrand het. Die polisie se verweer is dat hulle hulself teen Myeni, wat hulle met sy vuiste bygedam het, verdedig het.

Justin Anderson, Myeni se swaer, het vroeër aan Maroela Media gesê die familie vermoed Myeni was op soek na ’n tempel – wat reg langs dié huis geleë is. In die video kan gesien word hoe Myeni sy skoene uittrek voordat hy die huis, kort op die hakke van twee ander persone, binnegaan.

Dít, sê die familie, strook met iemand wat beplan om ’n tempel binne te gaan.

Luidens die jongste inskrywing op Lindsay se Facebook-blad bewys die volledige beeldmateriaal haar man se onskuld. Sy het ook ’n skakel na die blad Justice for Lindani gedeel waar dié video gesien kan word.

“Ons het almal geweet jy is onskuldig. ’n Sinnelose moord deur polisie.”

Die familie se regspan het ook vroeër gesê dat dié huis nie ’n private woning is nie, maar verblyf aan die publiek bied en op Airbnb en Instagram as sodanig geadverteer word. Die ingang na die huis lyk glo ook baie soos dié van die tempel.

Volgens Lindsay het haar man ’n entjie gaan ry om sy “kop skoon te maak” en glo hulle dat Myeni se selfoondata verdere antwoorde op vrae sal bied oor waarom hy homself hier bevind het.

Myeni se oorskot is ’n paar weke na sy dood met behulp van die Suid-Afrikaanse regering na Suid-Afrika teruggebring en hy is verlede maand in Empangeni in KwaZulu-Natal begrawe. Sy vrou en twee jong kinders het nog nie na Hawaii teruggekeer nie.

Die ondersoek duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

104 Kommentare

maakniesaaknie ·

Het jy ooit die twede video gekyk? Dis moord, oor die polisie te trigger happy was oor ‘n mal Chinese antie hulle vertel van die monster swart man van Suid-Afrika wat inbreek.

Keelvol ·

Estie, ek het dit gekyk. Hy het nie gehoor gegee nie. Die polisie was nie trigger happy nie. Wat het hy in die eerste plek so laat in die aand daar gesoek sonder sy vrou?

piet ·

Hy kan mos gaan waar hy wil sonder sy vrou. Hou jou vrou die heeltyd jou hand vas en lei jou rond soos ‘n lammetjie?

MakersMark ·

Dalk wou hy net gou die huis se TV stel sien om te kyk hoe ver die Bulle die WP klop…….

Francois Le Cochon ·

Johan, die polisie het hulself eers identifiseer nadat hulle hom doodgeskiet het. Op die video kan duidelikm gehoor word hy vra “who are you”. Hoekom moes hy gehoor gegee het aan onbekende persone met vuurwapens.

Keelvol ·

Polisie uniforms , Polisie kar. Daar was ligte. Jy kon duidelik hulle uniforms sien.

Gert ·

Nee ek sal ook baklei as 3 mans my sonder om hulle eers te identifiseer begin tazer in die donker waar jy nie hulle uniforms kan sien nie.

Keelvol ·

@ Gert hy het die gemerkte polisie kar gesien? Of het hy hom net blind gehou?

Keelvol ·

Wat het hy so laat in die aand daar sonder sy vrou gesoek? Hoekom sou die polisie hom sommer net skiet?

piet ·

@Johan – Wat het sy vrou met die ding te doen? VSA polisie skiet gou omdat hulle trigger happy is. Gebeur gereeld, hulle dink hulle is cowboys.

Keelvol ·

@ piet jy het die kat aan die stert beet. Baie van hulle polisiemanne word tydens die aftrek van n voertuig geskiet. Die man het hulle uniforms gesien. Hy het die polisie voertuig gesien. Die Chinese vrou glo ek het rede tot kommer gehad.

Hansie ·

Johan, hy het ‘n tempel besoek wat langsaan was. Ek dink dit was die 1ste keer dat hy die tempel besoek het. Toe stap hy net agter die mense aan in die huis.

Keelvol ·

@Hansie, hy kon nie sien dat dit n huis is nie? Ag komaan.

