Vrou op plaas naby Franschhoek aangeval

Die 69-jarige vrou word in die ambulans gelaai (Foto: Drakenstein Farm Watch, Facebook)

ʼn 69-jarige vrou is ernstig beseer toe sy Donderdagoggend op ’n plaas digby Franschhoek in die Wes-Kaap aangeval is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is omstreeks 10:00 van die aanval op die plaas Vergesig, op die R101-pad in die rigting van Franschhoek, in kennis gestel.

Van Wyk sê die vrou was alleen tuis toe drie mans in ʼn voertuig by die plaashuis opgedaag het. Hulle het voorgegee dat hulle skape wou koop. Hulle het haar daarna oorval, vasgebind en ernstig aangerand. Hulle het geld en vuurwapens geëis.

“Een van die verdagtes het ʼn vuurwapen in sy besit gehad.”

Die vrou het tydens die aanval ʼn ernstige besering aan haar kop opgedoen.

Die verdagtes het met ʼn selfoon en kontant in ʼn voertuig gevlug.

Volgens die Drakenstein-plaaswag – wie se nooddienste eerste op die toneel was – het hulle die vrou se kopwond op die toneel behandel voordat sy per ambulans na ’n nabygeleë hospitaal geneem is.

Die plaaswag sê hulle het verneem dat daar ’n struweling tussen die vrou en mans uitgebreek het waarna sy in die agterkop geskiet is.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

Dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep en provinsiale leier in die Wes-Kaap, het die voorval betreur en sê nuwe denke oor die wesenlike gevaar van plaasaanvalle is in die Wes-Kaap nodig.

“Plaasaanvalle is nog nie werklik so alledaags in die Wes-Kaap soos in ander dele van die land nie,” sê Mulder. “Groot paraatheid en voorbereiding sal help voorkom dat plaasaanvalle ʼn gewoonte-misdaad in dié provinsie raak.”

“Dit is belangrik dat die polisie vinnig ʼn deurbraak in sy ondersoek maak en die skuldiges agter tralies plaas waar hulle hoort,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Andre ·

Sy is “in die agterkop geskiet” maar die “polisie ondersoek n saak van huisroof”?????

Alet ·

Vra dit maar as jy jouself verdedig teen indringers en jy skiet een van hulle dood is dit summier moord

JohanR ·

Klink bekend….hulle wou skape koop. Hulle wou weet of hulle ‘n battery kan laai voordat hulle my ouers aangeval het. Kan ek voorstel dat as daar iemand op ‘n plaas aankom dat daar twee versteke familielede met geweer of haelgeweere versteek is, maar in die geval lyk dit my hulle het geweet die vrou is alleen. Miskien deur plaaswerker/s vertel?

Samuel ·

Wat ‘n tragiese gebeurtenis. Mag die SAPD sukses behaal met die spoedige inhegtenisname van die booswigte. Dankie ook vir die Plaaswag van Drakenstein vir flinke optrede.

Casper ·

Is dit al klagte wat ondersoek gaan word.Wat van poging tot moord en sekerlik is die vuurwapen ongelisensieërd en onwettige besit van ammunition.

Karel Kobus Kruger ·

As iemand n sekere tipe “look” het, maak jy onder GEEN maar GEEN omstandighede die deur vir hom oop nie. Jy groet hom nie eens nie. Jy ignoreer hom soos n stopstraat. Ongeag watse sopperige storietjie hy het. Hou op om teenoor almal beleefd te wees.

katerinadiekat ·

Ek sou dit verder vat en se: Enige vreemdeling. Soms lyk mense eerlik en ordentlik genoeg, maar dan is hulle nie.

Sêmanet ·

Sy het seker ook nie eintlik ‘n keuse gehad nie. Ek is seker sy het onraad vermoed toe sy sien dis drie mans. Maar sou sy hulle ignoreer, sou hul in elk geval gedoen het wat hulle gedoen het. Tien teen een was daar niemand van haar mense naby nie.

Keith ·

Almost always “inside information”. Feb 2001 is ek , my vrou en dogter, op n’ kleinhowe tussen Witrivier en Hazyview, deur drie van hulle aangeval. Dankse’ die Here se genade het ons die voorval oorleef. Hulle het +- 8.00 nm se kant met messe die huis ingestorm toe ek die stoep se deur wou sluit.
Hulle het +- 90 minute later met my kar, volgepak met ons goedere weggery. I was able to contact the police who arrived within 20 minutes. The attackers did not wear masks or balaclavas and their intention, according to the police, was to kill us, but thankfully God had other plans for us that night. To cut a long and terrifying story short, it came out that our labourers (a husband and wife) WERE aware that the thugs were camping out some 200 metres from our house and that we WERE going to be attacked , which is why they ran and hid in the forest when the attack started. My point here is that you should carefully consider who you can trust to help you in the event of an attack.

katerinadiekat ·

Ek is bly julle is veilig. Maar regtig, in hierdie land kan mense nie meer deure oop los nie, dag of nag.

Ian ·

Boere is besig met n oorlog. Hoe vinniger hulle dit besef hoe beter. As jy n boer is en jy het nie n side arm of wanneer onbekende mense op jou erf inry jy jouself veilig maak nie staan jy n kans om jou lewe te verloor maak nie saak waar in SA jy jouself bevind nie.

Werner ·

Wel as jy die dorps en stads aanvalle bytel sou ek dink elke blanke is in n oorlog

Jacques ·

Dit is die hoeveelste berig wat ek nou al op Maroela Media gesien het waar daar probeer is om die mense te vermoor maar die polisie ondersoek n saak van roof of huisbraak. Waar is die poging tot moord klag?

Ansie ·

Huisroof se voet! Dis poging tot moord. Of tel dit nie as ‘n witmens geskiet word nie? Boere moet eenvoudig weier om besigheid te doen met sulke “loslopers”. Daar was nou al ‘n hele paar gevalle waar boere geskiet is deur mense wat kastig skape wou koop.

Genis ·

As die saak as huisroof ondrsoek word? Weet ons mos wat doen die SAPD… Soek julle n saak nommer vir die Versekering?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.