Weke lange vertragings in dienslewering wag op Tshwane

Cilliers Brink, burgemeester van Tshwane tydens sy eerste stadsrede (Foto: Verskaf)

Die voortslepende staking deur munisipale werkers in Tshwane het tot wydverspreide ontwrigtings in dienslewering gelei. Soveel so dat inwoners van Pretoria en Centurion dalk vir weke lank nog die gevolge hiervan sal dra.

Cilliers Brink, burgemeester van die Tshwane-metro, het in ʼn onderhoud met Kallie Kriel op die AfriForumTV-program Kallie maak kennis met … oop kaarte gespeel oor die situasie in die metro en wat dit vir inwoners gaan inhou.

Brink sê daar gaan vir weke lank nog ernstige vertragings wees om onder meer kragonderbrekings en lekkasies op te los, en selfs uitgekontrakteerde werk soos vullisverwydering doeltreffend te doen.

Lede van die vakbond Samwu staak al vir etlike dae oor die loon- en salarisverhoging van 0% vir 2023‑’24 wat die stadsraad in Junie goedgekeur het.

Brink het dit reeds duidelik gestel dat die metro finansieel in die moeilikheid is en eenvoudig nie enige salarisverhogings kan bekostig nie.

Nogtans duur die staking voort. Die staking het reeds daartoe gelei dat nooddienste se bedrywighede in die metro ontwrig is, klinieke gesluit is en selfs Jan Alleman vir dae lank sonder krag of water sit weens onklaarrakings wat bloot nie herstel word nie.

Hoewel van die stakende werkers reeds terug werk toe gekeer het nadat die metro ʼn finale ultimatum uitgereik het, en verskeie interdikte bekom het, word dié lede nou geïntimideer om nie hul werk te doen nie.

Kyk op AfriForumTV wat Brink hieroor te sê het:

???????????????????????? ???????????????? ???????????????????????? … is 'n kort geselsprogram waar Kallie Kriel met bekende figure praat oor aktuele sake en soms…

Posted by AfriForumTV on Thursday, August 3, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.