Vordering gemaak in Hilton Pretorius-saak

Werniech Botha (Foto: AfriForum se privaatvervolgingseenheid)

Wernich Botha, die man wat daarvan beskuldig word dat hy Hilton Pretorius se dood veroorsaak het ná ʼn aanranding in Klerksdorp, is Donderdag formeel van moord aangekla in die dorp se landdroshof.

Die saak spruit uit ʼn voorval wat op 3 September 2023 by die polisie aangemeld is. Die polisieverklarings onthul dat Botha na bewering Hilton Pretorius (32) en PW Roos (44) in ʼn parkeerterrein by ʼn winkelsentrum in Doornkruin, Klerksdorp, aangerand het. Albei slagoffers is na ʼn plaaslike hospitaal geneem, waar Roos met ʼn skouerbesering en harsingskudding ontslaan is. Pretorius het 18 dae later aan sy beserings beswyk.

Henry Mamothame, woordvoerder van die NVG, sê die saak teen Botha is tot 15 Januarie 2024 uitgestel vir verdere ondersoek.

Botha het aanvanklik tereg gestaan op aanklag van poging tot moord, maar die staat het die aanklag van moord verander ná Pretorius in die hospitaal gesterf het. Die aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer is ook gewysig na poging tot moord ná die staat Roos se beserings hersien het.

Botha se aanklagte is gewysig na skedule 5, maar die hof het sy borgtogstatus van R2 000 behou en hom beveel om nie met enige van die staatsgetuies in te meng nie.

Hilton Pretorius (Foto: Back A Buddy-veldtog)

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het stappe gedoen om te verseker dat geregtigheid geskied in die beweerde moord op Pretorius ná ingryping deur die eenheid.

Die eenheid tree op namens Linda May, die ma van die oorledene, en haar seun, Danie Pretorius. Sy het die eenheid genader uit kommer dat die polisie nie die saak die aandag gee wat dit verdien nie. Haar angs spruit uit die feit dat die beskuldigde welbekend is in Klerksdorp en familie in die polisie en NVG het.

Nel sê die aanklaer het vandag in die hof ’n teenstrydigheid hanteer in Botha se borgtogaansoek-eedsverklaring, wat deur die eenheid geïdentifiseer en geopper is in ’n brief wat verlede week aan die owerhede gestuur is.

“Botha het onder eed verklaar dat hy nie ’n paspoort het nie, maar tog het hy daarin geslaag om na Somalië te reis waar hy werk, enkele dae ná Pretorius gesterf het. Botha se prokureur het op rekord geplaas dat dié stelling, wat op meineed kan neerkom, in werklikheid ’n fout aan sy kant was,” sê Nel.

Nel het die hofverrigtinge saam met verskeie lede van sy span bygewoon.

“Ons het ’n redelik ongekompliseerde dog kern belangrike opdrag, en dit is om te verseker dat die saak volledig ondersoek word en al die beskikbare bewyse versamel en tydens die verhoor aangebied word. Ons opdrag is om te verseker dat geregtigheid geskied.”

Nel het verder verwys na die brief wat aan die SAPD en NVG gestuur is. “Ons het areas geïdentifiseer waaraan hulle aandag moes skenk en ons sal die saak monitor om te verseker dat dit die aandag kry wat dit verdien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Wit Leeu ·

Daarsy, Wernich Botha ! Jy gaan baie,baie lank sit ! En dit oor ‘n vrou wat jou wol oor jou oë getrek het ! Jy het baie lank om daaroor te dink in die tronk.

SjN ·

Hoekom se jy so, volgens my gaan Wernich nie tronkstraf kry nie, hy gaan wel hetsy n swaar boete, moontlike onderhoudseis en opgeskorte vonnis teen hom kry, die waarheid en feite gaan in die hof uitkom nadat al die partye betrokke getuig het en hoekom Afriforum direk betrokke raak is duister, daar is mos private regsdienste, hul gaan baie lede verloor in die prosses, sterkte aan al die partye betrokke en mag geregtigheid seevier.

ES ·

SjN, hy word van moord aangekla, daar is video bewyse en jy kry nie ‘n swaar boete of opgeskorte vonnis vir poging to moord nie, jy kry direkte tronkstraf. Sy aksies was ‘n direkte bydraende faktor tot die dood van Hilton. Maak nie saak wat die redes is hoekom hy gedoen het wat hy gedoen het nie, die feit is dat iemand dood is agv sy direkte aksies.

Terloops, Afriforum het lede wat van hul dienste gebruik mag maak vir privaat vervolging – niks duister daaraan nie.

