WAARSKUWING: Die video in hierdie berig bevat grafiese inhoud wat sommige lesers kan ontstel.
Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in na die beweerde aanranding van ʼn winkeleienaar Dinsdagaand in Reigerpark in Boksburg deur ʼn polisiebeampte.
In ʼn video wat op sosialemediaplatforms gedeel word, kan gesien word hoe ʼn polisiebeampte doelgerig na die man stap, hom teen die grond druk en hom dan begin slaan. Terwyl die beampte die man slaan, stap ʼn ander polisiebeampte nader om die betrokke polisiebeampte te stop en weg te lei.
Ndileka Cola, woordvoerder van Opod, het bevestig die slagoffer is die bestuurder van Pick n Pay in Reigerpark.
“Die polisiebeampte is in hegtenis geneem en sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Boksburg verskyn,” sê Cola.
Die beampte staan tereg op aanklag van aanranding.
Dit is nie duidelik wat tot die voorval aanleiding gegee het nie.
WATCH @SAPoliceService members assault a man in Reiger Park last night. Cops cannot be a law unto themselves. This nonsense must be stopped.@IPID_ZA pic.twitter.com/QntdWuyn8E
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) October 14, 2020
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Presies wat ons gesê het oor die polisie na verlede week in Senekal!
Ek is nogal baie nuuskierig om te weet wat die man gesondig het om so “pakslae” te kry? G’n man loop net op na een en slaan hom so en draai weer weg en loop nie. Dalk persoonlike saak tussen hulle
Magsbehep en dink hulle is bo die wet! Kry vir jou ou. Cele se trots
Daar die polisieman kan nooit weer in enige mags posisie wees nie!! Onaanvaarbaar! More rig hy sy vuurwapen omdat hy nie hou van wat jy se nie..
En dit is wat die anc van jou verwag om te doen om in aanmerking te kom vir bevordering! cele se nuwe regterhand!