Vuurwapenwet: Voorgestelde wysigings ‘onrusbarend’

Argieffoto

Solidariteit het Donderdag in ʼn verklaring gesê dit is “onrusbarend” dat die regering met die beweerde voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenwet aan Suid-Afrikaners sê: “Gee jou gewere oor”.

“ʼn Ontwapende burgery is totaal uitgelewer en dit terwyl die reg om ʼn mens se eie lewe te beskerm absoluut en ononderhandelbaar is,” het Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), in reaksie op die dokument, wat glo bedoel is om ʼn wysigingswetsontwerp op die Vuurwapenwet te wees, gesê. “Ons durf dit nie eers oorweeg om ʼn aks te gee in dié verband nie. Die tyd het aangebreek om onredelik en onbeskaamd op normaliteit aan te dring.”

Maroela Media het vroeër berig vuurwapeneienaars is warm onder die kraag nadat die dokument uitgelek het wat daarop dui dat die Vuurwapenbeheerwet só gewysig wil word dat selfverdediging nie meer as rede gebruik kan word om ʼn vuurwapen te besit nie.

Dit kom nadat Gun Owners South Africa (Gosa) in ʼn verklaring gesê het die wysigingswetsontwerp met betrekking tot vuurwapens is bekendgemaak en die organisasie is “woedend” oor die wysigings wat voorgestel word. Aldus die verklaring sal artikel 13 en 14 van die wet teruggetrek word, wat beteken dat Suid-Afrikaners nie meer ʼn vuurwapen vir selfverdediging sal mag besit nie.

Solidariteit het voorts aangekondig dat hy eersdaags ʼn reuseveldtog van stapel gaan stuur om hierdie dokument met hand en tand te beveg, onder meer deur middel van massa-ondersteuning, petisies en internasionale bewusmaking.

Die dokument beoog om artikels 13 en 14 van die Wet op Beheer van Vuurwapens (No. 60 van 2000), wat spesifiek daarvoor voorsiening maak dat vuurwapens vir selfverdediging toegelaat word, te skrap. Volgens Mulder is hierdie voorstel op sy eie al ongelooflik problematies. “Burgers se reg om hul eie lewe te verdedig, is iets wat fundamenteel tot ʼn samelewing is. In Suid-Afrika, met ons absurde vlakke van geweldsmisdaad, is dit net verregaande om burgers se reg op lewe in te perk,” waarsku Mulder.

“Alhoewel daar vrae rondom die status van die dokument mag bestaan, is dit vir ons so duidelik soos daglig dat dit ʼn voorgestelde wysigingswetsontwerp is, selfs al is dit tegnies gesproke nog nie een nie. As ʼn ding lyk soos ʼn eend, ruik soos ʼn eend en vlieg soos ʼn eend – dan is dit ʼn eend, al is dit nie op die oomblik op ʼn dam nie,” het Mulder verduidelik.

“Om boonop as motivering aan te voer dat die hoë vlakke van geweldsmisdaad en vuurwapenmisdaad vasgevat gaan word deur landsburgers te ontwapen, is net ʼn bewys dat die opstellers van hierdie wysiging van die werklikheid ontkoppel is. Ten spyte van eng vuurwapenwette, is Suid-Afrika se geweldsmisdaadvlakke buitensporig hoog. Die idee dat groter regulering van vuurwapens die geweldsmisdaadprobleem gaan takel, het sy ontstaan in ʼn PowerPoint-voorlegging eerder as in ʼn polisieverslag gehad.”

Mulder het bygevoeg indien daar slegs oor wapenwetgewing gepraat word, is die idee reeds problematies. :Binne die konteks van verskeie kommunistiese beleide wat die ANC in die res van 2018 wil aan- en deurvoer, soos onteiening sonder vergoeding en die Nasionale Gesondheidsversekering, is hierdie wysigingswetsontwerp ongelooflik onrusbarend. Ons sal dit nie daar laat nie. Hier is waar ʼn mens die streep trek. ʼn Regering moet bang wees vir sy burgers, nie andersom nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

69 Kommentare

jongste oudste gewildste
JoeV

Die probleem is die meeste ANC kiesers het kriminele rekords en kwalifiseer nie vir vuurwapens nie. Die ANC om stemme te kry moet hulle die emosie van moontlike kiesers streel duer die onderdrukker ‘n punt te wys, en dit is wat die is.
Maar soos mens weet, net wets gehoorsame burgers gebruik die wette om vuurwapens te bekom, so dit sal op die lang duur dalk nie so ‘n groot effek hê nie!!

Corne

Wou al lankal vir my ń kruisboog aangeskaf het, klein en pyle geruisloos.

Danien

Ek besit my vuurwapens al 35 jaar. Ek is nie n krimineel nie. Het nog nooit my wapen op n ander gerig of gedreig nie maar as hulle my wil ontwapen en verwag ek moet net stilsit en niks doen dan maak hulle n m$%rse fout. Ek en ek glo daar is baie ander is besig om keelvol te raak en die dag gaan kom wat wat mense gaan bid dat die dag nooit moes aanbreek nie. Ek doen niemand skade nie en respekteer elke mens ongeag sy velkleur maar moet my nie of my familie uitlewer aan moordenaars en… Lees meer »

Jan

Dit is net om ons blankes te ontwapen sodat hulle ons makliker
kan vermoor.

WH van der Merwe

Sal dit ook van toepassing wees op die polisie?dan het hulle ook nie vuurwapens nodig nie