Die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging, tesame met verskeie regeringsdepartemente, spook al lank om die EU se “onwetenskaplike en irrasionele” wetgewing, veral oor die vlakke van swartvlek op sitrus, te laat skrap.
Lees meerAlles vir Saterdag 5 Augustus 2023
Visvangbeperkings van krag om Afrika-pikkewyne te red
Visvangbedrywighede sal vir die volgende tien jaar aan dele van die Weskus beperk word in ʼn poging om Afrika-pikkewyne op die randjie van uitwissing te red.
’n Bustoer na Vryheid se strate
Terwyl die meeste Gautengers koers kies na die warmer wildtuin of kuslyn toe, bondel ek en my uitgebreide familie almal in ʼn geleende bus vir ʼn Julievakansie-wegbreek. Die bestemming? Vryheid!
Chevonne se ma se stories strook nie
Die ma van die vermoorde kleuter Chevonne Rusch het verskeie weergawes van wat met haar kind gebeur het – dit strek van ‘dat sy vasgebind en aangehou is terwyl Chevonne vermoor is’, tot ‘dat Chevonne op ʼn spons gegly en geval het’.
‘Beseerde gans’ toe eintlik ʼn verestoffer
Die DBV in Midrand het gespook om ʼn beseerde gans aan die kant van die pad op te spoor, totdat ʼn inspekteur op ʼn interessante vonds afgekom het.
Hollywood: Lizzo in die sop oor danserdrama; Ken se liedjie haal Billboard-trefferlys
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van die week se jongste internasionale vermaaknuus.
Weke lange vertragings in dienslewering wag op Tshwane
Cilliers Brink, burgemeester van die Tshwane-metro, het met Kallie Kriel op AfriForumTV oop kaarte gespeel oor die situasie in die metro en wat dit vir inwoners gaan inhou.
MRK by Crawford College oor rassisme in klas
ʼn Video het verlede week op sosiale media die ronde gedoen waarin ʼn tydelike onderwyser vir leerders sê dat hulle nie gekrenk moet voel deur bepaalde woorde nie omdat hulle nie deur apartheid geraak is nie.
Sprake van burgeroorlog ‘absoluut oordrewe’
Nee, die EFF se sing van “Kill the Boer” gaan nié tot ’n burgeroorlog lei nie. Dit is wel die allerlaaste ding wat Suid-Afrika nou nodig het wat die voortdurende stryd teen plaasaanvalle en plaasmoorde betref, sê ’n kenner van politiek en regeerkunde.
Nog ʼn LEAP-beampte doodgeskiet
Die jongste noodlottige skietvoorval kom skaars ʼn week nadat ʼn LEAP-beampte in Mitchells Plain doodgeskiet is.
Akteur van ‘Breaking Bad’ sterf
Bob Odenkirk, die ster van die reeks Better Call Saul, het in sy huldeblyk Mark Margolis as ʼn akteur met ʼn “magtige” teenwoordigheid op die skerm beskryf.
All Blacks klop Wallabies in pylvak
Die Wallabies kon steeds nie Dunedin se verloordroogte van 22 jaar teen die All Blacks in vanjaar se laaste Bledisloe-rugbytoets breek nie.
Elon Musk vaar uit teen berig oor ‘Kill the Boer’
Die Suid-Afrikaans gebore miljardêr het vir die tweede keer dié week sy stem dik gemaak nadat ʼn berig in The New York Times verskyn het waarin die sing van die lied “Kill the Boer” oënskynlik geregverdig word.
Buhai trap klei in Skotse Ope
Suid-Afrika se Ashleigh Buhai het Vrydagmiddag op die Dundonald Links-baan in Irvine gesukkel om die toestande in die Skotse Ope vir vroue baas te raak.
‘Ons leef in vrees,’ vertel UV-student ná aanranding op kampus
Studente en personeellede is na bewering deur betogers aangerand, gedreig en geteister, terwyl motors en infrastruktuur ook beskadig is. Groot skade is onder meer aan die hoofgebou van die landboudepartement aangerig, waar betogers ruite uitgegooi het.
Wêreldnetbaltoernooi: Proteas slag Tonga af
Die Proteas kry Sondagoggend in Kaapstad die kans om die teleurstelling om nie vir die halfeindronde van die Wêreldbeker-netbaltoernooi te kwalifiseer nie, te versag wanneer hulle in die uitspeelwedstryd om die vyfde plek teen Uganda uitspeel.
Gestremde swemmer deel storie van hoop
“My omstandighede en my kinderjare het my sterker gemaak. Ek laat nie toe dat dit my definieer nie.”
Gedagte vir die dag: God is betrokke by jou
“God het my kom red. Ek vertrou op Hom. Ek is nie meer bang nie. Die Here is my krag en my lied. Hy het my redding geword” (Jesaja 12:2).