Watertenkwa nié begelei toe boosdoeners toeslaan

(Foto: Pieter Cloete)

Die Tshwane-metropolisie (TMPD) vergesel deesdae die metro se watertenkwaens tydens aflewerings weens die gewelddadige aard van die afgelope maand se munisipale staking in die Jakarandastad. Die metropolisie het egter nie Woensdag ’n watertenkwa vergesel wat in die middestad aan die brand gesteek is nie.

Ofentse Madzebatela, die stad Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, sê metropolisiebeamptes het te laat opgedaag en die bestuurder van die watertenkwa het besluit om sonder begeleiding water vir inwoners van Olievenhoutbosch in streek 4 te gaan aflaai.

Die bestuurder is egter kort ná sy vertrek by die Princess Park‑depot voorgekeer en aangerand voordat die tenkwa aan die brand gesteek is. Die tenkwa was pas met water gevul, toe dit aan die brand gesteek is.

Die bestuurder van die tenkwa het nie ernstige beserings opgedoen nie en kon ontsnap.

’n Saak is sedertdien by die polisie aanhangig gemaak.

Intussen sit die kwesbare inwoners van streek 4 gestrand sonder enige water, sê Madzebatela.

Die burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings doen ’n beroep op die polisie om in te gryp.

“Dit is nou duidelik dat die stad nie meer te doen het met ’n onwettige staking nie. Ons het nou te doen met ’n goed gekoördineerde kriminele aanval op ons infrastruktuur. Ek wil daarom die wetstoepassingsagentskappe versoek om met dringendheid op te tree en hierdie misdadigers voor stok te kry.”

Maroela Media het vroeër berig die watertenkwa sowel as ’n bakkie van die stad se batebeskermingsmoniteringseenheid, drie vragmotors van die departement water en sanitasie sowel as ’n A Re Yeng-bus, is in verskeie gewelddadige aanvalle in Pretoria se middestad beskadig. Vier van hierdie voertuie is aan die brand gesteek.

Van die werknemers is ook tydens die voorvalle gewelddadig aangerand. Een van die werkers is in ’n ernstige toestand hospitaal toe geneem.

Grandi Theunissen, VF Plus-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in die Tshwane-metroraad, het dit sedertdien duidelik gestel dat die optrede doodgewoon krimineel en heeltemal onaanvaarbaar is.

“Ons het ver verby enige punt beweeg waar onderhandeling moontlik is. Wat ons nou nodig het, is daadwerklike polisie-ingryping en optrede om die skuldiges te identifiseer, op te spoor, in hegtenis te neem en te vervolg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marcello ·

Stem saam met die VF-Plus se raadslid.,,, Dit is nou misdade !!!!!!!!!!! En hulle ontneem hulle eie mense vorregte.

Elize ·

En so is my buurman ook ‘n polisieman maar is meer by die viswater as wat ek hom in uniform sien. Hoe werk dit?

Bolandse Nooi ·

Want jou buurman-polisieman kan nie 24/7/365 aan diens wees nie.

Cherokee ·

…meer by viswaters as in uniform..
Dit is hoe dit werk Elize. Aan diens ure is minder as af diens ure.

Harley Davidson ·

Hy is miskien op stres verlof of hartseer verlof of wat hulle ook al het net om nie te werk nie.

Lourens ·

Dalk moet jy werk vir jou hande kry en minder jou buurman dophou….

Bolandse Nooi ·

Nou maar LOS hulle dan sonder water!!!!!!!!!!!! Moenie die watertenks instuur waar hulle aangeval en uitgebrand word nie. Die Engelse sê: “Want not, waste not”. Laat hulle dan sonder water klaarkom …

Jacobus ·

Tshwane moet besef dat hierdie goed georganiseerde terroriste sabotasie is en dat die polisie nie teen hulle terroriste boeties sal opstaan nie.

Marina ·

Hou op om die spulletjie met handskoene te hanteer. Hulle is soos stout, bederfde kinders! As jy nie water/ ambulanse/ polisie/ treindienste in jou area benodig nie, dan stop daardie dienste. Lewer die booswigte aan die polisie uit en ons praat weer. Glo my, iemand weet wie hierdie kriminele is! Diestadsraad kan sommer plakate in die taal van die gemeenskap opsit met die rede waarom die reeds arm gemeenskap nou nog minder dienste het. En nee, moenie eens Apartheid probeer blameer nie!

Harley Davidson ·

Watter polisie word hier van gepraat die saps bestaan net om salaris te kry en verklarings te neem en hulle algehele gunsteling om te opserweer.

SjN ·

Los hul broers sonder water, sorg net vir hulself, hoop die stembus praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.