Vlieënier sterf toe vliegtuig in buurt neerstort

Niemand op die grond is beseer nie. (Foto: SA Polisie)

ʼn Dertigjarige vlieënier is dood en ʼn passasier beseer toe ʼn ligte vliegtuig in Huhudi, naby Vryburg in Noordwes, neergestort het.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, het gesê die Piper-vliegtuig het Sondag omstreeks 17:00 tussen huise in die buurt geval. Dit het die motorhuismuur van een van die huise getref.

Die vlieënier was glo van Vryburg na Pretoria onderweg, toe die vliegtuig neergestort het. Hy is op die toneel dood verklaar en die passasier na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.

Tselanyane het gesê niemand op die grond is beseer nie.

Die oorsaak van die ongeluk is in die stadium nog nie bekend nie. Die Burgerlugvaartowerheid ondersoek die voorval. Die polisie ondersoek ook ʼn saak van strafbare manslag.

“Die gesinne van die twee huise is gevra om weens veiligheidsredes die persele te ontruim tot die vliegtuigwrak verwyder kan word,” het Tselanyane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Chris Ws ·

Innige simpatie met die vlieenier se naasbestaandes.Hy’t sy bes probeer met die’ noodlanding dis duidelik.Anders was die passasier ook oorlede.

Johan ·

Nou waaroor sal die strafbare manslag ondersoek gaan en teen wie.

ProotGraat ·

Teen die pilot. Omdat hy teen residensiele strukture tot stilstand gekom het. Nogal logies eintlik …

B ·

Glad nie – ‘n dossier moet met elke onnatuurlike dood geopen word om struktuur aan die ondersoek te gee. DIS logies.

Cherokee ·

Botsing teen residensiële strukture ontaard in ‘n manslag klag? En julle noem dit logies? Dit is mos nie meer naweek nie, julle behoort meer op en wakker te wees.

Paul ·

Kyk mense gan spekuleer. Mar niemand weet wat fout gegaan het oo daai oomblik nie. Daar is n 1000redes dat die ou moes neerkom op daai kol. Blue skies broer.hys weg op iets wavoor hy lief was. Nes ons almal.

B ·

Cherokee – lees my antwoord direk na ProotGraat se opm dan sal dit sin maak – dit was nie ‘n antw op jou antwoord, dit het maar net toevallig onder jou antwoord beland.

Db ·

Prootgraat – waar val jy uit – teen die pilot. Hy is oorlede en gaan hulle seker nie sy kisnommer gee dat die useless polisie die saak gaan ondersoek nie

Bernard ·

Wie gaan aangekla word? Die vlieenier is dan dood wat as hy hartaanval gekry het?

Logika ·

Ek stem met BERNARD – saak van strafbare mansslag, en wat sal sy vonis wees??? 15 jaar tronk straf??? in sy kis – regtig mense het geld om te mors.

Sandra ·

Alle vliegtuigongelukke is PILOT ERROR totdat die teendeel bewys word. My PA is 1974 ook in vliegtuigongelukke dood. Hy het 16000 vliegure gehad. Was Snr vlienier by sy maatskappy. Vliegtuig het met die opstyg geval. So jammer aan diegene betrokke.

Logika ·

Ek stem met BERNARD – saak van strafbare mansslag, en wat sal sy vonis wees??? 15 jaar tronk straf??? in sy kis – regtig!!!

Mathys ·

Sê nou die pasassier het die stokke gegryp in ‘n skermutseling? Sênou hy was deur ISIS aangestel as ‘n stoutaard, wat met sy stoutgeit mense bang moet maak, sodat hulle in wanhoop hulle geloof moet opsê en kwesbaar maak vir ISIS lidmaatskap? Strafbare manslag en moord word deur die Strafproseswet voorsien dat die polisie outomaties ‘n dossier moet open, ongeag die omstandighede, want die bevoedheid om uitsluitsel te gee is eenvoudig nie aan die polisie gedelegeer nie, daardie kapasiteit is in die howe gesetel wat op aanbevelings van ondersoek outoriteite, met jurisdiksie, ‘n definitiewe oorsaak kan gee. Dis hoekom mense, wat rowers in hulle huise doodskiet, outomaties ten laste gelê word met aanklagtes van moord, totdat hulle op borgtog vrygelaat en verhoor afwagtend is en hulle ‘n pleit of pleitverduideliking in die hofleêr liasseer. As die hof bevind die dood van die oorledene is as die gevolg van self verdediging of ‘n noodtoestand, dan word die ou vrygespreek en hy kry sy guns terug van ballistics af.

Attie. ·

Paul, jou spelling getuig teen jou onderwyser. Meeste afrikaners praat van pilot en pilot error, het julle ma nie vir julle geleer ordentelik praat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.