Weermag slaan vure dood oor Ramaphosa se duur DRK-vlug

Pres. Cyril Ramaphosa kort voor sy vertrek na Kinshasa in die DRK. Die vlug het die lugmag R1,6 miljoen gekos. (Skermgreep: The Presidency/Twitter)

Die weermag slaan vure dood ná berigte die afgelope naweek dat hy ten duurste betaal het vir ʼn passasierstraler van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) om pres. Cyril Ramaphosa en sy gevolg na die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se beraad in Kinshasa te vlieg.

Dit sou sowat R800 000 vir agt vliegure gekos het om die afvaardiging met Inkwazi, die presidensiële Boeing-sakestraler, na die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) te vlieg, het Sunday Times berig. Pleks daarvan het die weermag luidens die berig sowat R2,6 miljoen opgedok.

Geen vliegtuie van die lugmag se BBP-vloot is in hierdie stadium diensbaar nie, wat beteken die lugmag, wat verantwoordelik is vir die president se amptelike vlugte, moes ʼn private straler huur om die president en sy gevolg te vervoer.

Die weermag het nou teruggekap en sê die werklike koste verbonde aan die huurvlug was net minder as R1,6 miljoen.

Volgens die weermag kan Inkwazi en ander amptelike vliegtuie inderdaad nie tans gebruik word nie en daar is net beperkte kommersiële vlugte na Kinshasa. Dit sou die president se onmiddellike terugkeer ná die beraad vertraag het, sê Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die weermag.

“Onder hierdie omstandighede het die lugmag kwotasies van moontlike diensverskaffers bekom om die president en lede van sy afvaardiging na Kinshasa in die DRK te vlieg. Die nasionale lugdiens, SAL, was een van verskeie bieërs by wie die lugmag kwotasies gekry het.

“SAL het die laagste gekwoteer op minder as R1,6 miljoen – ʼn miljoen rand minder as die R2,6 miljoen-‘beraming’ wat Sunday Times as feit probeer voorhou het,” sê Dlamini.

“Twee kwotasies vir aansienlik kleiner vliegtuie was na aan R1,9 miljoen elk.”

Dlamini sê dit is betreurenswaardig dat daar op gerugte van kwansuise bronne in die lugvaartbedryf staatgemaak is. Die departement van verdediging meen die koerant het verwysing na hierdie “bronne” gebruik as ʼn manier om die “onetiese” gebruik van inligting wat verskaf is deur ongemagtigde verdedigingspersoneel te verdoesel.

Volgens die departement was daar 14 passasiers aan boord van die vlug na Kinshasa en 55 mense het terug na Suid-Afrika gevlieg. Die getal sluit nie bemanningslede van die lugmag in nie.

Benewens die stelling dat die presidensiële straler en ander BBP-vliegtuie nie tans gebruik kan word nie, het die weermag geensins uitgebrei oor die voortgesette gebrek aan diensbare vliegtuie nie.

Maroela Media het vroeër berig die weermag steier weens gebrekkige instandhouding – weens ʼn tekort aan geld – van die lugmag se vloot. Die lugmag se begroting is lankal reeds ʼn toenemende bron van kommer, veral omdat die vliegtuie verouder is en midtermyn-opgraderingswerk benodig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

marius ·

Kry vir hulle fietse . Met kopligte …..dit sal geregverdig wees vir die sirkus .

domheks ·

SA het mos baie geld om te spandeer. Wonder of die passasiers van die DRK af na SA betaal het vir hulle vlug! Of is dit nog ‘n paar onwettige burgers? Of agtergeblewenes wat nie kan betaal nie?

hendrie ·

Hierdie siele kan g’n vure doodslaan om hul koddige lewentjies te red nie.
Al sukses waartoe hierdie ou spulletjie instaat is, is om hulself buite weste met ‘n lang plank te kletter.

