Vrou sterf ná kaping: Verdagte vrygelaat

Magda van Vuuren. Foto: Facebook

Magda van Vuuren. Foto: Facebook

Die 15-jarige meisie van Port Elizabeth wat vroeër vandeesweek in verband met die kaping en moord van Magda van Vuuren (53) in hegtenis geneem is, is vrygelaat.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie is Donderdag uit polisieaanhouding vrygelaat omdat daar nie genoeg bewyse was om haar met die misdaad te verbind nie. Die vier tienerseuns, almal leerders van die Spesiale Skool Westview, wat ook in hegtenis geneem is, is egter steeds in aanhouding en sal Vrydag in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Van Vuuren is Maandag buite ʼn huis in Parsons Hill geskiet nadat sy besoek by haar ma afgelê het. ʼn Tienerseun het haar glo genader en drie skote afgevuur waarvan een haar in die rug getref het. Sy is na ʼn hospitaal gehaas waar sy later dood is. Die skieter, wat na bewering in ʼn skoolbaadjie geklee was, het in Van Vuuren se BMW-motor gevlug.

Later daardie aand is ʼn 16-jarige seun en die 15-jarige meisie in hegtenis geneem nadat hulle by ʼn Engen-vulstasie in Blouwaterbaai in Van Vuuren se gekaapte motor opgemerk is. Nog drie seuns is later in hegtenis geneem.

ʼn Vuurwapen is in een van die seuns se besit gevind. Die vuurwapen behoort glo aan die seun se pa.

Die tieners staan tereg op aanklagte van moord, motorkaping, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en die besit van gesteelde goedere.

Lees alle vorige berigte oor Magda van Vuuren op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
MM

Kry borgtog seker R100.00 elk, maar die man wat sy vrou vermoor moet sukkel om borg te kry en moet ‘n belaglikte bedrag borg betaal.

Andries

Hoe laat jy iemand los wat gevang word in die gesteelde motor? Sy is medepligtig dan nie? SA se regstelsel beskerm net die kriminele. Wat van die familie van die vermoorde vrou? My innige simpatie aan die familie.

yvonne

Linda B , moet nie oordeel . Hierdie Kinders het leer probleme en daarom is hulle in daardie skool. Dit kon net sowel kinders in ‘n spog skool gewees het (soos wat al die geval was) . Hulle het die besluit geneem om ‘n verkeerde daad te pleeg en dit het niks met hulle skool te doen nie. Ek ken goeie mense wat in hierdie skool was en hulle is almal vandag suksesvol , sommige van hulle met hul eie besighede. Spesiale skool beteken nie automaties vrot appels nie. Nie almal is so bevooreg om akademies te wees nie. Dit… Lees meer »

MM

Dit gaan nie oor in watter skool jy is nie. Dit gaan oor verkeerde maats, of ‘n gebrek aan opvoeding en dit sluit in, in watter omstandighede hulle woon en groot word.

Ben Prinsloo

Yvonne nee, van die kinders het leerprobleme en is dan in daardie skool. Van die kinders het nie leerprobleme nie en is bloot net moedswillige balhorige kriminele wat nie n dooie duit omgee vir niks en ek bedoel nie eers vir hulself nie en daarom is hulle ook in daardie skool. Wie hierdie daad gepleeg het is 1 van bogenoemde gevalle. Jy besluit self watter 1.