Vyf weermaglede sterf in ongeluk  

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Vyf lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is die naweek in ʼn ongeluk in Mpumalanga dood.

Volgens brig.genl. Andries Mahapa, woordvoerder van die weermag, het die ongeluk Saterdag plaasgevind terwyl die lede van Zonstraal- militêre basis na die Macadamia- militêre basis onderweg was.

“Die bestuurder het beheer verloor nadat ʼn voorband gebars het waarna die voertuig teen ʼn boom gebots het. Al vyf insittendes is op die toneel dood verklaar.”

Die lede was aan 9 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon (9 SAI) verbonde wat onder Operasie Corona vir grensveiligheid in Mpumalanga gestasioneer was.

Thandi Modise, minister van verdediging en millitêre veterane, en genl. Rudzani Maphwanya, weermaghoof, het hul medelye met die soldate se naasbestaandes betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JUST ·

Hulle sê die band het gebars, ek dink dit is meer die pad wat vol gaate is wat die probleem was.

Di ·

Dis tragies dat daar so baie mense deesdae op ons paaie sterf! Innige meegevoel aan hierdie persone se families, kollegas en vriende.

Papsak ·

Ja so jammer dat die sterk vooruitgang so is in SA dat mense sterf so mooi lyk ons paaie sies skande SA

Surfer ·

Swak paaie, moord en roof, so vermoor die ANC hul stemme vir hul volgende verkiesing.

domheks ·

“POTHOLES” is die groot oorsaak van dood op ons paaie. Maar cANCer kan dit nie sien nie, ly aan tonnelvisie. Kyk net waar kan hulle geldjie kry vir eie gewin.

Koos 100 ·

Operasie Corona? Was of is dit vir Corona virus ingestel?

Piet ·

Nee dit was lank voor die Corona virus..dit is grens en misdaad operasies

Danie ·

Spoed maak dood .Kyk na die vragmotor in natal dubbelsperstreep en hoe spoed dis n perfekte resep.

Miena ·

Ag ons weet in watse haglike toestande die MP paaie is hier by ons. Bydraende faktor van erge tot fatale padongelukke. Ons weet ook dat sommige goewerments voertuie (soos ander lede van die nasie) nie altyd padwaardig is nie. Ook dat sommige goewerments voertuig-bestuurders ry net soos hulle wil want die pad behoort mos aan hulle. Aangesien Thandi Modise nou al met die naasbestaandes medelye betuig het, hoekom is die name van die oorledenes nie bekend gemaak ook (in alle berigte) nie? Ewenwel – simpatie aan die families en naasbestaandes van die troepe.

Piet ·

Nie goewerments lede ry net so sleg en hul voertuie is ook net soms in so slegte toestand. Die lede wat gesterf het was nie troepe nie maar wel senior soldate… toon so bietjie meer respek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.