Walus op parool vrygelaat

Hierdie foto van Walus is in November 1997 geneem. (Foto: AP Photo/Cobus Bodenstein)

Janusz Walus, moordenaar van die voormalige SAKP-leier Chris Hani, is ná 28 jaar agter tralies Woensdag eindelik op parool vrygelaat.

Die departement van justisie en korrektiewe dienste het ʼn kort rukkie gelede bevestig Walus is “onder streng voorwaardes” vrygelaat. Sy vrylating op parool volg op ʼn bevel van die Konstitusionele Hof dat hy binne tien dae (die bevel is op 21 November gemaak) vrygelaat moet word.

Die 69-jarige Walus se vrylating is egter vertraag nadat ʼn medegevangene hom in die tronk met ʼn skerp voorwerp gesteek het en hy eers mediese behandeling moes ontvang.

Volgens die departement sal hy twee jaar parool onder korrektiewe gemeenskapsdiens uitdien.

Die departement van korrektiewe dienste het sy paroolvoorwaardes aan hom uitgespel en sê indien Walus dit verbreek, sal hy moet terugkeer tronk toe.

“Dit is ongetwyfeld só dat oortreder Walus ʼn verdelende figuur in ons ontluikende konstitusionele demokrasie is en dat sy vrylating verstaanbaar wonde vir sommiges in die samelewing oopgekrap het – veral die familie van die stydikoon Chris Hani,” lui die departement se verklaring.

Volgens die departement het Walus die demokratiese bestel op ʼn belangrike tydstip probeer ontspoor toe “die keuse om die land op ʼn volhoubare pad na vrede, demokrasie en rekonsiliasie, of chaos, burgerlike onrus en bloedvergieting net een slegte besluit weg was”.

Dié foto van die vermoorde SAKP-leier Chris Hani is in 1991 geneem. Hy is twee jaar later doodgeskiet. (Foto: Walter Dhladhla/AFP)

Die moord op Hani was optrede wat die land se lot tot laasgenoemde sou kon verdoem, was dit nie vir leierskap en die vasbeslotenheid van Suid-Afrikaners nie, sê die departement

Die departement sê voorts vorige besluite om Walus se aansoeke om parool af te keur, was nie vergelding vir die moord op die vermoorde vryheidsvegter nie. Die departement sê dit is gedoen “binne die raamwerk om uitvoering te gee aan die belange van geregtigheid soos gesien vanuit die perspektief van die hof wat die vonnis opgelê het”.

Die Kgosi Mampuru-tronk in Pretoria waar Walus jare van sy tronkstraf uitgedien het. (Argieffoto: Stefan Heunis/AFP)

Ná ʼn jarelange hofstryd het die land se hoogste hof egter vorige besluite om Walus se parool te weier ter syde gestel en beslis dat hy vrygelaat moet word.

Hoofregter Raymond Zondo het in die uitspraak gesê daar is niks wat Walus kan doen aan die ernstige aard van sy destydse oortreding nie. Hy het meer as 25 jaar van sy lewenslange vonnis uitgedien, aan elke vereiste voldoen om sy kanse om parool te verbeter, ’n skoon dissiplinêre rekord oor die jare gehandhaaf, langer as ’n dekade verskeie pogings aangewend om vrygelaat te word en het die Hani-familie meer as een keer om verskoning gevra.

Die Konstitusionele Hof se besluit is uit verskeie oorde egter skerp gekritiseer.

Limpho Hani, weduwee van die vermoorde politieke leier, het ná die uitspraak uitgevaar en onder meer na die besluit as “diabolies” verwys.

Die departement het Woensdag gesê die “howe het ons by vorige geleenthede herinner dat ons Grondwet gesetel is in ʼn geskiedenis wat ʼn oorgang van ʼn samelewing, gegrond op verdeling, ongeregtigheid en uitsluiting van die demokratiese proses, na een wat die waardigheid van alle burger respekteer en almal in die regeringsproses insluit, behels het”.

Die departement sê die vertolking van die Grondwet moet dus die konteks waarbinne die land is erken.

“Ons paroolstelsel is nie ʼn roekelose lisensie vir ʼn gebrek aan aanspreeklikheid en straffeloosheid nie. Dit maak ook nie die oorspronklike uitspraak en vonnis wat die howe opgelê het ongedaan nie.”

Die departement sê parool is ʼn erkende deel van die korrektiewe stelsel en dat almal die reg het om nie arbitrêr of sonder rede van hul vryheid ontneem te word nie en dat “veroordeelde misdadigers die reg het om voordeel te trek uit die voorgeskrewe straf wat die ligste is”.