Jean ·

“werklikheid ’n fout aan sy kant was”
Het hulle diekeer sy paspoort gevat?

Karoo ·

Ai Loun… selfs al was die Vrou ‘n “Dame” deur die wie haar veroordeel …. is dit’ n sinnelose situasie wat 100% vermy kon word.

George ·

Maak nie saak wat nie, en hoe julle die skuld op die dame wil pak nie, die ou het besluit om te gaan baklei en moord te pleeg, en hy moet sit vir dit.

hpven ·

Botha het nie gegaan om moord te pleeg nie. Hy ken nie sy eie krag nie, het selfs hulp verleen na die onderonsie. Vuisgevegte vind daagliks plaas sonder dat iemand sterf. Dat dit egter ‘n tragiese voorval was is waar.

bolletjie blom ·

Ek sal nie sê hy het doelbewus gegaan om moord te gaan pleeg nie. Hy het wel sy humeur verloor en die slagoffer erg aangerand. Nou waar bring dit hom? Een persoon is dood , een gaan in die tronk sit en die dame gaan maar net aangaan met haar lewe asof niks gebeur het nie. More oormore het sy iemand anders aan haar hoek.

PietMad ·

Hang af wat jy onder borgtog verstaan? Borg is nie ‘n straf nie. Dit is ‘n manier om seker te maak iemand daag op vir sy verhoor. Hoe verstaan jy BORG?

ES ·

PietMad – spyker op die kop. Die hof van publieke opinie seevier altyd maar niemand verstaan werklik hoe werk ons regstelsel nie…

Harry ·

Natuurlik verstaan ek dit, maar dink jy R2000 is genoeg om te verseker hy gaan terug hof toe? Lewenslank in die tronk of my R2000 borg? Dink voor julle praat

vuurvliegie ·

Stem saam Loun. Ek hoop sy voel nou goed oor wat alles gebeur het. Sy behoort ook in die beskuldingsbank vir haar aandeel in die saak.

Glenn ·

Kom ons vergeet nou bietjie van almal wat se dit is n liefdes driehoek wat skeef geloop het en en en…. Iemand is dood maak nie saak wat het voor die tyd gebeur nie. Sy lewe was nie in gevaar oor die liefdes driehoek nie maar hy het besluit om sy kop teverloor. Drank speel n groot rol hier in my oe. Hy het geweet laat sy aksies daardie dag iemand gaan seermaak en dit het nou iemand se lewe gekos. Hy het homself nie probeer verdedig nie want sover ek kan sien was sy lewe nie ingevaar nie. Hy het uitgegaan om seer temaak/dood temaak. RIV vir die man wat sy lewe nou verloor het deur die persoon. Dit was heeltemal onnodig.

PietMad ·

Nee Glen. Dit is juis anders om. HY was nie die ou wat sogenaamd kop verloor het nie. Waarheid is ‘n lelike ding. Onthou net die drie was nie alleen gewees op die toneel nie.

SjN ·

Hoekom se jy so, volgens my gaan Wernich nie tronkstraf kry nie, hy gaan wel hetsy n swaar boete, moontlike onderhoudseis en opgeskorte vonnis teen hom kry, die waarheid en feite gaan in die hof uitkom nadat al die partye betrokke getuig het en hoekom Afriforum direk betrokke raak is duister, daar is mos private regsdienste, hul gaan baie lede verloor in die prosses, sterkte aan al die partye betrokke en mag geregtigheid seevier.

ES ·

SjN – wil graag verstaan hoe jy weet wat die regter se vonnis gaan wees voor die verhoor nog begin het, want nie een van die partye se prokureurs (of selfs die regter) weet eers nie? Jy kry nie opgeskorte vonnisse vir skedule 1 oortredings nie? As regsgeleerde wil ek graag weet hoe dit moontlik is?

Christelle ·

Ek voel jammer vir die man. Ek dink nie dit was sy intensie om die ander persoon dood te klap nie. Hy is nie n klein mens nie en ek dink nie hy besef sy krag agter so n hou nie.
Gaan kyk na die video in slow motion, daar is dinge wat nie genoem word nie, die ander persone was nie so onskuldig soos voorgegee word nie.
Ek dink om met jou gewete saam te leef na so n voorval is erger as enige straf. Ek hoop die beeld materiaal word ordentlik gefynkam en die waarheid kom uit.

JohanR ·

Ondersoek die meisie ook. Sy het iets begin wat in ‘n man se dood uitgeloop het. Wat het sy vir hom gaan se of vra daar by die motor, dat hy so kwaad was dat hy moord gepleeg het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.