Lourens CFG ·

Onthou, toe die polisieman hom herhaaldelik gesê het, “Get on the ground”, was sy reaksie om die polisieman en nog een aan te val. Die derde een het hom geskiet. Ek dink twee van die polisiemanne was hospitaal toe.
Jy kan duidelik hoor hoe die polisielid “Huh” , en kreun toe hy getref is.

Keelvol ·

@ Ilze, nonsens. Die man het hom verset teen die arrestasie. Hoekom? Hy kon net sy samewerkering gegee het en die “misverstand” verduidelik het.

piet ·

Jy kan nie vir daai polisie iets se of verduidelik nie. Jy moet stilbly en op jou maag le anders skiet hulle jou.

Johan ·

Lyk v my baie deurmekaar, Johan. Glo ook nie hul sou hom net v geen rede skiet nie, wat sou hul motief wees? Verseker word baie VSA polisie geskiet, so hul is oor die algemeen baie versigtig.

piet ·

Hulle het nogal ‘n track record om veral swartmense af te maai. Daar was al hoeveel gevalle.

MakersMark ·

Meeste geweldadige aanvalle in Amerika word deur ‘n klein minderheid etniese groep gepleeg, tot 75%. Gaan kyk die syfers dis nie ek wat so sê nie. Tough maar waar……

piet ·

Back jou stelling op met skakels. Dis nie die informasie wat ek gesien het nie. Wat beteken tot 75%? Gee die regte syfers.

piet ·

Daai duime is alweer deurgesuig. Siende dat ons nooit die korrekte syfers uit jou sal kry nie sal ek jou weer moet reghelp. Syfers vrygestel deur FBI in 2017: Alle geweldsmisdade – Wit oortreders 60%, Swart (African Black) 27% ; Arrestasies vir alle misdade – Wit 70%, Anderskleuriges 30%. “n Swartman het bykans ‘n 3 – keer groter kans om doodgeskiet te word deur die cowboys tydens arrestasie.

MakersMark ·

Totale “african american” populasie in die VSA 44 m. Of 14% van 300m totale populasie. Die mans onder die spesifieke populasie groep is 21 m of 7% van die totale populasie. Wat die probleem is is dat 40% van alle gewelds misdade word deur 7% van die populasie gepleeg word. Dis hoekom die kans dat die 7% geskiet word soveel groter is. En viola dis die syfers, tough maar waar.

piet ·

27% (van die 40%) deur African Americans as dit die uitverkore groepie is waarna jy verwys. Die ander 13% deur ander anderskleuriges. Die punt is jy het gese dat tot 75% van alle geweldsmisdade (of geweldadige aanvalle soos jy dit genoem het) deur nie-blankes gepleeg word. Soos gewoonlik het ek jou uitgevang met die bollie wat jy kwytraak. BINGO!!!!

MakersMark ·

Los eers die foeliesak dan sal die wiskunde werk. 7% (20m) van populasie is african american males, pleeg 40% van alle gewelds misdade in die VSA. Die res van die populasie maw 93% (280 m) wat die blankes insluit, pleeg 60% van die geweldadige misdade. So dis duidelik dat die 7% baie meer geweldadig en meer genoeg is tot ernstige misdaad as die res. En dis genoeg om my punt te staaf.

Sê-mar-net ·

As jy die video van die begin af kyk sal jy sien dat die tempel reg langs die huis is. Hy was OPPAD tempel toe. HOEKOM OP DEES AARDE ANDERS sal hy sy skoene uittrek VOOR hy by die huis instap.
Hierdie was ñ klassieke voorbeeld van TOTALE mis kommunikasie tussen al die partye.
Op die video kan mens sien dat hy heeltyd omverskoning vra vir die misverstand…. Die polisie was “aangehits”/aangevuur deur die histerie van die vrou. Haar “partner” was nie naastenby so opgeklits soos sy nie.
Groot verlies vir die kinders wat nou sonder ñ pappa moet groot word. Asof die lewe nie hard genoeg is alreeds nie.
Ek hoop geregtigheid sal geskied….

sopbeen ·

Wys jou manet weereens om ‘n ding van beide kante af te bekyk. Dit gee mens heel ander perspeksie. Die vrou het (sekerlik uit skok of vrees) oorreageer en die situasie vir die polisie bemoeilik.