Die departement sê wetgewing is daar om die regte van almal in die land te bevorder en te handhaaf – op ʼn gelyke grondslag – ongeag hul kleur, geslag, taal, geloof of kultuur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Chris dupreez ·

Mooi so, nou moet hy maar vinnig geepad of hy gaan vermoor word

Jean ·

Nie wettiglik nie nee.. maar daar kom daagliks mense oor ons grense sonder paspoorte.

Veritas ·

Onthou net hy is nou ‘n ou man en foto’s is maar baie skaars. Ek dink hy sal verby 99.99 % van mense loop en hulle sal hom nie herken. As ek hy was, sou ek net laag gele het vir ‘n rukkie en dan anoniem in ‘n tuin woonstelletjie in die suburbs verdwyn het. Ek glo daar sal mense wees wat simpatiek is en die nodige sal doen met die huurooreenkomste ens, die hele wereld hoef seker darem nie te weet wie mens se private huurder is nie. Ek lees berigte dat daar van die Poolse kant ook redelik fondse ingesamel is deur die jare vir die onkoste en van nou vorentoe.

Christine ·

Het ons land ‘n Poolse ambassade of konsulaat? Hoop hulle bied vir hom skuiling.

Di ·

Dis sy reg om vrygelaat te word. Het klaar sy straf uitgedien. HOEVEEL kriminele is skaars in die tronk dan is hulle weer buite en pleeg weer misdaad. ALMAL moet oor dieselfde kam geskeer word, PUNT. Limpho Hani moet maar oor dit kom! BAIE mense in SA het familielede verloor het weens moord en wie se moordenaars klaar weer op straat is, daarvan word NIKS gemeld nie. Wat maak haar man dan nou juis so spesiaal??

Racheltjie Debeer ·

Ek stem 110% saam met jou! Wat maak Chris Hani so spesiaal dat sy moordenaars in die tronk moet sterf, maar die duisende ander moordenaars wat ons boere vermoor word nooit gevang nie en die wat wel gevang word, sit nie eers vir 10 jaar nie.

Nici ·

Baie mense se wonde word daagliks oopgekrap deur plaasaanvalle en die regering kyk anderpad. Wonde pla hul net wanneer dit hul pas.

Witbaard ·

Die land se lot het in elk geval verval in chaos, bloedvergieting en burgerlike onrus.

Johan ·

Jy is 100% reg, en dit hoofsaaklik te danke aan hul “vryheidsvegters”, die 70+ moorde per dag is op hulle hande, waar is daardie geregtigheid!

Kokerboom ·

Nou moet hy NIEMAND van regime vertrou!Wees haaswakker!

Veritas ·

Ek glo en vertrou die man het die nodige wysheid en steun van simpatieke bronne om die nodige te doen in terme van die risikos wat teenwoordig is. Behalwe vir die steun van Poland af ( soos gesein kan word by sommge sokker wedtryde ), verstaan ek ook dat daar reelings plaaslik is om ekstra versigting te wees.

Bertie ·

‘n Sware dag vir onse kaders wat maar nie kan of wil vergewe nie.

Veritas ·

Ek sal wat wil gee om 24 uur saam met hom deur te bring, die wereld het darem baie verander in die tyd wat wat hy binne was. Ek sal egter nie graag saam met hom deur Sunnyside of Hillbrow wil ry nie. Selfs nie eers Dawn Park of Leondale nie. Daar was geweldige veranderinge in daai areas en as ek daar ry, raak my brein deurmekaar met beelde van 20 / 30 jaar terug. Mybrein kan nie altyd by hou met die agteruit gang nie en dis eers as mens na ou fotos kyk, dat mens die veranderinge sien.

Strandloper ·

Dit moet nou scary wees daar…het naby hom gebly. Danksy my vroutjie se wysheid 29 jaar gelede het ons nou rus en vrede hier by die groot dam wat die engelse gebou het.

Veritas ·

Groot Dam wat die Engelse gebou het ? Waar is dit, help asb ?

domheks ·

Limpho Hani moet dan ook eerlik wees en verduidelik hoeveel mense is deur haar man dood gemaak.

Martie Smartie ·

Ja en ek laat my nie vertel sy het nie n vinger in die paai gehad nie. Waneer gaan hulle robert magoos bar bom bride nou toesluit?

Waarnemer ·

Januz as jy my raad wil he,klim op die 1ste die beste vliegtuig terug Pole toe.Die vyand gaan jou wil uithaal.

