Wenkbroue lig oor Maties se vergadering met Russe

Prof. Wim de Villiers en die Russiese konsul-generaal, Aleksei Malenko. (Foto: Twitter)

Wenkbroue het die afgelope naweek gelig nadat die Universiteit Stellenbosch (US) klaarblyklik met die Russiese konsul-generaal vergader het.

Die Russiese konsulaat in Kaapstad het Vrydagmiddag op Twitter aangekondig dat sy verteenwoordiger, Aleksei Malenko, met prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die US, vergader het.

“Die partye het die moontlikheid van toekomstige samewerking in verskeie sfere bespreek,” lui die konsulaat se kort inskrywing.

Kort nadat die plasing gedoen is, het Leon Schreiber, die DA se kieshoof op Stellenbosch, uitgevaar teen die US se “skandelike” optrede om “regmatigheid aan internasionale oorlogmisdadigers te verskaf”.

“Dit is hoe leierskap lyk wat van alle beginsels beroof is,” het hy gesê.

Die US het egter teruggekap teen die ongelukkigheid en opgeklaar waarom dié vergadering plaasgevind het.

Luidens ʼn kort verklaring deur die US is dit nie ongewoon vir die universiteit se rektor en visekanselier om met persone in die diplomatieke korps te vergader nie.

“Sulke vergaderings is suiwer akademies van aard met ʼn fokus op moontlike akademiese en navorsingsamewerking.”

Die US het bevestig dat De Villiers en Malenko vergader het om samewerking in akademiese en navorsingsverband te bespreek.

“Die rektor en visekanselier het egter tydens die vergadering beklemtoon dat gegewe die huidige geopolitieke omgewing, samewerking onmoontlik is.”

Die US sê hy is gekant teen Rusland se inval in Oekraïne en het sy “onvoorwaardelike verbintenis tot menseregte” sowel as sy sterk veroordeling van enige skending van sulke regte, insluitend oorlogvoering, herhaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Matmiet ·

As die US se “onvoorwaardelike verbintenis to menseregte” maar net die regte van Afrikaanssprekendes ingesluit het so dit nogal vooruitstrewend gewees het.

Nici ·

Die fout was om Engels enigsins op US te akkmmodeer. Engels het reeds twee universiteite in die Wes-Kaap gehad. Hul moes nooit daai eerste pinkie oorhandig het nie.

miche ·

Ek sien in my kristalbal …
honderde Russe wat gratis opgelei gaan word by US. Beurse galore. Is dít hoekom hul so klem lê op geen Afrikaans, English only by die US?

Republikein in die Wes Kaap ·

Russe studeer gratis by top universiteite in Rusland.

Nici ·

Die Russe is so ver voor ons ontwikkel hul brei uit in die ruimtes en ons kan nie eers krag voorsien aan ons mense nie.

Althes ·

Ek sien in my kristalbal dat Wim de Villiers se optrede ondermyn als waarvoor die regdenkende Suid-Afrikaan staan.

Martie Smartie ·

Wim de Villiers is nie te vertroue nie. Hy is n ANC pion. Mens kan nie n woord glo wat die vent kwytraak nie. Ek wed die Russe finansier die anti-wit / pro-swart agenda by die US.

TruthDealer ·

Watter baat sou die Russe daarby vind? Nee wat, met die ANC regering aan bewind, is dit nie vir Enige ander land nodig om iets anti-wit voor te stel nie. Hierdie regering kan ander lande eerder lesse gee in Anti-Wit agendas. Dis een ding waarin die ANC uitblink.

Joe ·

My wenkbroue het gewis nie gelig nie. Ek is glad nie verbaas nie. “Aan jou vriende word jy geken…..”

Gerrie ·

“Meng met die semels en die ….” is mos die gesegde.????????‍????

Fran ·

Slim Wim het nou al herhaaldelik homself bewys as ‘n ANC meeloper. Hy is ‘n slang en kan nie vertrou word met enige iets wat Afrikaans is nie.

Jaco ·

Geagte Rusland en geagte president Putin, dankie vir julle vriendskap teenoor SA, maar wys dit net meer duidelik asseblief. Eskom, ons spoorweë, lugdiens ens ens val alles uitmekaar. Ek is seker daarvan julle kan help, want sover ek weet is Rusland SONDER nonsens soos:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Min of geen munisipale dienslewering
Lae onderwysstandaarde
Misdaad buite beheer
Help ons asseblief!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Russiese Federasie sluit ook 21 republieke in. Dis vir inwoners wat ‘n eie kultuur, taal en geloof deel. Daai boodskap moet aan die ANC oorgedra word.

sydney ·

“Internasionale oorlogsmisdadigers” nogal! Deur watter hof so bevind? DA leef in ‘n gekkeparadys en praat die VSA-narratief klakkeloos na. Ek is bevrees die DA is nie die antwoord nie. Terloops, Suid-Afrika is deel van BRICS en die DA gaan niks daaraan kan verander nie. Oor die oorlog in Ukraine kan ek vir Maroelamedia ‘n baie goei stuk skryf, maar hulle sal dit nie publiseer nie.

Nico ·

Ja Sydney, so baie hang die VSA/Kollektiewe Weste- narrarief aan en bly verblind vir die eintlike waarheid.