Lourens CFG ·

Hier in ons land is dit ‘n grondige vrees ja. Al van hoeveel gevalle gelees van “polisie” wat mense aanval.
Amerika nie.

Aai ·

Daai dame wat oproep gemaak het moet maar verduidelik hoekom het sy so aangegaan nou is die man nie meer daar.

Keelvol ·

Hoekom moet sy verduidelik? Dis per slot van rekeninge haar huis gewees. Hy kan duidelik sien dat dit definitief nie n “temple “ is nie. Daar is n groot verskil tussen n huis en n temple.

Kompas ·

Interessant dat die Chinese dame net voor die voorval gebeur het saam met haar metgesel die huis binnegaan. Hoekom het hulle hom nie saam buite dan gekonfronteer nie??

Debbie ·

Daai vrou was histeries absoluut onnodig. Sy het dinge erger gemaak as wat dit was

piet ·

Drama queen. Sy hoort in ‘n gestig, het heeltemal abnormaal opgetree.

Keelvol ·

@piet, dalk was sy al beroof in haar huis. Dis maklik om haar te veroordeel as jy nie verstaan waarom nie.

piet ·

Sy’t nie normaal opgetree nie. As sy issues het moet sy iemand gaan sien. Ek dink sy en boyfriend het ietsie te veel geneem. Haar abnormale oorreaksie het tot ‘n man se dood aanleiding gegee.

MakersMark ·

Dis haar reg om so te reageer as ‘n onbekende man in haar eiendom rond loop. Die misdaad syfers mbt etniese groepe in USA is duidelik.

Keelvol ·

Ek glo nie so nie. Sy kon al deur n traumatiese ervaring gegaan het. Sy kon al geroof gewees het in haar huis. Haar optrede was nie onnodig nie. Dit was n normale optrede na n traumatiese ervaring. Glo nie hy was opsoek na n “temple” nie.

MakersMark ·

Hy moes dit dalk vir die polisie verduidelik het ipv om hulle aan te val…..nou nie eers ‘n mes in a gunfight ???

piet ·

Van wanneer af kan jy iets verduidelik aan ‘n VSA polisieman? Jy moet jou mond hou, op jou maag gaan le en dan hoop cowboy gaan nie in elk geval skiet nie.

Annelize ·

As jy die begin van die video mooi kyk, sal jy sien daar staan duidelik dat Honolulu Polisie hof toe was om die vrystelling van die video te keer. Hulle aansoek is van die hand gewys, dis hoekom die wereld dit nou eers sien.

piet ·

Dit was al die tyd daar maar die owerhede het verbied dat dit vrygestel word. Hulle moes ‘n hofbevel kry om dit vrygestel te kry. Polisie se cover-up gaan nie nou werk nie.

Anneline ·

In die artikel staan duidelik daar is n tempel langs die huis. En btw daar is kerke oral in ons woonbuurte. Was een reg agter die huis waar ek grootgeword het

Annelize ·

Vicky, orals in woonbuurte is tempels, kerke en plekke van aanbidding. Dis waar hulle hoort, in woonbuurte, met HUISE.

piet ·

Groot sivile eis maar dit gaan nie die man terugbring nie. Die VSA se polisiemanne is lekker trigger happy, dis al die hoeveelste geval. BAIE ERGER AS HIER BY ONS.

JohanR ·

Ja piet daar wil jy nie met ‘n polsieman of verkeersbeampte begin argumenteer nie. As jy afgetrek word volg maar net die orders, en dan sal jy miskien weer kan ry met net ‘n kaartjie.

piet ·

Daar moet jy so gou as moontlik op jou maag gaan le nog voor die polisie uit hulle kar uitklim. Hulle skiet eers en praat later.

MakersMark ·

En reg so daar is baie geweldadige dade wat deur etniese minderheid gepleeg word

piet ·

Daar word meer as 2-keer meer geweldsmisdade deur wit Amerikaners gepleeg.

MakersMark ·

Wit Amerikaners maak 80% van die populasie swart Amerikaners 14%. Verstaan jy statistiek en “ratio’s”? Weet dis moeilik maar dit wys tog ‘n trend…..

