Vrystaatse munisipaliteit wil krag-wanbetalers vasvat

(Foto: Twitter)

Die Maluti A Phofung-munisipaliteit in die Vrystaat – wat die beleërde kragverskaffer Eskom R2 miljard skuld – sê hy gaan voortaan inwoners en sakeondernemings wat nie hulle rekeninge betaal nie, se krag begin afsny. Die plaaslike owerheid bedien dorpe soos Harrismith en Phuthaditjhaba.

Die munisipaliteit het Dinsdag gesê verskeie inwoners en ondernemings peuter met sy infrastruktuur.

“Gevolglik het tydelike maatreëls, soos die installering van transformators wat gebruik word om elektrisiteit betroubaar te verskaf, weens die hoë druk op die stelsel nie hond haaraf gemaak nie. Dit word ʼn onbegonne taak vir lojale klante [wat hulle rekeninge betaal] om die hele gemeenskap te dra. Ons kan nie ʼn situasie duld waar net 29,4% van gebruikers betaal, terwyl die oorblywende 70,6% nie bydra nie,” het die munisipaliteit in ʼn verklaring gesê.

“Die munisipaliteit het dus geen ander keuse as om inwoners en sakeondernemings wat skuldig is aan onwettige verbindings en peutery se krag af te sny nie. Die raad se beleid sal betalingsooreenkomste reguleer en straf vir oortreders bepaal.”

Eskom het in Maart vanjaar laat beslag lê op die munisipaliteit se roerende bates weens onbetaalde skuld van R2,8 miljard.

Tien wanbetalende munisipaliteite skuld Eskom ʼn gesamentlike R9 miljard. Drie van dié munisipaliteite is in die Vrystaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Bertus ·

Sal nooit gebeur nie, dit sal “weg gestaak” word! Soos alles.

Stebastiaan ·

Die land pluk nou die vrugte van die anc storie wst destyds vir die swart verbruikers vertel het om nie krag te betaal want die wittes kry dit verniet!!! Nou wat nou?

George in Bloem ·

Hahahaha! Ja,julle is so snaaks. En wie se ondersteuners is 99%van daai 70% in elkgeval? Spul narre.

Nee wat.... ·

Ek doen aktes in die Vrystaat en vra daagliks Munisipale syfers aan. Dit is skokkend oor wat die uitstaande bedrae beloop. Somtyds oor die R100 000.00, wat beteken dit is jare en jare se agterstallige skuld. Dra die Munisipalitet nie ook mar skuld hieraan nie? Hoekom nie na 2de maand se wanbetaling krag en dienste stuit nie. Sit hulle dit nou af is daar weer n helse protes!

marina ·

Jy slaan die spyker so op die kop!! Kan nie verstaan hoekom wan betaling nie onmiddellik aan gevat word makliker om 2mnde se agterstallige te verhaal as jare sin!!

Schalla ·

Ek stem saam. Ek kan getuig (bieg) dat ek maar net mens is en al per geleentheid vergeet het om betyds my krag te betaal waar ek bly. In elke geval is ek binne die volgende week herinner daaraan in die vorm van ‘n dreigbrief dat ek moet betaal of my krag sal binne ‘n paar dae afgesny word en ek sal dan die uitstaande rekening sowel as die her-konneksie koste moet betaal (o ja en die dreigbrief kos gewoonlik ook R175 of so iets wat outomaties by jou rekening gevoeg word….) So ja hoe is dit moontlik dat elders mense vir jare kan wegkom? Die munisipaliteit daar moet meer paraat wees en dadelik optree ten wanbetalers ORALS.

Tina ·

Hoekom moet dorp bewoners vir water betaal, terwyl inwoners van nedersettings nie hoef te betaal nie?