Veritas ·

Hy mag nie die land wettig verlaat nie, hy moet nog 2 jaar parool uitdien

Marcello ·

Hy mag nie uit die land uit gaan vir die volgende 2 jaar nie, dit is een van sy borg -voorwaardes. Maar nou wonder ek waar gaan bly hy, of hoe gaan hy kos of iets koop sonder ‘n verdienste.?

Veritas ·

Ek verstaan daar is baie simpatieke mense plaaslik, in die hele situasie. Baie mense steun nog sekere ideale maar dis seker darem nodig om dit uit te basuin nie vir almal om te hoor nie, veral nie in die politiese korrekte tye nie. Daar is deur die jare fondse ingesamel plaaslik en oorsee ( Veral in Poland, waar hy ‘n tipe van ‘n held is ). Daar is serpe vir sokker en ander initiatiewe om fondse in te samel vir die regs koste vir al die apelle en legal koste. Google maar gerus indien u so verkies. Dis seker maar die man se privaat sake maar ek is oortuig daarvan die man sal nie op straat sit nie. Ek het geen spesiale insig in die saak nie maar vold die storie vir ‘n baie lang tyd. Sy dogter is in Poland en ek dink sy beheer dinge van daar.

SomeOne ·

baie vrede word jou toegewens, hou jou rug fyn dop, gee pad uit die hool wat hul suid afrika noem

Veritas ·

Hy mag nie die land wettig verlaat nie, hy moet nog 2 jaar parool uitdien

Marcello ·

Hy mag nie uit die land reis nie vir die volgende 2 jaar.

Hendrik Marthinus ·

Oor n week lees ons, Waluz terug in tronk
Hulle Sal seker maak hy het een of ander borgreel verbreek

Hendrik Marthinus ·

Hy moet solank Zuma en Shaick se Dokter se nr op soek en n siekbriefie gereed hou

Maverick ·

Welgedaan so bly vir hom hy verdien die laaste van sy jare om vry te wees hy het dubbel geboet

Marcello ·

Jy is korrek dit is 25 jaar, maar dit geld mos net vir sekere mense. Maar ek stem saam met jou, dit moes nie so verkondig geword het nie, die SAKP gaan hom uithaal.

Loun ·

Hy sal in die straat afstap en geen een van die rooi narre sal hom eers herken nie…..
Mag jy nou rustig aangaan met jou lewe, sterkte Janusz.

Veritas ·

Ek hoop van harte so. Daar is die klein probleem van FICA maar ek verstaan daar is maniere om rondom dit te kom, soos bewys deur die miljone onwettige immigrante in Suid Afrika. Miskien ‘n tuin woonstelletjie iewers, of klein rondawel op ‘n plaas as die stof eers gaan le het ? Ek hoor mens kan ‘n sim kaart koop by die plaaslike Pakistani selfoon winkel sonderRica, ek het geen idee of dit waar is nie. Niemand behalwe die mense wat in die tronk was saam met hom en ‘n handvol ander mense weet hoe hy nou lyk nie, met ‘n lekker vol baard kan hy in enige klein dorp woon as Oom Johannes ….

Jaco ·

Ek dink walus het in 1983 na SA gekom, want hy was moeg vir kommunisme in Pole (ook maar afgewaterde kommunisme gewees nogal met godsdiensvryheid en gedeeltelike privaat grondbesit). In 1989 het kommunisme tot ‘n val gekom in Pole. In 1990 is die ANC en die SA Kommunistiese Party in SA ontban. Almal het van toe af geweet wat sou kom: dat die ANC-SAKP-alliansie ‘n non-racial verkiesing sou wen. SO Walus kon dan mos maar net in 1993 teruggegaan het Pole toe. Daar was kommunisme dan reeds weg. Ek wens ek het so ‘n lekker agterdeur (escape hatch) gehad, van dubbele burgerskap. Dan was ek lankal weg uit dié aaklige anti-wit SA. Maar Walus het so ‘n agterdeur en hy mors sy kanse sowaar op.

Veritas ·

Jaco, jou opsomming is korrek. Ek persoonlik vermoed hy was ‘n bietjie naief om te dink hy gaan kommunisme stop om een sleutel figuur uit te haal en ons ook sal nooit weet watter druk Clive Derby Lewis op hom gesit het nie. Ek dink daar was kragtige magte betrokke en hy is maar net ‘n pion, om die waarheid te se dink ek hy is gekies en misbruik deur mense met ander agendas. Ons weet wel die volgende. He is baie gelukkig dat SA die doodtraf aggestel het, ander so hy nie nou hier gewees het nie. Ek was in die weermag in April 1993 toe Hani geskiet is, ek dink ‘n baie baie klein persentasie van mense wat toe gelewe het, weet hoe naby ons ( SA ) aan ‘n groot gemors was. Ek praat van 10 000 of meer baie kwaad mense in Thokoza, minder as 10 kilo’s van Alberton se wit woonbuurte ( in daai tyd ),waar die blanke mense rustig in en warm geslaap het. Die situasie was in al die ander stede soortgelyk, maar daar is baie slektief ge-rapporteer in die media.