Helgard ·

Piet watter Suid-Afrika woon jy? Hier skiet SAPS Down Syndrome kinders wat wil gaan koekies koop.

piet ·

Darem nog nie so erg soos die apartheidspolisie wat mense net laat “verdwyn” het nie.

piet ·

Een geisoleerde geval. Noem vir my die ander gevalle waar Down Sindroom kinders deur die polisie geskiet is.

Pierre ·

So kom die waarheid uit ek hoop van harte wie ook al skuldig is sit lank.

piet ·

Hoop die skieter word van moord aangekla. Geld kan nie hierdie ongeregtigheid regmaak nie.

Wonder net ·

Nou wil ek weet…. as hy dan nou gereeld na die tempel gaan aangesien hy dan al n rukkie daar bly, dan sou hy mos geweet het 1) dis die verkeerde plek 2) daar is ander karre buite geparkeer maar geen ander skoene nie 3) die paartjie voor hom trek nie hulle skoene uit soos die gebruik is nie 4) hy plak sy skoene net so neer sonder om netjies te sit soos die gebruik is. Weet nie so lekker nie. Maar, dit is net die kamera buite se view. En net my opinie.

Buks ·

Daar is skoene buite. Daai oosterse mense trek ook hulle skoene uit omnin hulle huise in te gaan.

piet ·

Eerste keer wat hy na die betrokke tempel toe gegaan het. Volgens sy geloof (nie noodwendig ‘n vereiste vir daai tempel nie) moet jy jou skoene uittrek as jy ‘n kerk of tempel binnegaan.

Anneline ·

Ek se al van die begin af hy is onskuldig, maar so gooi almal klippe, sonder om al die feite te ken. Julle behoort julle te skaam.En daar staan baie duidelik in die artikel dat daar n tempel langs die huis is. Was bloot n menslike fout van sy kant af. Dit maak my baie ongelukkig. Sy arme vrou en kinders.

Annelize ·

Hoekom op dees aarde was die vrou so histeries? “I’m so scared to go outside…” maar as jy haar sien is sy buite!
Ek glo die man het regtig by die verkeerde plek opgedaag, menende dat dit ‘n tempel was. Geen persoon wat wil gaan moeilikheid maak en inbreek sal mos sy skoene uittrek by die voordeur en so kalm voorkom nie. As hy daar was om moeilikheid te maak sou hy mos laat spaander het, en hy het nie. Hy vra herhaalde kere onverskoning, en trek dan sy skoene aan en loop dan terug na sy voertuig toe.
Die vrou se histerie glo ek het die situasie heeltemal uit verband uit geruk, en die polisie het volgens haar histerie opgetree.

Ek kan verstaan dat sy dalk geskrik het, maar kyk net hoe lank het sy na hom gestaan en kyk waar hy besig was om sy skoene uit te trek, voor sy self die huis in is? Hoekom het sy hom nie daar reeds gevra wat hy daar maak nie? Hoekom nie die deur agter haar gesluit toe sy in is nie? Haar simpel optrede het bygedra tot die man se dood.

piet ·

Ja, sy skree sy’s bang om buite toe te gaan maar in die mean time hardloop sy reeds heen en weer buite rond.

Buks ·

Ons moet nou maar eerlik wees hy lyk heel onskuldig. Lyk meer of hy gedink het daai vrou is in die moeilikheid. Die polisie het ook nie duidelik geidentifiseer dat hulle polisie is nie. Eers na hulle skiet.

Blikkies ·

Net my eie opinie na ek na albei videos gekyk het. Ek persoonlik is van mening die oorledene moes hom nie teegesit het nie, en baklei nogal terug. Dit is nie SA nie! hy was nog in die huis toe hy al hoor die inwoners bel die Polisie, en ek laat my nie vertel hy het nie geweet die Polisie is op pad nie of kon hulle nie uitken as die Polisie nie, met of sonder flitse. Hulle is baie meer merkbaar as die SAPS hier by ons. Hoekom gaan vreemde aanvallers met flitse rondhardloop?

Helgard ·

Ek is jammer as jy perongeluk in verkeerde woning/gebou inloop en gevra word om te loop en jy kom agter jy is op die verkeerde plek se jammer en loop.

Jy staan nie vir 2 en half minute in die woning en dring aan op die eienaar se selfoon nie … dis hoekom die vrou histeries begin raak het.