Swannie ·

Nee wat, vergeet maar daarvan. Paaie sal blokkeer word, kligooiery sal voorkom en dan is alles weer terug na normaal – geen betaling soos gewoonlik.

jaco ·

Eskom en hierdie munisipaliteit wat nie betaal nie, word ALBEI deur die ANC beheer. So dis eintlik die ANC teen die ANC en die ANC wat vir die ANC geld skuld. Wat ‘n absurditeit dat Eskom nou ‘n aksie teen die munisipaliteit het. Skryf eenvoudig die uitstaande skuld af. Dis ‘n week se administratiewe werk en alles is afgehandel.
Ek kan sulke aksies verstaan as die munisipaliteit deur die DA of die IVP beheer word, maar wat hier aan die gang is kan alles binne die ANC-huis opgelos word.

Johan ·

Maluti a phofung munisipaliteit nogal… “I rest my case”….

Rubber ·

Ag asb die, ANC het die wanbetazl kultuur begin en probeer ‘n kommunistiese utopia skep. Nou skielik sien hulle forniet en mahala werk nie.

ChrisE ·

Gedurende die tagtiger jare was verbruikers boikotte aan die orde van die dag. Die kultuur van wan of geen betaling is in die massas deur die bevrydingsterroriste ingeprent. Die probleem is deur die vorige bedeling geskep om nie meer drasties teen wanbetalers op te tree nie, deur die huidige regime geêrf. Die blinde sambok piets vir jou een of ander tyd. Wat het met “liberation before education” gebeur. Die wrang vrugte word en sal nog vir lang tyd gepluk word.

Johanna Botha ·

Haai NOU na 25 jaar ! ! ….anc het n lekker lat vir homself gepluk !

Afgedank ·

Oral keer n hofbevel ESKOM om krag af te skakel. Die regstelsel beskerm die wanbetalers. SA is maar net nog n korrupte Afrikaland waar armoede en oorbevolking die land verwoes.

Lynette ·

Ek het een maand R90 te min betaal op my munisipale rekening, omdat geen rekenings ontvang was nie. My pre-paid was geblok tot die R90 betaal was. Ek kon geen krag koop nie. Wonder hoe kry hulle dit reg om nog krag te kry as hulle agter is.

Rina ·

Joh biekie te laat wakker geskrik …… julle moes jare gelede hierdie stap geneem het. Geld wat oorbetaal moes word vir Eskom kan n.persoon ons meedeel

emily ·

Dit is julle eie skuld. Hoekom laat julle die rekeninge ophoop, As die 2de maand se rekening nie betaal is nie,SNY die krag. Nou vat die mense ”advantage” en betaal nie aangesien die krag nie gesny word nie. Hoekom wag vir 5-6 maande dan wil julle die mense dagvaar vir agterstallige rekeninge.
Ja en natuurlik gebruik sommige mense nog die verskoning. O, ek het nie n rekening gekry nie. Nonsens man, jy weet mos wat jy elke maand min of meer gebruik, So ja betaal dit.

Maljan ·

Een vir almal en almal vir een! Is mos hoe n demokrasie werk nie waar nie? So die 29.4% moet ook ophou betaal! Viva! Laat maluthi a phofung die eerste munisipaliteit wees om demokrasie te proe en aan die land uit te dra?

Lee ·

O my word. As jy in Gauteng net R1.00 kort betaal word jou krag gesny. Hierdie Stadsraad is bietjie agter!!

Frans C ·

Elektrisiteitrekeninge is ‘n handelsrekening in munisipale boekhouding.Die oorskot/surplus op ddie rekening word onder normale omstandighede gebruik om ander tariew/heffings /belasting so laag as moontlik te hou.Wat ons comrades nou doen is om sulke rekeninge te laai met soveel dingee as wat hul kan,wat niks met ellektrisiteitvoorsiiening te doen het nie.Dus al betaal almal is die kanse 100% dat die inkomste reeds vir ander doeleindes soos vet sallarisse en toelaes,motors ens aangewend is.Die wanbetaaling verskoning is dus ‘ handige verskoning om wanbestuur weg te steek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.