Vyf beamptes vas oor korrupsie

Argieffoto

Vyf polisiebeamptes is in Jouberton, Klerksdorp en Vryburg in Noordwes in hegtenis geneem op afsonderlike aanklagte van korrupsie.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê in die eerste geval is ʼn 52-jarige adjudant-offisier, van die voertuigmisdaadondersoekeenheid Donderdagoggend in hegtenis geneem. “Hy het na bewering R3 000 omkoopgeld van die eienaar van ʼn voertuig probeer bekom. Die voertuig is in Januarie geskut vir ondersoek. Ná ʼn bedrag van R800 aan die verdagte oorbetaal is, is die saak by die polisie aangemeld. Die verdagte is in hegtenis geneem en hy het vlugtig in die Klerksdorp-landdroshof verskyn. Hy is vrygelaat op borgtog van R2 000 en sal weer op 15 Augustus in die hof verskyn.”

In die tweede geval is twee beamptes, van Khuma-polisiestasie, ook Donderdagoggend in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie. “Die verdagtes het na bewering in Januarie 2019 R1 500 omkoopgeld van ʼn motoris bekom. Volgens inligting wat in hierdie stadium beskikbaar is, het ʼn motoris ʼn voetganger omgery. Die saak is nie by die polisie aangemeld nie, omdat die voetganger nie beseer is nie. Ná sy egter besef het sy het wel beserings opgedoen, het die voetganger die saak by die polisie aangemeld. Die verdagtes, albei konstabels, het die motoris in Khuma opgespoor. Hulle het omkoopgeld van R2 000 geëis en die motoris gedreig dat hulle beslag gaan lê op sy voertuig. Om inhegtenisneming vry te spring, het die motoris na bewering R1 500 aan hulle oorhandig.” Die twee konstabels, onderskeidelik 43 en 52 jaar oud, het in die Stilfontein-landdroshof verskyn en is vrygelaat op borgtog van R500 elk. Die saak is tot 24 Julie 2019 uitgestel.

In die derde geval is twee polisiebeamptes, onderskeidelik 39 en 49 jaar oud, van Vryburg-polisiestasie, ook Donderdagoggend in hegtenis geneem. Hulle het vlugtig in die Atamelang-landdroshof verskyn waar hulle vrygelaat is op borgtog van R2 000 elk. Hulle sal na verwagting op 21 Augustus 2019 weer in die hof verskyn. “Hulle inhegtenisneming volg ná bewerings dat hulle in Oktober 2018 omkoopgeld ter waarde van R600 en R700 van winkeleienaars in Madibogo geëis het. Hulle het glo inspeksie gehou oor goedere wat reeds verval het. Alhoewel hulle nie enige vervalde goedere in die winkels gevind het nie, het die verdagtes, ʼn adjudant-offisier en ʼn reserwe-konstabel, betaling van die eienaars geëis op voorwaarde dat hulle nie in hegtenis geneem sal word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Willehond ·

Daar is nog duisende ander soos hulle in die polisie! En hulle moet ons beveilig? Ek lag my lam!!!

Linda Merwe ·

En wat van al die menere wat voertuig leerling en bestuurders lisensies verkoop?

Chr ·

Niks snaaks nie. Dis hoekom EK 2keer kyk as polisie naby my Kom. Hulle is erger as die anc

sweis ·

Hoe agteraf en goedkoop is hulle ek dink jy kan hulle omkoop met tien rand.

Karolis ·

Fantastiese nuus. Nou moet hulle net skuldig bevind word voordat die klaers iets oorkom.

Michelle ·

Kry asseblief net eers daardie uniform voordat hul aangekla word wat ‘n skande. Dit is nie eers meer ‘n klap in die polisie se gesig nie daar is te veel korrupsie. Laat hy ook in die tronk gaan sit sluit hom die regte manier toe maar vat net eers daardie uniform waarvoor ons belasting betalers moet betaal.

aj ·

Rubbish in …. rubbish out!

Slegs eerlike rekrute moet tot die polisie toegelaat word.

Streng keuring!!!

h ·

soos ‘n volstruis sy kop in ‘n gat druk, so sak my kop in skaamte oor die in duie stort van ‘n eens ‘n uiters bekwame SAP mag!

dit is ook geen wonder, want Bheki Cele het nog nooit in sy lewe SAP opleiding gehad nie en was al van bedrog & korrupsie aangekla!

Attie. ·

Ek en y vrou en ons kleindogter het die grenspos gebruik naby Letaba in die Krugerwidtuin, oppad na Mosambiek. Ons wou agtuur by die grenspos wees, Ons was vertel deur mense dat dit ‘n gevaarlike deel van die Wildtuin is agv stroperaktiwiteite. Tussen niks en nêrens was daar op die hoofpad skielik ‘n ketting oor die pad met ‘n geen toegang padteken. Ek was nie gewillig om daar stil te hou nie aangesien dit reeds agtuur was en omrede dit onveilig sou wees. ‘n ent verder het ‘n polisievoertuig verby ons gejaag dat jy net klippe sien spat het. By die grenspos aangekom het ‘n sekere kaptein Ngu…. my vir ongeveer ‘n uur ondervra oor waar kry ek die reg om ‘n wettige padteken te ignoreer. Ek het later my humeur totaal en al verloor en vir hom vertel dat as kaptein nie die reg het om my skuldig te bevind nie, hy mag my wel arresteer en voor ‘n hof bring. Agv daarvan het ons laat by ons bestemming in Chai Chai aangekom. Dit was twee jaar gelede. Ek is steeds van mening dat hy ons sou laat gaan indien ons ‘n paar note uitgehaal het. Verdomde spul

sweis ·

Die hele klomp is korrup volgens n meningsopname die mees korrupte departement in die regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.