Francois Le Cochon ·

Sy dood is veroorsaak deur ‘n histeriese vrou en polisie wat eers wil doodskiet en dan vra vrae.

Louise ·

@Annelize,
Ek stem saam met jou, sy is hopeloos te rustig en skielik begin sy tekere gaan.
As jy bang is ssluit JOUSELF in die huis toe, moenie gaan skoor soek nie.
Moet ook nie saam die verdagte by jou deur in loop nie.
Jy kan mos sien daar is n vreemde man by jou deur, sit in jou KAR en bel die polisie.
Maar hulle loop hand aan hand so te se rustig by die deur in… Maak nie sin nie

Sarel ·

Nou ja help nie jy vra vrae nie oorderl .klaar gevel.
Polisie skuldig….waar kom Beeldmateriaal nou vandaan?

piet ·

Hulle tazer eers en dan skiet hulle nog 4 skote sommer om dood te skiet ook. Bly ek het nie iets met daai cowboys te doen nie.

MakersMark ·

Definetief as mens dit oorleef eindig jy in elk geval in die roeland straat…..

Helen ·

Hy het dan duidelik gedink hy gaan by die temple in en het maar net n vout gemaak. As hy maar net kalm gebly het en gemaak het wat die polisie se het dit dan nie sy lewe gekos nie! Die vrou het heeltemal oor reageer maar haar man was redelik kalm. As hy sy vout maar net verduidelik het aan hom kon hy dan sy vrou kalmeer.

Delene ·

Net gesuipte vroue raak so histeries. Vermoed daai couple het van ‘n kroeg afgekom. Die arme slagoffer was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek. En, dan die ander kant van die munt…..Suid Afrika se kriminele naam loop hom vêr vooruit.

Blikkies ·

Die huis gedeelte is aanvaarbaar, hy het verskoning gevra en geloop, die Probleme het begin toe Polisie daar opdaag. Daai ou moes net stilgestaan het en doen wat die Polisie vra. En die persoon wat se hy kon nie die Polisie uitken nie praat absolute onsin. Jy sal mos nie nie weghardloop en baklei met die Polisie as jy niks verkeerd gedoen het nie. Daai ouens is nie trigger Happy soos van julle uitmaak nie. Hulle is reg opgelei en die wetgehoorsame burgers van daai land wat die VSA insluit weet waar hulle staan met die Polisie. Die wat so opmerkings maak teen daai Polisie, gaan eers self soontoe en kyk hoe werk daai polisiemanne, jy sal vinnig leer om hulle te respekteer. Daar doen jy wat hulle vir jou skree of jy kom tweede. Dit bly egter ‘n tragedie en ek voel jammer vir die man se familie, maar moenie op ander plekke die skuld soek nie……

MakersMark ·

Vraag is wat soek hy daar – kamtig na ‘n tempel gaan? En dan val hy mense wat blootgestelde wapens in hul hande het aan en hou aan om hul aan te val ? As jy jou dood soek sal jy dit seker kry…..

piet ·

Hy kan mos gaan waar hy wil. Dis nie soos in die ou SA waar Swartes pasboekies moes he het om hul beweging in te perk nie. Wat ‘n walglike stelsel van menseregte vergrype. So dankbaar ons is onder daai klip uit.

Antonk ·

Wat ek nie kan klein kry nie.Hoekom het die vrou omgekyk en vir hom gewag om te kom en hoekom het hy nie dadelik geloop toe se die foon vat.Toe draai hy nog terug ook.

Michele ·

Ek lees al die comments en dink is julle for real???? Lindani was n amazing persoon. En ja hy was swart maar het n goeie hart gehad. Wragtig net omdat hy swart was beteken nie hy is soos die ander nie. Hy het n fout begaan en as die vrou nie so n helse bohaai veroorsaak het nie was hy dalk nog lewendig. Hy was kalm en het gese jammer. Ons van SA wat gereeld met valse polisie te doen het wil jy wragtig vir my se as so iets met jou gebeur dat jy nie terug sal baklei. Nadat jy gevra het wie hulle is en hul nie hulself identifiseer het….

