Vier mans is in hegtenis geneem ná ʼn rooftog by ʼn onderneming in Klapmuts, noord van Stellenbosch in die Wes-Kaap, wat tot ʼn skietgeveg met die polisie gelei het.
Konst. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê tien gewapende rowers het op ʼn winkel in die dorp toegeslaan en dit van ʼn onbekende hoeveelheid kontant beroof.
“Die polisie is na die toneel ontbied en een van die verdagtes se wegkommotors is opgespoor en agternagesit. Die verdagtes in die voertuig het op die polisie begin skiet. Die polisie het teruggeskiet, waarna die motor stilstand gekom het,” het Rwexana gesê. Van die verdagtes kon daarin slaag om te voet te vlug. Die polisie het een verdagte op die toneel in hegtenis geneem.
Intussen is drie van die verdagtes in Kuilsrivier in hegtenis geneem, nadat hul wegkommotor in ʼn botsing betrokke was.
Die soektog na die ander ses verdagtes duur voort. Geen beampte is tydens die voorval beseer nie.
Well done….
Mooi so, vuilgoed.
Nou toe Maroela waar is my kommentare?????
As die regering nie daadwerklik iets doen om werkloosheid te bekamp nie, gaan misdaad net bly toeneem.