Lees ook:
Non se liggam gevind: ‘Sy was ‘n merkwaardige vrou’
Kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, sê die non is Sondag in Norwood, Mthatha gekaap en ontvoer. Haar motor is later in Mthatha gewaar en deur mense wat saam met haar gewerk het agtervolg.
“Die polisie het ook die motor agternagesit en soos hulle nader gekom het, het die motor omgeslaan. Twee mans het te voet gevlug en die polisie het op ‘n 9mm-pistool met vyf rondes en ‘n selfoon beslag gelê,” het Fatyela gesê.
Fatyela sê die non was steeds vermis en haar liggaam is eers Maandagmiddag gevind. Hy sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord nie. Die oorsaak van die non se dood is nog nie bekend nie.
Niks en niemand word ontsien nie. Iemand wat die Woord en liefde van God versprei en sekerlik nog nooit iemand te na gekom het nie word soos ‘n stuk gebruikte koerant eenvoudig weggegooi nadat sy vermoor is. Hoe siek is dit? Mag sy ewige rus vind.