Hoekom ·

Gaan glad nie oor dat hy swart is nie, jy as rasis maak dit nou ‘n velkleur situasie.

Dit gaan oor dat hy drie polisie manne aangeval het, as jy naby genoeg is om ‘n vuishou te gooi is jy naby genoeg om te sien jy slaan aan polisie. Watse krimineel gebruik ‘n tazer? Die polisie sou dieselfde reageer het as dit ‘n wit, groen, pienk, blou of pers man was. Ek sou ook dieselfde reaksie gehad het as dit so was ook…

MakersMark ·

Die vrou se reaksie kan verstaan word it die misdaad syfers mbt tot ras in die USA. Die syfers is duidelik en vir die publiek beskikbaar. Die feit dat hy geskiet was het niks met ras uit te waai nie maar eerder dat hy die polisie aangerand het.

Herman ·

Kop skoonmaak na ‘n rustige familiedag? Tempel gesoek? Van watter geloof is die knaap? Dis ooglopend ‘n privaatwoning. Daar lê seker branderplanke voor al die tempels in Hawai. Daardie vrou sou nie verniet so histeries geraak het nie.

Onnie ·

Dit was n moewiese misverstand. Ek voel jammer vir almal betrokke.

Piet ·

Sien julle nou, paranoia maak ook mense dood. Hoekom gaan ‘n inbreker sy naam vir jou gee en rustig wegstap. Veral as hy/sy in ‘n ander land is waar polisie hulle werk oordentlik doen. Ek wonder of hulle nou rustig slaap nadat hulle hul eie video bekyk het. Daar is ‘n helse verskil tussen bang wees en blatand oor reageer net omdat jy kan.
Tweedens kon Polisie en Londani die gebeure na die mal vrou ook beter hanteer het.
Almal betrokke het oor reageer, Die eienaar, die Polisie en die sogenaamde “indringer”. So onnodig.

Kirst ·

Wat ek wil weet; is waarom daar nie ‘n media bohaai en BLM optogte was oor die voorval nie? Is dit omdat hy ‘n Suid-Afrikaner is? Hy was dan ook swart. Of moet jy ‘n sg African American wees en nie ‘n African African nie?

Hoekom ·

So hy het geweet die polisie is opad want hy kan hoor sy praat oor die foon. (Hoekom het hy weer in die huis ingegaan, hy kon in sy kar klim en ry.) of hy kon in die lig gestaan het en wag sodat hy die situasie aan die polisie, wat hy kan hoor is opad, te verduidelik.

Hoekom die polisie aanval, as jy so naby is om die polisie te slaan, sal jy wel agterkom jy slaan aan die polisie. Veral as jy al drie aanval.

Die straat lig weerkaats op die polisie se badges, jy kan dit duidelik sien op die videos. Die straat lig sou ook die polisie man wat in die erf is belig. Daar is nie verskonings te make hier nie. Die polisie het reg opgetree…

piet ·

As hulle 3-keer meer geneig (nodig) is om mense van ‘n sekere rasgroep dood te skiet tydens arrestasie vir dieselfde (vermeende) oortredings dan raak dit ‘n probleem. Of reken jy swart geweldsmisdadigers is meer geweldadig as wit geweldsmisdadigers. La, la la………

MakersMark ·

Meer misdaad word deur swartes gepleeg in die VSA as enige ander etniese groep. Maak nie saak hoe jy dit probeer verdoesel nie.

Helene ·

Hy was glad nie aggressief nie. Ek dink die twee het oorreageer. Dit was n onnodige dood. RIV Myeni.

Hennie ·

Het jy gesien waar Myeni die polisieman aanval en plat slaan?

Annelize ·

Dis nou die 2de keer vandag wat ek terugkom na die artikel toe om die kommentare te lees. Al wat ek kan aflei is dat oor grootte meerderheid van mense wat hier kommentaar gelewer het, of die video glad nie gekyk het nie, of net halfpad gekyk het.

Die 2 wat in die huis ingegaan het, was deeglik bewus van Lindani op die stoep. Die vrou het hoe lank na hom gekyk terwyl hy besig was om sy skoene uit te trek, heel kalm omgedraai, in die huis ingeloop en toe bars alle hel los. Die vrou se histeriese optrede is bisar om die minste te se.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.