Mmusi Maimane, leier van die DA, het ʼn ope brief aan pres. Jacob Zuma geskryf en standpunt ingeneem Suid-Afrika is nie te koop of gaan nie oorgeneem word nie.
Lees meerAlles vir Saterdag 2 April 2016
Minister waarsku boere om minimum lone te betaal
Mildred Oliphant, die minister van arbeid, het plaas- en bosbouwerkgewers Saterdag gewaarsku om te voldoen aan die minimumloonregulasies, selfs tydens die droogte.
Nóg ʼn Maties-student glo op kampus verkrag
ʼn Student aan die Universiteit Stellenbosch (US) is glo Saterdagoggend op die kampus verkrag en die vermeende verkragter is reeds in hegtenis geneem.
Studente-aktivis glo vrygelaat uit ‘donker ondervragingkamer’
Ten spyte van tekens van gebruik op die vermiste studente-aktivis, Vusi Mahlangu, se Facebook-blad en bewerings hy is veilig, beskou die polisie hom steeds as vermis.
Boekhouer kry huisarres vir bedrog
Charlene Kannemeyer (35) wat honderde duisende rande van haar werkgewer gesteel het nadat sy van ontvangsdame na boekhouer bevorder is, is Vrydag tot drie jaar huisarres gevonnis.
Man vas vir moord op vriendin
ʼn 35-jarige man is in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriendin tydens ʼn huishoudelike geskil met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.
Nog geen rede vir jaagtog waarin polisieman sterf
Die KwaZulu-Natalse polisie het Saterdag gesê dit is nog nie bekend wat tot die hoëspoed-botsing in Westville gelei het waarin ʼn polisiebeampte gesterf het nie.
Dlamini-Zuma klaar met AU
Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma het glo nie aansoek gedoen om ʼn tweede termyn te dien as die voorsitter van die Afrika-Unie nie.
Vier rowers vas ná skietery met polisie
Vier mans is in hegtenis geneem ná ʼn rooftog by ʼn onderneming in Klapmuts, noord van Stellenbosch in die Wes-Kaap, wat tot ʼn skietgeveg met die polisie gelei het.
Ramaphosa eerste kanselier van Universiteit Mpumalanga
Adjunkpres. Cyril Ramaphosa word Saterdag as die eerste kanselier van die Universiteit van Mpumalanga ingehuldig.
Polisieman sterf in hoëspoed-botsing
ʼn 45-jarige polisiebeampte is Vrydagmiddag in ʼn hoëspoed-botsing in KwaZulu-Natal dood.
Vrou val 50 m ná sweefskermsprong skeefloop
ʼn Vrou is Vrydag ernstig beseer toe ʼn sweefskermsprong by Brenton-on-Sea naby Knysna skeefgeloop het.
Nkandla-toespraak: ‘Begin van Zuma se roemlose einde’
Die VF Plus het in reaksie op Zuma se toespraak Vrydagaand, oor die Nkandla-uitspraak, gesê dit is duidelik die president het geen werklike begrip van die erns of implikasies van die uitspraak nie.
Gedagte vir die dag: Die een wat Jesus liefhet
Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. (Johannes 15:9, 12-13)
Griekwasliga: nuwe stelsel tree in werking
Vyf wedstryde in Griekwas se Superliga word Saterdag afgehandel wanneer die nuwe afdelingstelsel in werking tree.
SWD-liga: bloedsweet wag op voorste spanne
Dis bloedsweet Saterdag vir die voorste spanne in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga.
Bolandliga: spanne voel-voel mekaar nog
In die Bolandse reeks om die Grootuitdaagbeker voel-voel die spanne mekaar nog soos boksers voor hulle met mening lostrek, maar `n paar wedstryde beloof reeds taai stryde.