Vrae oor EFF se befondsing

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: @mbedziir, Twitter) 

Daar heers talle vrae oor die EFF se befondsing nadat die party geen beduidende skenkings by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) verklaar het nie, maar ooglopend baie aan sy verkiesingsveldtog bestee.

Die DA sê dit is duidelik sigbaar dat die EFF se verkiesingsveldtog ruim gefinansier word en het nou die OVK gevra om ondersoek in te stel.

Werner Horn, die DA se verteenwoordiger in die OVK, sê die EFF se groot veldtoggeleenthede, voertuie, advertensies en handelsmerkgoedere ondermyn hul onlangse verklaring aan die OVK dat hulle geen beduidende skenkings ontvang het nie.

Die opposisieparty het geen skenkings van meer as R100 000 by die OVK verklaar nie.

Maroela Media het vroeër berig politieke partye moet ingevolge die Wet op Politieke Partyfinansiering alle skenkings bo dié drempel verklaar. Geen enkele skenking van meer as R15 miljoen per jaar aan ʼn party word toegelaat nie.

Horn wys in ’n verklaring daarop dat die OVK ingevolge die wet verplig word om ’n klag te ondersoek waar sulke “prima facie-bewyse” bestaan.

“Die EFF is in die onlangse verlede al verbind met twyfelagtige bronne van finansiering, waaronder bendelede, sigaretsmokkelaars en die plundering van ’n bank wat bedoel is om pensioenarisse se spaargeld te beskerm,” beweer Horn, met verwysing na die VBS-skandaal waar miljoene uit dié bank geplunder is. Die EFF se leierskap is egter nog nie direk met dié diefstal verbind nie.

“Die DA aanvaar nie dat die EFF sy finansiële inkomste eerlik voorgestel het nie, en ons eis ’n volledige ondersoek na die EFF se finansies.”

Hy herinner voorts daaraan dat die wanvoorstelling van fondse of die versuim om dit te verklaar, ’n kriminele oortreding is.

Die DA het volgens sy eie verklaring die meeste skenkings – altesame R15,9 miljoen – ontvang. Die party word gevolg deur die ANC, wat skenkings van R10,7 miljoen ontvang het, en Action SA wat R3,3 miljoen ontvang het.

Die algehele skenkings beloop net meer as R30 miljoen.

Politieke partye moes hul skenkings voor 31 Julie verklaar. Volgens die OVK het nie alle politieke partye nie – maar wel heelwat van hulle – skriftelik gereageer en verklaar dat hulle nie kwalifiserende skenkings (meer as R100 000) in die tydperk ontvang het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Swerwer ·

Wel met al die geld wat hulle aan al die werkloses en die “H……” belowe om stemme te werf het hul beslis befondsing van die “Regering” af want hul is mos deel van die ANC

Misky ·

Die hele bestaan en alles rondom die EFF moet bevraagteken en ondersoek word

Snowball ·

Wanneer dit lyk soos modder, ruik soos modder en voel soos modder, is dit gewoonlik modder…

Misky ·

En ons weet wat jy bedoel met ‘modder’….. baie ware woorde

Madelein ·

Ek wonder of ‘n mens Open Society Foundation iewers sal kry as jy ver genoeg krap.

Fedup ·

To be brutally honest, who cares?
No matter what the outcome of this answer, it won’t be the truth. In this country anything goes. Unfortunately one thing we cannot change.

Werner ·

Ons land word na komusme gedruk.Trouens ons is klaar daar.Die EFF en ANC word gefinansier om ons daar te kry

Di ·

Was al voorheen sprake dat EFF geld ontvang van Adriano Mazzotti – Mos huis vriende! Meng jou met die semels dan vreet die varke jou op.

Samuel ·

Hoe kan enigeen so naïef wees om die EFF te glo mbt hul befondsing?

Anoniem ·

Dis waarskynlik hoekom die ANC in sulke finansiële gemors is. Jy kan nie 2 partye (1 politieke party en 1 militêre arm) uit 1 bron van inkomste aan die gang hou nie.

Gert ·

Die meeste mense in die eff party is kriminele. Dit wys uit hulle geskiedenis duidelik as hulle toi toi en als plunder en verwoes. Dan praat ons nie van al hulle skandale wat voorblad haal nie. Waar gaan hulle eerlikheid aan die dag lê. Hulle weet nie wat dit is nie.

Herman L ·

‘n Party wat nie sy inkomste verklaar nie, of dit op onrematige wyse bekom het, behoort verbied te word om aan verkiesings deel te neem!

Blikkies ·

Die magtige ANC net 10.7? ek wonder maar self oor daai een….

Buck ·

Die efff’ers is die anc se clowns wat die publiek se oog van diebal moet afhou. Natuurlik weet ons wie hul befonds. Die belasting betalers natuurlik, via die regering

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.