Jean ·

Maar sy lys met name op het nie net een sleutel figuur se naam op gehad nie.

Johan ·

Veritas nou vermoor hul mense in hul slaap, elke dag, ons is defnetief nie beter af as wat n geweldadige opstand in 1993 sou gewees het nie wat net n paar maande sou duur sou gewees het nie. Ons is nou waar MEER mense doodgemaak word as toe die Siriese oorlog op sy ergste was (daar skiet hulle met alles wat hul het op mekaar, insluitend met tenks in die geboue in). Ons is basies in n 27jaar oorlog gewikkel teen die misdadigers, en dit gaan nie gou ophou nie, dit gaan net vererger. En ek het nuus vir julle in die ou liberale, naïewe Kaap ook, hulle is net n paar jaar agter die res, SASSA sal seker maak julle vergaan saam ons. Ons realiteit is dat ons moet beskerm wat ons sn is, en moet oorleef deur mekaar te ondersteun soos in n oorlog tyd, wat geen einde het nie. So daar is hoop vir ons, maar die geweld is nie gestop of gaan ook nie stop nie, dit gaan net vererger.

Veritas ·

Johan, dankie vir jou kommentaar. Miskien was my punt nie duidelik gestel in my plasing nie, ek is ( soos ons almal ) wel bewus van die daalikse moord ene doodslag in die land. Ek het nie ‘n opinie gelewer of dit beter of slegter sou gewees het as daar potensiele geweldadige opstand sou gewees het, met die gepaardgaande teen geweld. My punt was wel dat baie mense wat vandag leef en toe ook geleef het, van alles rasse, lekker rustig geslaap het daai paar aande, en die media het dit alles weg-gesteek. Miskien kan ek net se dat nie almal het besef hoe groot dit eintlik was nie. In elk geval, dis lank terug en ek weet nie hoe relevant dit regtig is meer. PS – Waar pas die liberale en naiwe Kaap in die prentjie ?

Jannie van Niekerk ·

Jy slaan die spyker op die kop. Ek wonder hoeveeel mense weet regtig hoe na aan ‘n menseslagting (wraak op wittes)_ons land in daai tyd was.

Martie Smartie ·

Rereig, dis vir jou te se. As jy zoempie en sheiksheik is van die raamwerk bietjie weg ne. Wat n klomp snert wat die mense kwytraak

Anel ·

Hy was klaar 28 jaar in die tronk. 3 jaar langer as wat verwag word vir lewenslank. Lewenslank beteken mos so enigiets van minder as 10 jaar. So hoekom hom nog 2 jaar op streng voorwaardes hou? Koop vir hom ‘n vliegtuigkaartjie sodat hy na sy geboorteland kan terug keer, waar hy VEILIG sdl wees. En Hani se vrou, kom oor jou haat. Weet jy hoeveel mense jou man vermoor het? En terwyl ons nou so praat van “onskuldiges”. Kyk maar na Macbride. Wil niks verder sê daaroor nie. Hoop meneer Waluz word veilig gehou. Dalk, net dalk help iemand hom oor die grens! Sterkte vir hom!

GeloofInGodNieMense ·

Pleks hulle doodstil bly en hom vrylaat. Nou weet almal en dit ná n aanslag op sy lewe. Arme man. Wonder wat gaan nou v hom word. Waar sal hy woon. Hoe sal hy leef.

Veritas ·

Planne is in plek. Hy sal ok wees in terme van materiele geriewe. As hy nog oor 2 jaar leef, sal hy gedopteer word na Poland toe.

Tredoux ·

Stil bly? Nee! Die publiek moet weet. Die publiek moet alles weet van alles af, want dit is ons beskore. Nuus stasies die wêreld vol maak seker dat ons elke en iedere drama te hoor van kom. En dit omdat die publiek belangrik en spesiaal is. Niks moet ons verby gaan nie…

kristi ·

Mr Walus, baie sterkte vir jou. Ek glo egter dat al die veranderings wat in ons land plaasgevind het die afgelope 28jr, vir jou skokkend gaan wees. Hoe pas mens weer in, in die samelewing na 28jr, soveel veranderings, maar ook finansieël? Mag dit voorspoedig gaan met jou en jy veilig wees.

