Willem se bakkie in rivier gekry

Willem Kruger se bakkie is Dinsdag in die Vaalrivier gevind. (Foto: Facebook)

Willem Kruger (29), die man wat meer as ʼn week gelede by ʼn ramparty vermis geraak het, se wit Toyota Hilux-bakkie is Dinsdag in die Vaalrivier gevind. ʼn Liggaam is na bewering ook gevind, maar daar is nog nie bevestig of die liggaam dié van Kruger is nie.

Oudkol. Sakkie Louwrens, wat die soektog na Kruger lei, het die nuus aan PretoriaFM bevestig. Louwrens kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Kruger word sedert verlede Sondag vermis nadat hy ʼn ramparty by Henbase Lodge in Mpumalanga bygewoon en daarna spoorloos verdwyn het.

Sy verdwying het ʼn reusesoektog tot gevolg gehad.

Maroela Media sal meer inligting bekend maak sodra dit beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Di ·

Sjoe dis baie slegte nuus. Bly dat hulle uiteindelik die voertuig opgespoor het. Sterkte aan die familie en vriende.

Leana ·

Hoewel ek gedink het dit is wat gebeur het, is dié nuus steeds ‘n groot skok. Baie sterkte aan sy familie en vriende!

Janie ·

Ai, my hart…. Ek het so gehoop en bid vir goeie nuus… Al wat ek kan sê is Baie sterkte aan elkeen na aan hom…xxx

Corne ·

Die Vaalrivier loop deur die lodge en die rivier was daai tyd in vloed. Ek dink ons almal het hierdie vermoede gehad . Sterkte aan familie en vriende.

hantie ·

Ek was nie reg om hierdie te lees nie. Soos wat die dae verby gegaan het n mens se kommer toegeneem, maar mens se hart bly heeltyd hoop. Ek is net verslae nou. Baie sterkte aan almal betrokke.

Lila ·

Ai, dit is so verskriklik! My gebede is saam met sy geliefdes en vriende!!

Sonblom ·

Hierdie is so so hartseer. Ek het ook gehoop en gebid vir Willem. Maar uiteindelik begin vrae beantwoord word. Al is dit nie wat mens wil hoor nie. Sterkte aan almal.

Mien ·

Dis baie hartseer, so gehoop & gebid vir goeie nuus. Sterkte aan almal wat vir hom lief is.

Nettie ·

Dis so hartseer. Ek is dankbaar vir almal wat help soek en bid het.

Hercules ·

????????????????????geen menslike simpatiseer kan ‘n traan keer, geen mense twee hande uitreik kan jou leer hoe om te beweeg van lewe na dood en nie verstaan why, hoekom, waarom? ~ slegs Abba Vader kan julle troos en met geroeste-spyker -deurboorde-hande-voete sal Jesus julle dra ~ die Heilige Gees vou julle toe in ‘n vredes kokon van sagte liefde en vee die trane van rou ~ baie sterkte aan die Kruger gesin & familie ~ ????????????????????

Elsie ·

My hart is so seer ek is so jammer vir sy geliefdes. RIP Willem

Sonneblomkind ·

My hart ryk uit na die ouers en familie. Het so n idee gehaad dis wat gebeur het. Innige meegevoel en Simpatie.

popsa ·

Ai…
Baie hartseer saam met sy geliefdes en vriende. Julle is in ons gedagtes en gebede.

Blikkantien ·

Dis baie hartseer en ek hoop die familie kan eindelik berusting vind.
Ek wonder egter net oor die 32 oproepe wat hy in die oggendure aan sy vriend gemaak het volgens ‘n ander berig wat ek gelees het.

Dandeleen ·

My hart gaan uit na die Familie en vriende van hierdie mooi seun. Die pyn wanneer so iets gebeur is ondraaglik en ons dra julle op aan ons hemelse Vader om julle deur die tyd te dra

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.