Anna-marie ·

Dankie Sydney, meeste mense volg net die hoofstroommedia narratief en is nie instaat om vir hulself te dink of moeite te doen om navorsing te doen om agter die waarheid te kom nie.

Blikkies ·

Wim breek sy eie taal en kultuur af. Dit is nou ‘n veraaier.

Leon ·

Suiwer akademies? Komaan Wim. Jou pogings om Afrikaans te kaap op Maties en nou dié? Jy klink al meer na ‘n kandidaat vir die SAKP.

Nici ·

Aangesien die Russiese taal in Ukraine belet word tsv die feit dat dit miljoene daar se huistaal is en met die taalpolisie wat mense patroleer en beboet, hoop ek die Russiese diplomaat kan vir Wimpie iets leer oor menseregte. Menseregte is so ‘n misbruikte woord deesdae van die wat ander beskuldig maar self skuldig is.

Jason ·

“Russiese diplomaat kan vir Wimpie iets leer oor menseregte” Hoe lekker lag ek nou. Wat weet die Russe van menseregte.

Catherina ·

Wat is dit met Wim? He is trying to score brownie points with everyone except the Afrikaners. Van n ou Matie

Elma ·

US van die USSR – nogal gepas. Van Wim de Villiers verwag ek enigiets.

Andries ·

Wat van Oekraine sien jarelange menseregte skendings. Hierdie selektiewe moraliteit van die Westerse media is om van naar te word. In elk geval is Rusland ons akademies ligjare vooruit op talle terreine.

Andre ·

Prof de Villiers; miskien moet die US toepas wat die ANC destyds verkondig het maar toe verloën het naamlik geen normale onderhandelings onder abnormale omstandighede nie

Johann ·

Absurd dat Wim en sy trawante assosiasie net massa moordenaars goed praat! SHAME ON YOU! Of besef ons nou eers presies hoe gehoorsaam Wim aan die ANC is?

Mariana ·

Wanneer laas het die Wim de Villiers iets goeds gedoen vir studente of die Univesiteit. Hy hoort lankal nie meer in sy pos nie. Hy is inderdaad net nog ‘n ANC kader…is hy nie.

Chris dupreez ·

Lieg die man nou al soos die res van die anc of is hy eerlik

Alex ·

Mmmm…. dis hoekom Afrikaans onder druk word van die selfde Prof. Word daar iets in die mou gevoer?

Adam ·

Ek is geensins verbaas nie. De Villiers is en was nog altyd ‘n verraaier en ANC lakei. Ek wonder werklik hoe hy sy vrou en kinders in die oe kan kyk. Kan ons asb ophou om prof voor sy naam te sit? Noem hom de Villiers … dis meer gepas

Heinrich ·

Die ontmoeting het maar gegaan om met die comrades persoonlik te ontmoet oor hoe om Afrikaans nog steeds onder die menseregte vaandel te onderdruk.

Ronél ·

Gaan lees gerus oor die BRCS lande……………skrikwekkend

Francois ·

Dit is die eerste keer dat ek hoor jy ontmoet iemand en bespreek sekere sake oor koeksisters en rooibostee, net om aan die einde te sê die ontmoeting is van die begin af eintlik net om te sê dat jy nie belangstel om met hulle saam te werk nie….. Eienaardig en tydmors sou ek sê…

Joe ·

Jy’s reg, maar dis slegs tydmors en eienaardig as dit wat de Villiers en sy kaders se die waarheid is oor wat bespreek is. Moenie vir ‘n oomblik glo dat hulle die waarheid met ons sal deel nie.

Anel ·

Nou hoe dink hy moet ons hom gli? Hy is dan op die verdediging! Hy moes in die eerste plek nie die rus ontvang het nie! Of dalk bedpreek hulle die opleiding van nog onbevoegde dokters daar. Wonder wst van die kubane geword het?

Zandra ·

Liewe ouers, met alles wat om ons aangaan sal jy jouself terugsit met R2723?
dit is absoluut net vir die elite en ryk mense
ons arm mense gaan net meer verarm
belaglik!

Autobahn ·

Die oorlogsverklaring deur die NATO-Lande USA en Noorweë aan Duitsland met die vernietiging van Nordstream 1 en 2, en met die volksmoord aan Russe in die Donbass met Westerse Wapens is oënskynlik geen probleem vir die DA nie.

Maar as handlangers van die volke-vernietigende Digitale Finansiële Kompleks (Google, Microsoft, BlackRock, Vanguard, Sentraal Banke ens.), geen verrassing deur die DA nie.

Koos 100 ·

Wim, het jy al gelees dat jy aan jou vrugte geken sal word?

Stephen ·

Mnr Schreiber. Vergewis jouself van die geskiedenis voor jy Rusland as misdadigers aanspreek. Die werklike misdadigers is die Weste met Amerika aan die voorpunt.
Zelensky is n “puppet” van die Weste en veral Amerika smokkel met sy kop.

De Bok ·

In die tyd wat ek studeer het, was daar nog professore aan Stellenbosch wat uit Amerika verban is omdat hulle met Rusland saamgewerk het tydens die koue-oorlog.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wimpie moet Israel se ambassadeur ook uitnooi.

Jannie van Niekerk ·

As ek gekant was teen Rusland se onwettige inval op Oekariëne sou ek nie met so breë glimlag op my bakkies langs die Russiese gesant gestaan het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.