Voormalige IT-bestuurder ook in hof oor Cell C se vermiste miljoene

(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

Nog ʼn man het in die Palm Ridge-handelshof verskyn in verband met die sowat R130 miljoen wat uit die selfoonmaatskappy Cell C geswendel is. Die maatskappye Redefined Technology, Cornerstone & Blue Kit IT, asook Techno Genius word betrek by die beweerde bedrogspul wat tussen 2012 en 2019 voortgeduur het.

Die 45-jarige Hilel January, alleeneienaar van Redefined Technology, staan tereg op aanklagte van bedrog en geldwassery. Hy het Maandag in die hof verskyn nadat ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is. Hy het hom aan die Valke oorgegee en is tydens sy hofverskyning op borgtog van R30 000 vrygelaat.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê Redefined Technology het ʼn sagteware- en netwerkdienskontrak by Cell C gekry en nagenoeg R130 miljoen is daarvoor betaal.

ʼn Bedrag van R47 miljoen is glo oorbetaal aan Techno Genius, wat besit word deur Adriaan Pillay (38), wie se sakevennoot, Mohamed Ismail Adamjee (44), in daardie stadium ʼn bestuurder by Cell C was.

Pillay en Adamjee is reeds in hegtenis geneem omdat hulle glo saamgespan en die bedrae geld vir dienste wat Cell C benodig het, verhoog het, sê Mulamu.

Michelle Pillay (links) en Khatiya Patel. (Foto: Twitter / @Ambramjee)

Pillay se vrou, Michelle (37), en Khatiya Patel (42), Adamjee se vrou, het verlede week al op aanklagte van bedrog en geldwassery in die hof verskyn en is op borgtog van R30 000 elk vrygelaat. Michelle Pillay het glo sowat R3 miljoen in haar bankrekening ontvang as opbrengs van die misdaad, terwyl Patel glo ook saamgespan het om tariewe te verhoog terwyl sy in dieselfde tydperk as ʼn administrateur by Techno Genius gewerk het.

Manuel Reimaldo Teixeira en Lufono Lesly Nevhutalu word ook in verband met die bedrogspul aangekla. Dié twee mans is in onderskeidelik Januarie en April verlede jaar in hegtenis geneem en op borgtog van R50 000 elk vrygelaat.

Die bring die getal inhegtenisnemings op sewe te staan.

Volgens Mulamu duur die Valke se ondersoek voort en die moontlikheid van nog inhegtenisnemings kan nie uitgesluit word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

007 ·

Dis omdat Cell. C ‘n BEE company aangestel het. Kry vir julle? Ons blankes wat al die kennis het sit by die huis. Kry nie werk nie en moet belasting betaal op ‘n uittree annuïteit om die massas ook te onderhou. Ek verstaan meer mense kry toelaes in SA as wat werk.

Janice ·

Niks simpatie. Jou maatskappy is wat jy aanstel. Het vir ‘n ruk vir hulle gewerk en die plek is ‘n sirkus.

andre ·

Borgtogbedrae is hopeloos te laag .Maak borgtog 70% van die bedrag ter sprake.Dit behoort hierdie tipe misdaad te verminder.

Renier ·

Hulle moes eerder moorde gepleeg het,minder borgtog geld en seker n korter tyd in die tronk.

Surfer ·

Mooi so, sluit hulle toe en verloor die sleutel. Wonder wanneer kom Vodacom aan die beurt?

SomeOne ·

al die miljoene wat “weg geraak het” waar is dit, hulle betaal met ‘n smile hul borg geld, want hul weet na 5 of 10 jaar in die tronk, waarvan die helfte verminder word, is hul uit en spandeer verder die miljoene wat weggesteek is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.