Weermag amptelik in KZN ontplooi

Argieffoto. (Foto: Guillem Sartorio/AFP)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is Sondag amptelik ontplooi om hulp te verleen in vloedgeteisterde dele van KwaZulu-Natal. Die weermag moet onder meer help met reddingspogings, beskerming van inwoners, opruimingsinisiatiewe en die vervoer van skenkings soos kos en ander noodvoorraad. Die weermag se gesondheidswerkers en mediese voertuie is ook in rampgebiede beskikbaar gestel om bykomende mediese hulp te verskaf.

Die SANW het in ʼn verklaring gesê 10 000 troepe, onder wie ingenieurs en reserwemagte, is onmiddellik beskikbaar gestel om bystand te bied as deel van operasie Chariot. “Die weermag sal help om tydelike skuilings in die veld op te rig en vars water te verskaf met behulp van sy waterfiltreringstelsels. Die weermag se elektrisiëns en loodgieters sal ook help om water- en elektrisiteitstoevoer in geaffekteerde gebiede te herstel.”

Operasie Chariot is ʼn geregistreerde operasie van die weermag wat ten doel het om humanitêre hulp aan Suid-Afrikaners te bied in dié tyd van nood.

Luidens die verklaring stel die weermag ook vier helikopters en ʼn vastevlerktuig beskikbaar. Die Suid-Afrikaanse militêre gesondheidsdienste sal ook help om bykomende mediese dienste in rampgebiede te verskaf. Dit sluit in ambulanse, verpleërs, dokters, sielkundiges en maatskaplike werkers.

Grootskaalse oorstromings in dele van KwaZulu-Natal het reeds die lewe van 443 mense geëis en duisende dakloos gelaat. Reddingswerkers en nooddienste het Sondag in alle erns begin om na meer as 63 vermiste mense te soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kokerboom ·

Weermag verbaas my elke keer met sy talle ingenieurs en ander profesieë beskikbaar. Wat doen hul andersins?
Is gebruik van swaar pantser eenhede soos ratels werklik nodig? Wat is die goed se funksie in die geval?

Spotty ·

Vandag word die ouens n engineer wanneer hulle hul mindagete op n engin-neer sit

SjN ·

Het hul wel tans 4 opgeleide vlieeniers vir die helikopters? Volgens vorige berig was een pilot siek.

Jack ·

Seker dieselfde lot wat met die plundery vroeer ontplooi is toe dit te laat was.

Phillip ·

Sekker om die wolke opteblaas . waar is die buffels wat soldate verondrestel is om tevervoer of lories met daai syle op wat soldate vervoer of bestaan dit nie meer nie .

Nie Verbaas ·

Uhhhh watter “weermag”? Moet ons nie beledig nie asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.