Veritas ·

Dit is ‘n interessante punt. Hulle het darem TV in die tronk met koerante ens, so dit is nie meer soos 60 jaar terug nie. Ek dink hy sal darem op datum wees met selfone, die internet, en baie allerdaage dinge. Ek dink net daai groot skok kom met om bevoorbeeld van Johannesburg na Vanderbijpark toe te ry te ry, en daai 20 kilo lange plakkers kampe te sien. Ek sal ook dink die afwesighied van blanke kelners en tellers by banke en supermarkte sal my opval. As ek hy was, sal ek liefs nie ‘n koue bier in Hillbrow of Sunnyside gaan geniet nie, soos mens nog in 1993 soort van kon doen.

Aai ·

Welkom in die land van donkerte Mnr Walus jou daad het geen verskil gemaak.Sterkte vir jou en jou familie.

Wondermaarnet ·

Uiteindelik. Hy verdien om vry te wees. Hoeveel mense het Hani en Mandela gedood? Bomme geplant, maar gerieflikheidshalwe vergeet die haters dit.

Jaco ·

Ongelukkig onder die bedeling is hy n dead man walking, hoop jy oorleef die 2 jaar dat hy veilig die land kan verlaat.

Hulle gaan redes soek dat hy sy parool gaan verbreek en hom terug stuur

Papsak ·

Ja bly hy is uit maar sal moet vlug vir sy lewe sa is bitter onveilig

Janine ·

“Dit is ongetwyfeld só dat oortreder Walus ʼn verdelende figuur in ons ontluikende konstitusionele demokrasie is en dat sy vrylating verstaanbaar wonde vir sommiges in die samelewing oopgekrap het – veral die familie van die stydikoon Chris Hani,” lui die departement se verklaring. Wat ‘n GRAP!!!

Jannie van Niekerk ·

Wat van die wonde wat Robert McBride en Hein Groskopf (Mev Hani se helde) aan onskuldige slagoffers se naasbestaandes oopgekrap het? Is dit ook ‘n grap?

Lood ·

Ek wonder of malema en sy rooi kaboutertjies ooit weet wie Chris Hani was. Die meeste mense op straat weet nie. Moet Janus nie dalk nou die president word nie? Dis mos die manier in SA

Pinoccio ·

Behalwe die regte van kaders, hulle is mos verhewe bondie regstelsel?

annie ·

Ons hoop hy het goeie ondersteuning en iewers waar hy veilig sy voete kan vind. Dinge het baie verander… En ook nie. Die spul rewolusionêre dromers glo steeds ‘n paradys is bereikbaar… in SA nogal.

Vonny ·

Hi shame
Nou gaan die arme mens sien
Dat al sy moeite was verniet…….

Hy weet ook nie van loadshedding
OF
Potholes!

Jannie van Niekerk ·

Arme man. Hy kom terug na ‘n land waar alles bestaan waarteen hy geveg het.

Korrelkop ·

Verdwyn swaer, verdwyn. As ek ‘n privaat straler gehad het was jy reeds oppad

Gert ·

Nou moet hy maak soos die Guptas, want versoening in die land is n’ eenrigting straat. Wat ons beskou as n’ verval van ons land word dit deur ander omhels en uitgedruk as Africanacity. Geen veilgheid word vir hom hier gewaarborg nie.

SomeOne ·

wat se parool “voorwaardes” is daar, laat die man vry om te gaan

pestilensie ·

Miskien moet hulle Hanie se lugwaardin vra of hy vrygelaat moes word , as vir die sogenaamde burgeroorlog, was ons nie reeds in een , dit het nie werklik vreeslik verskil gemaak nie , het dit . Meer mense word nou in die “ normale” onstandighede doodgemaak as in die oorlogjare

Lillian ·

Ag siestog, DKD asof niemand verstaan wat parool voowaardes beteken nie …

Kensy ·

Dit laat my nou wonder… Waar is Eugene Terblanche se moordenaars??
Moord is moord!
Ek kom nie op vir die een OF die ander nie… maar die gereg moet deurlopend dieselfde toegepas word al dan nie?

Dr. Rhoshe ·

Sal dit nie wonderlik wees as politieke partye ook kan betoog en saamtrek om veroordeelde misdadigers, vrou- en kinderverkragters, seksuele oortreders en moorde se parool te laat herroep en vir strenger tronkstraf. Dit is diep kommerwekkend dat soveel kinders en vroue geskend en vermoor word deur paroolvrygesteldes en herhaalde misdadigers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.