Henry ·

Hulle het geen waarde van geld nie. R100 vir my is
R1 000 000 vir hulle. As hulle daarvoor gewerk het sal hulle nie so baie spandeer nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die hele SANDF is betreurenswaardig. Blykbaar is die weermag ook agter met fooie vir ‘n belangrike databasis wat verdere gevolge inhou vir die lugmag se vliegoperasies.

De Villiers ·

Ek wonder nou, het die weermag dan nie geweet die president se vliegtuig moet gereed wees nie?

Kon hulle nie seker maak in die weke voor die beraad dat die president se vliegtuig gediens word en gereed staan vir die geleentheid nie, of vra ek nou weer te veel Westerse vrae?

SjN ·

Pateties, nog steeds 2 keer duurder as met hul eie vloot wat tans ondiensbaar is, swak, hul het geen benul van bestuur nie, dit is hoekom die land rommelstatus kry.

Oosieoos ·

Nee kyk die koppe moet nou waai. Suid afrikaners nou siek en sat vir die klomp totaal onbevoegde regering. En hulle onbevoegde aanstellings in staats departemente. Die tyd is nou kom ons staan saam en kry hul uit

Elma ·

Hoe stel jy voor kry ons hulle uit? Ek stem reeds, meer as dit kan mens nie doen nie.

Manie ·

Wanneer word iemand in die SANW verantwoordelik gehou vir die klomp nuttelose duur entstof wat hulle tydens Covid19 vanaf Kuba aangekoop het?

Wondermaarnet ·

Hoeveel afgevaardigdes was daar op die vlug? Seker al die familielede saamgesleep.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Welwillendheidsvlug, lekker pasella, mahala!

George ·

Suid Afrika dink mos mens kan net nog note print as die geld klaar is.

Anel ·

Nou hoekom kan hulle dit nie asnlyn of wat dit genoem word, doen nie. Soos hulle die afgelope 2 jaar gedoen het. Daar is mos nou tegnologie waarmee ou ramma so gereeld spog!!!!

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Rama is tehnologies gestremd…en sy gat het gejeuk om vir sy kamarade te gaan kuier. (Voordat die geld kraantjies finaal toegedraai word)

Antie Sarie ·

Geen vliegtuie diensbaar nie? Maar daar is hordes wat heen en weer vanaf en na Wklf vlieg in die nag? Wonder wie sn is dit

Genis ·

Nou wonder ek wat onder die vliegtuig se “matrasse” weg gesteek?

Di ·

NIKS in die WEERMAG werk meer nie! Behoede ons die dag as ‘n ander land SA moet aanval. EENS een van die beste weermagte in die wereld ten gronde danksy ons NUWE REGERING. Dis mos lekker om ons hardwerkende belasting betalers se geld so te mors. Intussen sukkel ons almal om kop bo water te hou met al die verhogings en nuwe geldmaak foefies wat in plek gesit word deur die regering om meer geld in te samel.

Koos 100 ·

14 soontoe gevlieg en 55 terug. Hoe het die ander 41 dan daar gekom, of het ‘n paar Afrika broers saam terug gekom?
Waar is die Falcon waarmee Zuma te bang was om te vlieg, en toe deur CR gebruik was?
Die stastsdiens staan voor ‘n staking want die regering het nie geld vir salaris verhogings nie, maar sulke aksies gaan vir vakbonde soos lekkers af.

007 ·

Hoekom betaal hy nie self vir die vlug nie? O ja sy geld onder die matras is mos weg. Wat ‘n grap, die klomp clowns.

Jr ·

Amerika het meer vliegtuie op hulle EEN vliegdek skip as wat daar in die hêle SA lugmag is ( as ons dit kan noem)

Nettie ·

Hoeveel keer kan die ANC hulle koppe NOG in skaamte laat sak?

Lillian ·

Hys dik in die pitte maar suig ons ou landjie se offers verder leeg… Duidelik voel hy vere.

Nierkie ·

Was daar nie ‘n Flossie beskikbaar nie? Die ooms, tannies en kleinniggies kon ook saamgevlieg het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.