Weermaglid in hof wat glo man sonder masker skiet

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Henk Kruger/African News Agency)

Die lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat Donderdag in hegtenis geneem is nadat hy na bewering ’n man by ’n winkelsentrum in Limpopo ná ʼn woordewisseling oor gesigmaskers geskiet het, het vandag in die hof verskyn.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Hendry Ngomane (29) het vroeër vandag vlugtig in die Morebeng-landdroshof in Limpopo op aanklagte van poging tot moord verskyn.

Die saak is tot Maandag uitgestel wanneer Ngomane na verwagting aansoek om borgtog sal doen.

Hy bly tot dan in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig lede van die SANW was Donderdag aan diens by ’n winkelsentrum in die omgewing van Mogwadi (Dendron) om te verseker dat lede van die publiek aan die Covid-19-regulasies voldoen.

Die lede het ’n groep mense sonder gesigmaskers opgemerk en hulle oor die kwessie gekonfronteer. ’n Woordewisseling het na bewering ontstaan waarna Ngomane glo ’n man geskiet het.

Die man is ná die voorval na ’n hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Geen rede om links en regs te skiet nie! Is almal trigger happy en het hulle ooit ordentlike opleiding gehad? Nee hulle kry dit nie… Geen wet en orde in die land nie.

Maroela hou ons op hoogte asb van die man wat geskiet is. Is hy ooit ok?

Persheks Adri ·

Absoluut geen wet en orde in die land nie! Indien hulle opleiding gehad het sou hulle geweet het jy skiet nie net nie.

I have a gun so I have the power gaan seker weer op kom. Dis onaanvaarbaar as jy dink jy’s bo die wet

Annelien ·

Baie geweldadig omdat hy n vuurwapen het, maar die oordeel en selfbeheer wat daarmee saamgaan is soos per normaal afwesig.

Nico ·

Oupa.
Wanneer hulle die uniform aan het, is hulle baie braaf want dan het hulle die reg in hul hande. Bring terug die ou weermag. Hierdie hofsaak sal ‘n klug wees, sal mos beskerm word. Sê vir wie is dood geskiet, haal hom uit die weermag ons het nie sulke mense nodig nie.

Hendrik ·

Is dit die mense op wie ons vertrou om wet en orde te handhaaf? Oranjepak ommiddelik vir jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.